Graad 8 Primêre Taal Navorsingstuk: Skool - van toeka tot nou

  • 2

Skool - van toeka tot nou

Stel ondersoek in na die manier waarop die lewe in die skool verander het sedert die dae toe jou ouers op hoërskool was.

Jou navorsingstuk moet uit vier afdelings bestaan:

  1. 'n Kort inleiding waarin jy verduidelik waaroor jou ondersoek handel. Stel jou leser ook bekend aan die persoon (jou ma of jou pa) wat jy by jou navorsing betrek het.
  2. Die tweede gedeelte van jou taak bestaan uit 'n vraelys (minstens 10 vrae) en die antwoorde van die persoon met wie jy die onderhoud gevoer het. Beplan jou vrae noukeurig sodat jy alle moontlike verskille kan dek. Hierdie gedeelte moet in dialoogvorm geskryf word en minstens een bladsy beslaan.
  3. Skryf 'n verslag van ongeveer een bladsy waarin jy die verskille uitwys tussen jou en jou ouers se skooldae. In hierdie gedeelte mag jy NIE die persoon met wie jy die onderhoud gevoer het, direk aanhaal nie.
  4. Skryf 'n kort samevatting (een paragraaf) waarin jy jou finale mening oor die situasie uitspreek.

Onthou die volgende belangrike dinge:

  • Jou navorsingstuk moet netjies getik wees.
  • Jy moet jou stuk van 'n voorblad voorsien met die volgende inligting:
    • Jou naam, van en graad
    • 'n Behoorlike titel en die naam van die vak: Afrikaans Primêre Taal
    • Die datum
  • Moenie net jou bronne oorskryf nie; verwerk jou inligting sodat jy dit in jou eie styl en woorde kan weergee.
  • Sorg dat jou taalreëls nagekom word: waak teen spel-, punktuasie- en taalfoute. Hou jou styl formeel.
  • Bind jou navorsingstuk.
  • Die navorsingstuk moet in jou portefeulje ingesluit word.

Inlewerdatum: ____________
Totaal: 60

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top