Ons het almal uit
Eva Afrika gespruit.
Toe het die tyd
ons wyd oor die aarde versprei
om ter wille van ‘n ryk verskeidenheid
verskeie gedaantes te verkry.
Maar toe die aarde weer begin te krimp,
kon ons mekaar
nie in mekaar meer vind nie.
Broer het teenoor broer gestaan
en geen herkenning het geroer nie.
Daar was geen aanklank
in die klank van vreemde tale nie.
Waar ons weer een moes word,
het ons ons blind gestaar teen kleur.
Instede van ons tot mekaar te wend,
het ons mekaar begin te skend.
Kommentaar
Net een digter kan so skryf! My vriend, Vincent Oliphant.
I love this poem!! What inspired you to write it?