Hans Richardt se wêreldekonomie en vals nuus

  • 1

Op 11 April skryf Hans Richardt: “…Vals nuus is tasbare werklikheid in SA en res van die wêreld ..." en op 18 April skryf hy die volgende: “Of Zuma nou vir Gordhan gehou het of nie, ons gaan 'n globale resessie beleef.”

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het so pas sy “world-economic-outlook” (April-weergawe) vrygestel. Die IMF sê in hoofstuk een van dié verslag dat die globale ekonomie in ’n opwaartse fase is, met ’n sikliese herstel in beleggings, vervaardiging en handel. Daarbenewens verwag die IMF dat die wêreld-ekonomie vanaf 3.1% in 2016 sal verbeter na 3.5% in 2017 en 3.6% in 2018. Boonop verwag die IMF onder meer sterker ekonomiese aktiwiteit, meer robuuste aanvraag, verminderde deflasionêre druk en is hy optimisties oor finansiële markte wêreldwyd.

Lyk ’n globale resessie so? Wie moet ons nou glo? Hans Richardt of die IMF? Wie versprei vals nuus?

(Lees meer by: http://www.imf.org/en/Publications/WEO/Issues/2017/04/04/world-economic-outlook-april-2017)

 

  • 1

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Lees die aangehegte stuk of is jy net selektiewe leser? CBNC het saam met Nedbank so opinie gehad.
    IMF verteenwoordig net deel van globale wêreld. Miskien is jou konsep kleiner van globale wêreld, gebaseer op idee dat jy westerling is en nie in Afrika bly nie ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top