Geheuekiekie

  • 0

Om een of ander rede lees my oog heeltyd “geheuehekkie” en nie “geheuekiekie”. Dalk is dit ‘n teken dat ek oor ‘n hekkie moet skryf? Voortuinhekkies, met sierige metaalkrulle, in ‘n “Vibracrete”-muur, met ‘n “Pasop vir die hond/Beware of the dog”-bordjie daarop. Pynlik netjiese voortuine in die Goodwood en Ysterplaat van my kinderdae, by Ouma en Oupa op die stoep. Dink daar was ‘n swart taal ook op die bordjie, “Bashopa …”, of so iets? Duidelik moes ek meer in die Noord–Sotho klas opgelet het. Ek wonder of daar noodwendig altyd ‘n hond was, en of hul rerig die swartmense wou waarsku daarteen. Seker maar net ‘n stoepkakkertjie in meeste van daardie erwe, luiters opgekrul by ounooi se voete. Kry mens nog sulke bordjies, of neem almal maar aan daar is ‘n vreesaanjaende tandmonster agter die hoë muur en elektriese heining? Sal die nuwe bordjies dan ook in 11 tale wees wonder ek …

Daniel Horn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top