Halacga

  • 0

Foto: Olaf.herfurth, Wikipedia

Halacga
(Shabbat)

Vroegmiddag teen twee
word pintoboon, lilliputagtige dwerg, geduldig geweek
’n bakhand gort, ertappels besproet en grondgekluif
uie word traanoog gesny
meelblom en olie ingevou, net genoeg
knoffel, peper en paprika om smaakklier te begogel
terwyl lendekarmenaadjie langsaam stoom
’n offermaal

duisternis skep later breëlepel na stillerwordende lig
wagtend tot skemer met musieksaluut,
drie sterre staccato teen uitspansel noteer
waarneem en onthou laat vrede beuk
tussen wit moeseliengordyn en bries

Stil word
Sabbat

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top