Gebed, opgedra aan Karel Schoeman

  • 3

Gebed

Wanneer die tyd aangebreek het
my voete moeg van skuifel
die doring in die vlees nie meer krap
die oë breek, die asem huiswaarts keer,
vou my dan toe met U lappieskombers
die groot een met die baie blokkies,
een blokkie vir elke doen en versuim
wat so gebrekkig was,
maar ryg asseblief al die blokkies
saam met U hand van genade,
vou my behoorlik toe sodat
niks aards verder saamreis.

  • 3

Kommentaar

  • Die genade om die pyn agter te laat - jou te distansieer van dit wat ondraaglik geraak het. Die toevou in 'n veilige koekon - treffend.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top