Hans Richardt, melkkos en remskoene???

Ek verwys na jou bid-en-padslagting???-briefie van gister.

Wat sê my opskrif vir jou?  Jy's reg, niks; net so irrelevant as joune want wie het gepraat van bid?

Om kers- en paasfees te verban sal niks aan padveiligheid doen nie.  Wat so 'n aksie wel sal wees is 'n kniebuig in die rigting van amalgamasie, iets waarteen jy gedurig preek.  Dit val in dieselfde kategorie as straat- en dorpsname wat verwyder word en skrander studente wat universiteitstoelating geweier word.

Ek is nie 'n kenner van die Koran, Bybel, Bramamawatsenaam, Boedhistehandleiding, Zenboekie of watter godsdiens ookal om te sê 'n christenregering is die antwoord nie; ek verkies die christenregering op grond van statistiek.

So, ek mis nie die punt nie, jy mis die punt; lees my brief weer.  Of wag, jy sal dit nie snap nie, laat ek dit maar vir jou uitspel:  Wit regering, wit polisie, wit amptenare, wit verkeersbeamptes, wit onderhoudsbestuurders.  Hulle was nie perfek nie maar dinge het vorentoe gegaan, alhoewel stadig, in plaas van agteruit met rasse skrede.

Jan Rap

NS Koop vir jou 'n woordeboek ...

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top