Grande Roche Skrywerstee in die Paarl

  • 0

Skrywerstee met Marlene van der Westhuizen

Sjef en kookboekskrywer Marlene van der Westhuizen en haar nuwe boek Geheime van ’n Franse Kookklas is die fokus van ’n spesiale skrywerstee wat op Saterdag 22

November deur die Grande Roche Hotel in die Paarl, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en NB Uitgewers, aangebied word.

Van der Westhuizen is ’n bekende in koskringe en het ’n reeks suksesvolle kookboeke agter haar naam, waaronder Sumptuous en Delectable. Haar kookklasse by haar huis in die Franse dorpie Charroux is besonder gewild. Vir hierdie boek, haar eerste volledige Franse resepteboek, word reeds lank gewag.

Die geleentheid begin om 15:00 en sluit Grande Roche se gewilde “high tea” in. Kaartjies vir die skrywerstee kos R135. Twintig persent van die kaartjieverkope gaan aan die Taalmuseum se vrouebemagtigingsprojek, wat twee vrouegroepe in Drakenstein ondersteun.

Van der Westhuizen sal oor haar nuwe boek Geheime van ’n Franse Kookklas gesels, wat ’n blik op die binnewerke van haar vyftigste kookklas bied. Dit sluit in 80 nuwe resepte, hoe om kosmarkte te navigeer, vir antieke ware te onderhandel, wonderlike maaltye te maak en voor te sit en om elke aspek van lewe in ’n Franse dorpie te geniet. Die foto’s is geneem deur Johan Wilke, ’n bekroonde fotograaf met 22 jaar se ondervinding in die neem van mode-, kos- en dekorfoto’s. Die boek is uniek omdat dit die eerste Suid-Afrikaanse kookboek is wat sonder ? rugkant gebind is, geïnspireer deur die revolusionêre Polpo-kookboek. Dié ooprug-bindmetode laat toe dat die boek heeltemal oop kan lê op ’n toonbank – enige kok se droom.

Belangstellendes kan bespreek by Christine by tel. 021 863 5100. Geheime van ’n Franse Kookklas is ook in Engels beskikbaar en sal by die geleentheid te koop wees. Vir verdere inligting, besoek www.grandroche.co.za en www.taalmuseum.co.za.

Writer’s high tea with chef Marlene van der Westhuizen

Chef and cook book author Marlene van der Westhuizen and her new book Secrets of a French Cooking Class is the focus of a special writer’s high tea to be held at the Grande Roche Hotel in Paarl on Saturday 22 November, in collaboration with the Afrikaanse Taalmuseum en -monument and NB Publishers.

Van der Westhuizen is a well-known chef and author of a number of very successful cookbooks – Abundance, Delectable and Sumptuous are the best-known. She divides her time between Green Point in Cape Town and Charroux in France where she runs very popular cooking courses (with a waiting list of several years!)

The function begins at 15:00 and includes the popular Grande Roche high tea menu. Tickets for the high tea are R135. Twenty percent of ticket sales will go to the Taalmuseum’s empowerment project for women, which supports two women’s clubs in Drakenstein.

Van der Westhuizen will discuss her new book Secrets of a French Cooking Class which offers a glimpse into the inner workings of her fiftieth cooking class. The book includes 80 new recipes, as well as advice on how to navigate food markets, bargain for beautiful antiques, cook and present glorious meals, and enjoy every aspect of life in a French village. The photos were taken by Johan Wilke, renowned photographer with 22 years’ experience working in the fashion, food, and décor worlds. The book is unique as it is the first South African cook book with a “lie-flat” binding, inspired by the revolutionary Polpo cook book. The open spine binding allows the book to lie open on a counter – a cook’s dream come true.

To book, contact Christine at tel. 021 863 5100. Secrets of a French Cooking Class is available in Afrikaans and English and will be for sale at the event. For more information, visit www.grandroche.co.za and www.taalmuseum.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top