Hans Richardt het gelyk …

… 'apartheid' het grootliks jare voor '94 al verdwyn. In die 70's al was ek by die Pretoriase skou waar die hele speelpark byvoorbeeld vol swart kindertjies was; met busse aangery soontoe.

Soos hy voel ek ook die term 'regs' word holrug gery en verkeerd gebruik; van kritiek teen die regering tot pogings tot die omvergooi daarvan word as 'regse' aksies beskryf. Intussen is 'regswees' eintlik maar net pro jou eie mense. Uit 'n swart oogpunt is Malema, Zuma, Mandela, die hele ANC om die waarheid te sê, regs. Swartes wat pro-wit is sal deur hulle as linkses beskou word.

Uit 'n Engelse oogpunt was Kitchener regs en Emily Hobhouse links. Max du Preez was deur wittes as links gesien omdat hy met regse swartes geheul het. NUSAS was 'n linkse wit studente-organisasie wat regse swartes ondersteun het, die soort van ding.

Ook, soos ek verlede jaar en die jaar daarvoor gesê het, die gedurige oproepe tot versoening en vergiffenis werk polarisasie aan die hand. 'n Oproep tot versoening voorveronderstel 'n verdeelde gemeenskap waarin 'n toestand van vyandskap heers en die gepaardgaande oproep tot vergiffenis onderstreep dan net die feit dat die een groep skuldig sou wees en retribusie is dan aan die orde van die dag.

Jan Rap

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top