Helen Zille-konsert

  • 4

Ek het nie die saga van Me Zille wat nou die Helen is baie goed gevolg nie. Ek het gelees wat sy na haar besoek aan Singapoer/Maleisië gesê het. My opinie van die saak is dat indien enige iemand anders, nie-blanke/witte dieselfde stelling gemaak het, geen haan daaroor sou gekraai het nie.

Wat me Zille gesê het, het 'n senuwee raak geboor. Niemand in Afrika sal of wil na dit luister of gehoor gee daaraan nie. Die inwoners van die land is baie sensitief oor die harde werklikhede van die wêreld en is gou om die blaam te verskuif en die plaaslike situasie gerieflikheidshalwe mis te kyk.

Maleisië en Singapoer het ook vraagstukke mbt werkloosheid, etnisiteit en na kolonialisme in die gesig gestaar. Wat hulle gedoen het is om die beste uit kolonialisme aan te wend en uit die moeras op te staan. Vyf en dertig jaar later, kyk waar staan hulle nou.

Daar is niemand so doof soos iemand wat nie wil hoor nie.

Jy moet mooi dink voordat jy enige woord wat met 'n K begin gebruik. Jy sal in groot moeilikheid beland.

Reusedwerg

  • 4

Kommentaar

  • Die werklikheid is daar, of jy dit nou in die gesig staar of nie. As niemand egter die werkliheid mag uitwys nie beteken dit die werklikheid is sleg en die daarstellers van sodanige werklikheid neem aanstoot. As die werklikheid goed is en dit word uitgewys is dit 'n klop op die skouer van die daarstellers.

  • hans Richardt

    Laat ons saam sing "Wat 'n vriend het ons in PW"? Nou verlang veral Engelse wit vroue na PW-era ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top