Grafskrif

  • 6

As stil teen ruwe rotse
gestorwenes hul nood uitkreet
enkeldimensioneel verbeeld
eens trotse adel van die grotes
wat megafauna heet
Rhinocerotidae

as dit is wat sou oorbly
van die eens edel dier 
’n herinnering in rotsgravuur
wat bloot graffiti word
’n bespotting en ’n grafskrif
geskrifte teen ’n muur

het mens die stryd verloor
teen tyd en teen homself
meëdoenloos, onverpoosd
gedryf deur gierigheid
sy eie grafskrif ingraveer
met bloed uit eie hand

® Copyright  Estelle Rubow – 3/11/2015

  • 6

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top