Gesneuwel

  • 0

die houe tref my
eers net lig
kap
kap
kap
dan sterker 'EINA!'
feller, fel
die emmer spat daar doer
'my perd!
los hom net uit!'

en soos my weerstand
en ek
verkrummel
sien ek vir oulaas hoe my perd
getroue dier
ook van die houe vat...

'ek val!'
en tuimel af
tot teen die grond

my perd staan nog
en
ek hoor nou net
hul lafaardsvoeteval
en honend lag...

(Hierdie vers is opgedra aand die skending van die onbekende soldaat en sy perd se monument in Port-Elizabeth)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top