Hannah Cornelius (1996–2017)

  • 26

Hannah Cornelius (1996–2017)

Op ’n foto wagtend
op die Halte na Ewigheid
kyk jy na links,
na die Stasies
genaamd Angs, Vernedering,
Onnoembare ...
agtertoe
daar waar die trein
nooit weer
vir jou sal stop
nie. Nimmer,
nee, nooit weer.
Nou op jou soloreis
met geen retoerkaart
ter hand
reis jy na
Aandblom-is-’n-witblom
digby dusketyd
Blommetjie-vergeet-jou-nie.

  • 26

Kommentaar

  • My heart aches for everyone who lost there lives these past months; innocent girls, women for what? RIP prayers from USA.

  • Raka en Koki.Sy het nie die boosheid sien kom nie en haar skoonheid is verwoes. Ons ween oor die verlies aan onskuld - die land en ons almal s'n.

  • Ingrid v Graan

    Oom Piet (die oupa) het nooit kon dink waarvoor sy toonsetting van Boerneef se gedig gebruik sou word nie!

  • Douwleen Bredenhann

    O Here Joan Hambidge, dit is hartverskeurend roerend. En ek tjank, want die skrywe pas ook ons familie, nommerpas. Nooit weer nie ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top