God teenoor wreedheid

  • 7

Agnostici is geneig om, wanneer hulle dink dit hulle pas, insidente uit die natuur voor te hou en dan te sê dit is wreed en ’n aanduiding dat die Liefdevolle Godheid nie bestaan, nie, maar dat dit die resultaat van Darwinistiese tipe evolusie is. Hulle vermeld dan ook sommer gevalle van diere wat kamstig ‘wreedaardig’ op mekaar jag maak (Thys Human) en gevalle van patogeniese virale siektes soos hondsdolheid, wat kindertjies in uitsonderingsgevalle tref (Brianvds). Andersyds, laster hulle, as dit dan nie evolusie se werk is nie, dan is God daarvoor verantwoordelik by doelbewuste ontwerp.

Human en Brianvds se lasterlike, onvolwasse, onkundige en insiglose gevolgtrekking is dat God nie van bokkies en kindertjies hou, nie. Hulle reken dat God dit dan só geskep het en dat dit nie te wagte is van die Liefdevolle God, nie en meen God bestaan derhalwe nie.

Ek het dit alreeds elders vermeld, maar ons sien, in direkte teenstelling wat Human en ander wat soos hy redeneer, beweer, dat daar 'n baie fyn, onbeperk vindingryke, vernuftige balans is in die natuurlike skepping van God en dat daar juis voor en afkeure is ten aansien van habitat, voeding en assosiasie, sodat die natuurlike hulpbronne oor die spektrum heen optimaal onderling benut word in die natuurlike lewensiklus en dat die fisiese voortbestaan van alle lewende skepsels en kreature juis beplan is om op die ordelike manier verseker word deur die benutting van die natuurlike hulpbronne onderling en dat die proses weer verseker dat niks verlore gaan nie maar weer hersirkuleer om nuwe lewe te onderhou en dat dit al vir langer as menseheugenis so aangaan.

En hierdie uiters ordelike proses, met die mens aan die spits daarvan, sien ons bondig vermeld en beskrywe in die Skeppingsgebeure van Genesis in die Woord. Daar is absoluut niks wreed daaromtrent, nie. Die enigste wreedheid is wat mense teenoor mekaar pleeg en wat sommige mense teenoor diere pleeg, wat met voortbestaan en voeding min of niks te make het nie, welke loodreg strydig is met die verordeninge van God en dit gebeur juis omdat sommige mense verwyderd raak van God.

Brianvds meen dat, omdat (volgens hom) gelowige wetenskaplikes meen dat ’n komplekse virus soos dié wat hondsdolheid veroorsaak, nie deur evolusie kon ontstaan nie, dit slegs die handwerk van God kan wees wat só iets bewerkstellig. Hoe dwaas en onkundig en insigloos van Brianvds.

Baie is nog onbekend oor virusse, maar wat wél nou bekend is, is dat virusse eintlik baie noodsaaklik is vir die voortbestaan van gebalanseerde lewe.

Virusse is nie-lewende entiteite, waarvan een van die hoofsaaklike funksies is om gene van plant na plant of van dier na dier, ens te dra. Op só ’n manier is virusse juis behulpsaam om weerstand teen siektes van een organisme na ’n ander oor te dra. Dit is dan ook voor die hand liggend dat sulke virusse oor die algemeen in die gasheerliggaam bly sonder enige probleme.

Maar sodra daar sprake is van patogeniese virusse, is dit ’n teken dat iets dramaties verkeerd gegaan het, iets soos ’n mutasie of onreëlmatige beweging van gene en derhalwe aanduidend dat dit juis nié so beplan of ontwerp is, om siekte of lyding te bewerkstellig, nie.

Die voorkoms van patogene virale aberrasies by die mens, is waarskynlik toe te skrywe aan afwykende menslike gedrag wat die patogeniese mutasie veroorsaak het. ’n Goeie voorbeeld daarvan is juis die VIGS virus. Sovêr bekend, is die VIGS virus residensieel in verskeie aapsoorte sonder om enige effek op hulle te hê. Maar die vermoede is dat bestiale gedrag van sekere mense met ape juis dié virus aan mense oorgedra het en dié is patogenies en saai verwoesting in die mens – die veroorsakende gedrag is juis uitdruklik verbied deur God (Exodus 22:19; Levitikus 18:23; Deuteronomium 27:21). Net so ook met seksueel oordraagbare M.I.V./VIGS, welke seksuele dade óók deur God verbied is (Levitikus 18:22; 20:13; Deuteronomium 23:18; Romeine 1:26–27; 1 Korinthiërs 6:9; 1 Timoteus 1:10). Beskrywings van die simptome van VIGS kom al in die ween-gedigte in die Woord voor (Psalms 31:9–13; 38:5–11) en direk oor gewaarsku word in Romeine 1:27. Maar dit is eers gedurende 1981 dat dié siekte sy naam en reputasie verkry het toe die siekte weereens begin maai het onder homoseksuele praktiseerders in Amerika en het later uitgebrei na dwelmverslaafdes wat besmette naalde gebruik het, ens – vergrype wat direk en indirek deur God verbied word.

Die omringende volke van destyds was ook meestal wreedaardig en gewelddadig en moorddadig weens hulle afvalligheid van God en die gepaardgaande vervreemding van behoudende lewenstandaarde, waar materiële voorspoed (die motivering vir hulle moord- en plundertogte) die enigste oorweging was, baie soos die meeste agnostici se sienswyses deesdae.

Die hondsdolheid virus is ’n komplekse virus wat kroniese enkefalitis veroorsaak en is vermoedelik al bekend sedert vóór 2000 vC aangesien daar in Mesopotamiese geskrifte van daardie era verwysings is na die voorkoms van siekte onder Mesopotamiërs waarvan die simptome baie slaan op hondsdolheid. Die oorsaak daarvan, is waarskynlik óók ’n mutasie.

God het juis destyds, gedurende min of meer dieselfde tyd, al streng sosiale en gesondheidsregulasies ingestel in die Mosaïese wette ten aansien van persoonlike reinheid, verbode kombinasies en verbode eetgoed, ens, juis om menslike kontak met ongewenste organismes wat residensieel in, onder meer, diere en vesels is, te voorkom. Vandag sien ongelowiges (en sommige loues) uit vanweë hulle Spirituele ongeletterdheid, onkunde en insigloosheid smalend neer op daardie lewensbelangrike reëlings. Maar dit is bekend dat die antieke volke (nie - Israeliete) uiters permissiewe en losbandige lewens gely het. As mens na die talle Mosaïese wette kyk wat daardie gruwelikheid verbied, dan is dit ’n spieëlbeeld van praktyk in die naburige volke van die tyd, wat algar deur God verbied word (Deuteronomium 18:9).

Met die reëlings in plek, is dit ook insiggewend dat dié siekte (hondsdolheid) nêrens in die Israelitiese kronieke beskrywe word nie, terwyl daar nie geskroom word om ander ernstige en aansteeklike siektes, soos melaatsheid en die voorkoming en behandeling daarvan, te bespreek, nie (Levitikus 13 en 14).

Om dus voor te gee dat God dié gruwel virus en ander sodanige gemaak het met die doel om mense daarmee by te kom, is kwaadwillig, onkundig en ’n flagrante leuen en lastering.

God het die volk voorspoed en gesondheid beloof indien die volk in gehoorsaamheid teenoor Hom leef (Deuteronomium 28:1-14), maar God het wél ook die volk gewaarsku dat, indien die volk die weë van die omringende Goddeloses bewandel, die onheile wat dáár te vinde is, hulle ook uiteindelik sal tref weens die direkte gevolge van hulle afvalligheid (Deuteronomium 28:15-68). Dit geld steeds vandag vir alle mense – en hoewel die beterweterige en moedswillige agnostikus homself verlustig in sy oënskynlike en baie tydelike voorspoed en dink dat dié reëlings niks met hom uit te waai het nie, wag die hiernamaals op hom, waar die Skaal van Geregtigheid vir ewig gebalanseer sal word … en dáárvan kán hy nie ontsnap, nie.

Die grootste ongeregtigheid wat die mens kán pleeg, is om God te minag – oortreding van die eerste van die twee Groot Gebooie van God (Deuteronomium 6:5; Mattheus 22:37). Geen hoeveelheid ‘goeie werke’ kan daarvoor instaan, tensy uitgeloof en gehoorsaamheid en die Vader daardeur verheerlik word, nie (Mattheus 5:13-16).

Groete,

Kobus de Klerk

  • 7

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Jammer Kobus, maar dit is ’n tipiese gegorrel wat hoegenaamd die feit weerlê dat indien God, die almagtige, alwetende, alomteenwoordige skepper van alles is, soos jy implisiet stel, IS al die wreedhede – en natuurlik al die goeie dinge wat daar mag wees, sy maaksel – net soos wat die duiwel self sy maaksel is en God dus sowel Goed as Kwaad is (indien hy dan wel bestaan).

    Jy beskuldig my verniet van godslastering. Ek kan nie iets belaster wat nie bestaan nie.

  • Liewe Aarde Kobus!

    Daar leer ek weer iets ... Ongelooflik!

    (En dit is glad nie by wyse van heuning om die mond smeer nie.)

    Trienie

  • Met ander woorde, wanneer kinders hondsdolheid kry is dit hul eie skuld, want hulle het afvallige lewens gelei.

     

    Wel, dankie vir die groter duidelikheid.

  • Kobus de Klerk

    Die ateïs Thys Human reken dat die wreedhede en die duiwel die HERE se maaksels is (nie dat hy die bestaan van God erken nie).

    Wat bedoel hy met wreedhede?

    Die natuur is beslis nie wreed nie. Die natuur is natuurlik. Die konsep ‘wreedheid’ word geassosieer met afwykende, onreëlmatige gedrag van mense en nié die reëlmatige, normale gang van die natuurlike prosesse, nie. Dus, ons praat van ‘wreedheid’ wanneer mense hulleself contra naturam gedra, met ander woorde, nie soos mense, nie.

    Omdat God mense geskape het om moreel verhewe te wees, word daar van nature nie van mense verwag om soos diere op te tree, nie. Maar diere is glad nie wreed nie. Wanneer hulle prooi vang en vreet, of bome se blare en gras vreet, of indringers verwilder, dan tree hulle perfek normaal en pro naturam op. 

    Diere, byvoorbeeld, verkrag nie. Hulle moor nie sinneloos sommer uit, nie. Hulle takel mekaar nie sommer sinneloos toe, nie. Hulle vorm nie bendes sommer net met die oog daarop om gewelddadige skrikbewind te voer, nie. Diere pleeg nie sinnelose, politieke volksmoord nie. Diere soek nie plaasboere uit net om hulle dood te maak, soos sommige wrede mense doen, nie. Mense doen wel sulke gruwels en dít is wreed.

    Die konsep ‘wreedheid’ word dus enkel en alleen met Goddelose, afwykende gedrag van mense geassosieer. Waarom is dit wreed? Juis omdat dit só kontrasteer met Goddelike voorgeskrewe gedrag vir mense. Nou behoort dit baie duidelik te wees dat God juis nié die maker of outeur van wreedheid is, nie. Dit is juis wreed en weersinwekkend juis omdat die gedrag wat aan die begrip ‘wreedheid’ voldoen, so afwyk van God se Wil en werke.

    Net so ook met die satan. Die satan per se, was ’n heerlike Godsgeskape spirituele wese net soos die ander van hulle. Maar dit is die gedrag van die satan, juis die onnatuurlike afwyking van die Goddelikheid, wat so weersinwekkend is en van hom so ’n weersinwekkende wese maak.

    Dus, anders as wat die agnostici so graag in hul staat van insigloosheid en onbegrip wil hê, is dit juis die nie-Goddelike dinge van die lewe wat so wreed en weersinwekkend is. Trouens, dit is hoe ons optrede en gedrag van mense gemaklik en geredelik kan onderskei – juis die wreedheid en weersinwekkendheid daarvan dui daarop dat sulke gedrag en optrede juis nié van God afkomstig is, nie.

    Álles wat God doen en skep, is goed en heerlik en perfek. Sodra iets weersinwekkend, sleg en/of wreed is, is dit onmiddellik die aanduiding dat dit nié van God is, nie – vanweë verkeerde keuse kombinasies.

    Eenvoudig gesproke kan mens dit met die rekenaar programmeerder se perfekte rekenaarprogram vergelyk. Alles werk perfek en die programmeerder word daaraan geken,  totdat daar ’n elektroniese stuwing kom wat die program korrupteer. Nou wanfunksioneer die rekenaarprogram juis omdat dit so kontrasteer met die perfekte handewerk van die programmeerder. Om nou te sê die programmeerder het die elektroniese stuwing ook geprogrammeer, omdat hy ook die kragtoevoer geontwerp en geïnstalleer het, is die opmerking van ’n dwaas. Die feit is, iewers, onafhanklik van die programmeerder, het iemand (daar is talle wat die stroombaan gebruik) die stroombaan strydig met die handleiding voorskrifte vir die stroombaan gebruik deur ’n verkeerde, ’n nie-voorgeskrewe, kombinasie van dinge te laat plaasvind wat die elektroniese stuwing met die gevolglike program korrupsie, veroorsaak het. Die enigste manier om die soort van korrupsie te verhoed is om die programmeerder se UPS te gebruik as verskansing.

    Net so ook met God. Die Handleiding (God se Woord) is opgestel ooreenkomstig God se Wil vir perfeksie. Die Goddelike UPS is juis geloof in die HERE. Daarsonder is afwykende, skade veroorsakende gedrag aan die orde van die dag – soos ons sien.

    Brianvds se opmerking oor die verduideliking wat ek weergee oor hondsdolheid is net-net maar weer die stomme opmerking van ’n denk-geïnhibeerde Goddelose mens. Wat ek by wyse van verduideliking weergee, is dat mense se optrede en keuses, iewers in die verlede weens hul ongehoorsaamheid aan God, oorspronge gegee het aan skadelike mutasies wat vandag nog soms sy tol onder mense eis – ook kinders en ook dat ’n sorgsame, rein lewenswyse sulke insidente sal verhoed.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Liewe hemel Trienie,  

    Die Duiwel beïndruk jou beslis maklik!  

    Elders braak Kobus de Klerk die volgende aan sy sogenaamde en self opgestelde "agnostici": Agnostici het ongelukkig die manier om van God te verwag om op hulle vlak vir hulle op hulle voorwaardes ’n eiesoortige en identifiseerbare vertoning te kom lewer om Homself aan hulle te kom bewys … hoe onnatuurlik van hulle.  

    Trienie, wil jy nou meer!  

    So het Kobus de Klerk nou reeds menigmaal die Evangelie na sy smaak ge-intellektualiseer en die Menswording van ons Ewige Vader (God) in Jesus Christus daarmee verloën.    

    In teenstelling met die kloof wat Kobus de Klerk tussen God en die "agnostici " probeer bewerk, het God juis in liefde en genade en op ons vlak (mens) ’n "eiesoortige en indentifiseerbare vertoning om Homself aan ons kom bewys" aan die Kruis!  

    Derhalwe beleef menige hart God daagliks in ’n persoonlike verhouding waarin God ’n "eiesoortige en indentifiseerbare vertoning van Homself bewys" - selfs ook op menslike voorwaarde (voorbeelde hiervan is legio in die Bybel waar harte met God "onderhandel".  

    Kobus de Klerk het ook my ook al menigmaal probeer neerhaal vir my belydenis dat Jesus Christus, God is en daarmee enig ons Hemelse Vader en ons Moeder (Trooster - Heilige Gees) is. 

    Nee, Satan se agente voer hul drogma waarin Jesus in ’n "eenheid" en as soort van ’n martelaar ’n slagoffer vir ons sonde is ("eenheid" en "enig" verskil drasties by implikasie).  

    Jesus Christus is ons almal se Almagtige Lewende Skepper wat ten volle in Sy almag ’n mens geword het sodat ons God ook in ’n eiesoortige en identifiseerbare vorm, ’n Mens kan ken.

    Dis die GOEIE NUUS! 

    Kobus de Klerk kan hieraan niks doen behalwe om sy eentonige gedweep as iets slim op die werf te teem nie.  

    Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.  

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Hierbo sien mens nou mooi hoe Cornelius met woorde speel en probeer om die Woord te plooi vir sy eie sinkretistiese doeleindes - daardie leuenagtige bewering van 'eiesoortige en indentifiseerbare vertoning van Homself bewys'.

    Insiggewend hoe hy Dolf se baie reguit vraag oor die Goeie Nuus met stilswye beantwoord het (indien hy wel geantwoord het, het ek dit nie raakgesien nie ne kan hy my aandag daarop vestig).

    Met die skakels wat ek aan Trienie verskaf het, sien ons die inhoud van daardie sogenaamde 'eiesoortige en indentifiseerbare vertoning van Homself bewys' al la Cornelius, die leuenagtige, sinkretistiese New Age lasteraar. Die uitlatings van hom wat in die skakels uitgewys word, is bepaald die uitlatings van 'n waansinnige, maar dit het waaragtig niks met die Waarheid van die HERE te doene, nie.

    Die nuutste is dat hy nou vir Trienie geteiken het en haar sal probeer boelie totdat sy suf raak daarvan, soos hy in die verlede met vorige gelowige vroue ook gedoen het wat op hierdie forum bydraes gelewer het . Dit is sy ou boelie-agtige taktiek.

    Mens wonder of iemand soos Cornelius ooit hoegenaamd  tot besinning en bekering kan kom... maar by die HERE is waaragtig niks onmoontlik nie... en sal ons bly hoop vir sy part..

    Kobus de Klerk

  • Kobus skryf:

     
    "Brianvds se opmerking oor die verduideliking wat ek weergee oor hondsdolheid is net-net maar weer die stomme opmerking van ’n denk-geïnhibeerde Goddelose mens. Wat ek by wyse van verduideliking weergee, is dat mense se optrede en keuses, iewers in die verlede weens hul ongehoorsaamheid aan God, oorspronge gegee het aan skadelike mutasies wat vandag nog soms sy tol onder mense eis – ook kinders en ook dat ’n sorgsame, rein lewenswyse sulke insidente sal verhoed. "
     
    ---Weer lekker besig om jou eie feite op te maak soos jy hulle nodig het. Nou ja, dié patroon het ek nou al lanklal by jou opgemerk.
     
    Kobus, die god wat jy beskryf is 'n monster wat geen beskaafde mens se aanbidding verdien nie. Ons moet maar hoop hy bestaan nie werklik nie, want met so 'n god kan niemand wen nie, nie eers dié wat ewe getrou kerk toe gaan nie.
     
    Ouens soos oom Tutu skets gelukkig darem 'n mooier prentjie van die idee van oneindige genade...
     
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top