Hans, doen navorsing oor Brittanje

  • 4

Doen vir ons 'n bietjie navorsing oor Brittanje van sê so teen 1840 en vertel ons alles. Watse gesondheidsdienste het die gemiddelde armrige Brit gehad? Watter rate/medisyne het hulle gebruik?

Kyk sommer so in die algemeen na alles en vertel ons van die paaie en padnetwerke, veral in die platteland. Watter higiëne het hulle in die stede, dorpe en platteland toegepas?

Vind alles uit wat jy kan en lig ons in.

Groete,

Tiens Pretorius

 

  • 4

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Tiens Pretorius, jy is welkom om self op te kyk.
    Net so terloops, hul het riolering gehad uit strate wat spoeltoilette ingesluit het. Daar was verskil tussen klasse, net soos by Boere.
    Soek Paul Kruger se memoirs op asb waarin hy onderskeid tref tussen Burghers en "Boere" op platteland.
    Ek doen nie emosionele plakkery nie, want ek was deel van "armblanke-vraagstuk"!

  • hans Richardt

    Tiens Pretorius, Google John Snow. Dan is jy op pad.
    Cholera het in ABO in Bloemfontein honderde Kakies se lewens geëis, omdat hul water gebruik het uit spruit wat met riool en bek-en-klouseer virusse besmet was.
    Vroue en kinders het dieselfde probleem in konsentrasiekampe gekry, totdat hul "boilers" gebou het. Daarna was brandwonde by kinders die probleem, want hul ma's was te lui om water aan te dra tent toe.

  • Hans Richardt

    Tiens Pretorius, ons het emmertoilette gehad tot 1970! Dit was ver, in donker, winter of donderbuie.
    Het jy al koolstowe se geysers en warmwatertenks langsaan vergeet?
    Toe ek in 1984 van Owambo teruggekom het, het my mond oopgehang vir witmense wat nog in sinkhuise in die omgewing agter Uniegeboue gebly het.
    Alle wittes was nie net deur politiek bevoordeel nie! Daar was ook politieke nepeotisme in NP-tyd en Max du Preez was bevoordeel deur dit, as pastoriekind.

  • Hans Richardt

    Tiens Pretorius, ons het omtrent 20 000 dokters vir 50+ miljoen mense.
    Wat probleem was in tyd van ZAR, is nou weer besig om kop uit te steek.
    Omdat ons gewone mense nou van beter weet, waarom nie die kennis beter gebruik nie?
    Ons het riool in strate en strome. Ons het kennis om self water te filtreer met bv filters,
    tru-osmose en french drain.
    Ons het kennis om sommer by apteek klinieke vir kwale en voorkoming met vaksine te doen.
    Daarom hoef ons nie Kwaksalwers/ toordokters te gebruik nie.
    Aptekers kan help. Probleem met Anti-biotika chronies, is dat jy weerstandigheid opbou vir behandeling met Anti-biotika, terwyl ons liggaam natuurlike weerstand verloor.
    Ons kook ons badwater in geysers. Ons kook ons drink water, so cholera is nie groot gevaar as jy vaksine kry by apteek kliniek nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top