Hersiening van US se Taalbeleid gaan voort

  • 0

Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies (Opvoedkunde) se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

Victoriastraat in Stellenbosch (foto: www.hotfrog.co.za)

 

Persverklaring deur die Universiteit Stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch (US) kan ongestoord voortgaan met die hersiening van sy Taalbeleid en die Taalkomitee van die Raad kan ook sy werksaamhede voortsit. Dit volg nadat AfriForum Jeug en vyf ander applikante op 19 Mei 2016, kort voor die aanhoor van hul aansoek – dat die US die hersiening van die Taalbeleid moet staak – hul aansoek in geheel teruggetrek het.

Dit sluit onder meer die terugtrekking van hul aansoek vir hersieningsregshulp in, asook hul aansoek vir die tersydestelling van die Raad se aanstelling van ‘n komitee vir aangeleenthede wat met die US se Taalbeleid en Taalplan verband hou.

Kragtens die ooreengekome bevel sal regskoste oorstaan vir latere beregting en sal die US die bestaande taalspesifikasies toepas totdat sy huidige Taalbeleid en -plan gewysig of vervang word.

Die algehele terugtrekking van die aansoek volg nadat die Universiteit AfriForum Jeug se dringende interdik-aansoek van 8 April 2015 – dat die taalbeleidhersieningsproses gestaak moet word – geopponeer het. Die Hof het op 15 April 2015 die verhoor van hierdie aansoek tot 19 Mei 2016 uitgestel. 

Die buitengewone raadsvergadering op Saterdag 21 Mei 2016 sal nou kan fokus op die sake van die dag.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top