Gedagtes oor bipolariteit

  • 0

BIPOLÊR: GEDAGTES NEERGESTIP OM IN TE BEL TERWYL EK NA LOSLIP VAN IAN WESSELS GELUISTER HET. Skakel in by Potgooi van RSG om na die program te luister.

Ek het inderdaad deurgekom en het die volgende idees uitgespreek.

  1. Ek kom uit ’n geslag waar my vader sowel as my moeder se voorgeslagte “senuweeprobleme” gehad het en talle lede van hulle nageslag nou met bipolariteit saamleef.
  2. Baie dankie dat u dit as ’n fisies-biochemiese toestand weens ’n wanbalans tussen verskillende oordragvloeistowwe in die brein beskryf het. Net soos by diabetes, waar te veel of te min insulien ’n daling of styging van bloedsuiker veroorsaak, sal te min van sekere stowwe depressie veroorsaak en te veel daarvan dalk hiperaktiwiteit en manie.
  3. In watter mate help psigoterapie by ’n sielkundige saam met die mediese behandeling wat ’n psigiater kan bied?
  4. Ek verkies om dit aan gehore te stel dat daar sekere keuses bestaan:
    1. Niemand kies om met bipolariteit te leef nie – dit is aangebore en kom voor in sekere families.
    2. Soek mediese raad en verkry ’n diagnose.
    3. Moenie in ontkenning weier om die diagnose te aanvaar nie. Neem die betrokke medikasie absoluut gereeld en getrou.
    4. Verander jou benadering: Moenie as ’n slagoffer daaraan ly nie, maar aanvaar dit, besluit om daarmee saam te leef en, uiters belangrik, om daarmee saam te presteer.
    5. Talle historiese persoonlikhede, skrywers, politici, filmsterre, skilders en selfs Aldrin die ruimtevaarder het ten spyte daarvan, of, soos ek glo, te danke daaraan gepresteer.
  5. Watter rol speel godsdiens? Dit is dikwels een van die eerste simptome dat die jong persoon skielik oorgodsdienstig raak en die wêreld wil beveg en bekeer. Sou Jean d’Arc dalk bipolêr gewees het?
  6. Kan godsdiens mens help om “gesond” te word? Hier verwys ek graag na die boek Die kleipot het gebreek van dr Coenie Rudolph, ’n NG-predikant wat geweldige depressie ontwikkel het.  Hy beklemtoon die noodsaaklikheid dat medikasie in die eerste plek gereeld geneem moet word en dat geloof nooit die plek daarvan kan inneem nie. Hy maak die verrassende stelling dat geloof jou dalk net verder in die put kan dryf omdat jy voel dat aangesien jou gebede om “genesing” nie verhoor word nie, jou geloof dan seker te swak is. En dit raak ’n bose kringloop: swak geloof, sterker gebede, geen genesing nie, en dan skuldgevoelens oor jou geloof te swak is.
  7. Niemand sê dat ’n gelowige nie steeds aan sy of haar geloof moet vashou nie, maar dit kan nie die primêre maatreël word om die siekte van ’n akute, onbeheerbare toestand na ’n chroniese, behandelbare toestand te verander nie. Daarvoor is die geneeshere en medikasie daar, en diegene wat aan voorbeskikking glo, moet ook glo dat die geneesheer “as die hand van God” vir hulle kan optree.
  8. Glo en leef dit uit dat iemand met bipolariteit ’n volle, betekenisvolle lewe kan lei en selfs kan uitblink.
  9. Hoe oorerflik is die toestand? Volgens die sielkundige wat aan die Loslip-program deelgeneem het, sal 15% van kinders waarvan een ouer die siekte het, dit kry.
  10. Wanneer albei ouers dit het, sal tot 25% van die kinders ook die siekte kry.
  11. Op watter ouderdom begin die simptome? Gewoonlik tydens of in laat puberteit. Een senior lid van ’n gesin waarvan vyf uit vyf sibbes met die toestand saamleef, het sy eerste massiewe maniese aanval eers op 55-jarige ouderdom gekry.
  1. Die belangrike K’s (en ’n O):
    1. Ken jouself en leer om só te leef en te eet dat jy aanvalle tot die minimum kan beperk: gereelde oefening, ’n goeie dieet en genoeg slaap is belangrik, en probeer ook stresvolle situasies vermy.
    2. Omvattende terapie, insluitend psigoterapie, is belangrik.
    3. Kontinuïteit is absoluut noodsaaklik. Moenie onder enige omstandighede medikasie staak nie, selfs onder druk van persone rondom jou of godsdienstige groepe wat jou gesond wil bid.
    4. Moenie sKaam en inKennig wees oor die feit dat jy met bipolariteit saamleef nie. Wees trots en fier, en laat ander Kordaat daarvan weet sodat enige stigma uit die samelewing verwyder kan word.
    5. Verkry ingeligte Kennis (daarom het jy ’n IK) oor die siekte en lees boeke van ander wat self daarmee saamleef en daardeur gekom het:
      1. Die Kleipot het gebreek – Rudolph;
      2. Kyk my in die oë – Elsabe Brits;
      3. Ligdans – Jean Els
      4. An unquiet mind – Kay Redfield Jamison. In this emotionally charged memoir, Kay Redfield Jamison recounts not only her own struggles with manic depressive illness (also know as bipolar disorder), but also shows how she has been able to use her own disease to treat others similarly affected and to crusade for a better understanding of the illness.
      5. A professor of psychiatry at the Johns Hopkins University School of Medicine, Jamison had learned to manage her disease and become a world expert on manic depression by the age of forty.
    6. SKryf jou eie ervarings en verhaal neer, ervaar die terapeutiese effeKdaarvan, kry gemoedsverligting en rus, en dra só jou Kennis van die siekte, soos  aan eie bas gevoel,  oor aan ander. Sodoende kan jy dalk ander tot hulp wees en ook help om die stigma wat steeds heers, die nek in te slaan of ten minste te verlig.

 Deon Knobel, Kaapstad

GEDAGTES OP MY SELFOON INGETIK terwyl ek probeer het om deur te kom na Free Talk op SABC3, waar Nolene in gesprek was met ’n psigiater en sielkundige. EK kon nie deurkom nie.

1.Doctor, stigma still prevails and uninformed persons frequently show their negative attitude by saying that whenever the doctors cannot come to a diagnosis, they call it bipolar disorder, like a convenient dumping ground.
2. Please explain to the viewers and listeners that there are very strict diagnostic guidelines for diagnosing bipolar disorder – I think it is called the DMMD of the American Society of Psychiatrists (the Diagnostic Manual of Mental Disease). Is that correct? It is therefore not a diagnosis that is made lightly, but should be made accurately in order to select the proper medication.
3. Please stress, like Amanda Strydom did so courageously, that productive creative living is possible, that one is living with and not suffering from bipolar disorder.

Deon Knobel, retired Professor of Forensic Medicine

I add my title and position here and mention it on air so that people who read this or listen to me over the radio or television will know that I speak of personal experience, not only as a person living with bipolar disorder, but as an informed medically educated man who is proud and privileged to help with the destigmatisation of a very sad and sometimes devastating illness – not a mental disease, but a condition with a physical/biochemical origin in the brain due to an imbalance of the neurotransmitting substances.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top