Hof. Soos net in Suid Afrika. In 2017

  • 7

Om hof by te woon is op sy beste iets wat bitter min mense wil doen. Altyd gewonder waarom, want ek is juis 'n student van die Reg vandat ek my verstand gekry het. Regspraak soos deur ou meesters gespreek is verslind en, wel nooit werklik toegepas nie. Juis doerie jare ingeskryf tot ek self gesien het regspraak is nie vir slimmes nie. En toe maar die politiek gekies, en dit ook gelos.

Word gewaarsku om HALF NEGE! by die hof te wees anders word "U gearresteer vir minagting....jy kan maar gaan ..." (Glo my, as jy nie moer dankie "Edelagbare" uiter nie, gaan jy vir 30 dae in 'n sel sit.)

Sit stiptelik om 8:15 by einste hof en wag. Want die swaard van die massas se kamma regspleging swaai ... Sien hier teen 9:00 beginne die amptenare stadig aandrentel en begin die aircon aansit. Ek beduie vir 'n Amptelik-lykende persoon waddefok want ek het werk om te doen ... Hy beduie: "Jy het nog fokall gesien, hierdie stelsel is fucked-up (ek haal die SAPD-beampte verbaal aan). Wag tot jy by Worcester se hof beland. Daar begin hulle eers hier teen 12:00 (twaalfuur in die ou taal) ... " Die res van ons gesprek laat ek daar want dit sal nie toelaatbaar wees nie.

Sit vir 6 (ses) ure in die hof en kry 'n voorsmaak van wat vir my wag: Nag, Nella ... Hoe op hierdie gods aarde is dit moontlik dat mense wat R600 per maand verdien beboet word met R200 vir die besit van een stop dagga? Hoe op hierdie Godsverlate verskoning van 'n land is dit moontlik dat mense tronk toe gaan vir misdrywe waar die res van selfs barbaarse samelewings dit beboet met ses houe op die gat? Hoe siek is 'n stelsel wat toelaat dat mense tronk toe moet gaan vir oortredings wat in meeste ander lande irrelevante situasies is?

Maklik. Ons leef in 'n stelsel waar niemand meer 'n clue het wat reg en verkeerd is nie. Die spietkop skryf die gesinsman vir die veiligheidsgordel en tien meter verder staan mense op die snewel en duimgooi.

Ons leef in 'n stelsel waar die reg en geregtigheid afhang van die dra van 'n toga: Sit vandag in die hof en moes sien hoe petty kriminele moet sit vir nog sewe dae bloot omdat die magiese regshulp prokureur sy toga vergeet het. En die toga-draende landdros bepaal of die pa wat 'n stop dagga op hom gehad het vir nog sewe dae moet sit op MY EN JOU koste. En die fokken goed noem dit REGSPRAAK?

Liewe Here, ek het al baie gepleit dat ons stelsel moet verander. En dit val op dowe ore want dis net ekke wat vra.

Maar: Doen jouself die guns en loop sit in enigeen van ons howe ... en ons howe is die oortjies van die seekoei ...

Praat dan weer jou mooi gesanik lieplapper praatjies oor hoe goed ons regstelsel is. Ons het loshande die mees onverdraagsame regstelsel sedert die ontstaan van die mensdom. Ek post hierdie JUIS om kommentare te kry wat bewyse vra.

Geen groetnis

oester

  • 7

Kommentaar

  • Ná die lees van die bostaande geskrif, wonder ek toe: Hoe sou 'n mens dié prul, waarin na persone in die regsberoep as "... die fokken goed ..." verwys word beskryf?

    En toé sien ek dit raak, binne in die geskrif: "... gesanik lieplapper praatjies ..." Hierdie is inderdaad 'n lieplapper gesanik, niks meer nie, niks minder nie. Nét dit.

  • He he. Iemand wat ek ken is 'n prokureur vir al baie jare. Nog van doerie tyd. Ons gaan nog lees hoe gooi hy 'n regter van sy bank af met 'n moerse dik boek.

  • Oester, jy het die appelkar geskud. Ek het nie die lus en tyd om van my ervarings/wedervarings met die "regstelsel" te skryf nie. Gelukkig nie as beskuldigde nie. Dit gaan my verstand ten boven. Soos my oorle vriend altyd gesê het, "too ghastly to contemplate".

  • Oester,

    Hoekom wil jy ons nie groetnis nie?

    Okay, sien juis nou weer dat die kwessie oor die doodstraf file weer van die rak gehaal en die stoffies daarop weggeblaas probeer word.

    Na aanleiding van jou brief hierbo, sidder ek oor die moontlike "op"skaffing daarvan.

    Met die huidige ondersoekers en al is 'n 'waterdigte frame' 'n werklikheid.

    Ek sê, laat hulle die doodstraf-'file' maar eerder weer terugplaas.

    Groetnis

    Raed-na-Gael

  • oester,
    Jy's reg. Die sleutelsin in jou brief is: "Ons leef in 'n stelsel waar die reg en geregtigheid afhang van die dra van 'n toga." Die selftevredenheid en verwaandheid van baie, baie Suid-Afrikaanse regsgeleerdes is afgryslik en het wrede gevolge.

  • Paar punte: Jy word gewaarsku om STIPTELIK halfnege by 'n hof te wees en die hof begin, as jy gelukkig is, eers om half-elf. Dis nou as jy lucky is. Ek wonder hoeveel besighede so bestuur word?
    As ons regters en landdroste SELF nie eens hul eie howe stiptelik (want mense word met lasbriewe dienooreenkomstig tog gedreig?) kan begin nie, hoe moet mense hul uitsprake (waarvan LEWENS dikwels afhang) respekteer? Punt is: ons het geen keuse nie, want die swaard van die magiese "STAAT" hang oor jou kop.
    Enigiemand wat hoegenaamd twyfel dat ons regstelsel nie meer funksioneer (buiten vir diegene wat aktief geld maak daaruit) nie moet slegs hul eie dorp of stad se plaaslike en veral laer howe bywoon.
    Dit is op sy beste 'n skrikwekkende ervaring.
    En ja, Dirk Rigter: Ek beskou hulle inderdaad as "Fokken goed" as julle nie meer reg dien nie en geregtigheid nie meer bestaan nie. Ek sal jou vliegkaartjie betaal as jy wil sien hoe sleg dinge inderdaad soms hier gaan. Moordenaars loop vry en iemand wat 'n stop dagga in sy besit het moet tronkstraf uitdien.

  • Dit is 'n bekende feit hier rond dat mans letterlik bang raak as hulle by 'n sekere hof moet voorkom. Want die betrokke landdros is besonders hard op mans, blykbaar op grond van haar persoonlike geslagtelike voorkeur. Of dit korrek is weet ek nie, maar ek weet dat mans bang is om voor haar te verskyn.
    Wat ons WEEREENS by regspraak bring:
    Die reg moet BLIND wees (en behoort nie geld te vra nie, maar dis myns insiens) sonder dat daar persepsies is.
    Is dit nie JUIS een van die probleme waarmee ons juriste deesdae juis sukkel oor die apartheid-regspraak nie? Hoe gemaak nou as jou regter of landdros 'n erkende manne-hater gay persoon is volgens die ALGEMENE persepsies? Want die reg behoort tog sekerlik ook aan die gewone fool wat kan stem (al is hy, ironies genoeg in die tronk) oor wie regspraak oor jou moet voer?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top