Globale ressesie onafwendbaar vir ontluikende ekonomieë

  • 3

Vir "Dirk Rigter".

Lees bietjie wyer. Daar is verskillende tipe ekonomieë in globale ekonomie. As VSA skielik stimulus kry in hul verdedigingsektor, wat ekonomiese groei wys en groot beleggers lok na spesifieke markte, beteken dit nie dat die res van wêreld uit die resessie se greep is nie. 

Die Chinese ekonomie beleef resessie. Kyk na wat die stimulus van VSA-markte is, voor jy veralgemeen.

Na Trump se abortiewe missiel-aanval op Sirië en Moab-aanval op Afghanistan, was sekere sektore baie gewild onder beleggers. Dit het geen voordeel vir res van globale wêreld nie. Waarom sal Marcon meer op Franse vervaardigers konsentreer en heffings op invoere propageer, soos Trump? 

Watter groei geleenthede sou bv vir SA vloei, as Trump sy VSA-ekonomie kunsmatig dmv oorloë stimuleer? Geen, want as olieprys styg, styg inflasie in SA en ook werkloosheidsyfer. 

Hans Richardt 

  • 3

Kommentaar

  • Hans Richardt,
    Jy skryf hierbo: "... Die Chinese ekonomie beleef resessie ..."
    Dis absolute nonsens.
    Die algemene verwagting is dat China in 2017 ekonomiese groei van 6.5% sal handhaaf. Op 4 Maart sê CNBC die volgende: "... China is aiming to expand its economy by around 6.5 percent in 2017 as it continues to implement a proactive fiscal policy and maintain a prudent monetary policy ..."
    Reuters rapporteer op 12 Maart: "... China’s Economy Is set for steady growth ..." en"... China's economy gets off to strong start in 2017 as investment rebounds ..."
    Kennelik verstaan jy nie die betekenis van die begrip "resessie" nie, of andersins begryp jy doodeenvoudig nie dat 'n ekonomie wat teen 6% plus groei nie naastenby in 'n resessie kan wees nie.

  • Hans
    Nog 'n ding: Hoe kan jy na China as 'n "ontluikende ekonomie" verwys? China is tans, naas die VSA, die tweede grootste ekonomie in die wêreld. Kwalik ontluikend?

  • Hans Richardt

    Dirk Rigter, g'n wonder ons ekonomie is so fokkop, met slimjanne soos jy. Waarom moet Zuma dan val en vervang word? Alles is mos honkie-dorie met afgradering ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top