Gaan die nuwe generasie "slimfone" beter wees as rekenaars van 'n dekade gelede?

  • 2

Daar word gereken dat teen 2020 reeds, gaan slimfone die neuromorfiese rekenaartegnologie bevat wat kan "leer" en ontwikkel,  beter as wat android-fone dit doen nou. Maw jy gaan 'n superrekenaar in jou sak dra, met nanotegnologie en neuromorfiese prosessering. 

Dis beide opwindend en ook vreesaanjaend om te dink, dat ons by die Diners Club in 1990 gespekuleer het oor hoe inligtingstegnologie die mensdom sal verander. Met kleiner elektroniese slimmer tegnologie, is Mars en Pluto bereikbaar met masjiene. Die vraag is, as die mens nie integreer met tegnologie nie, sal ons self ligjare deur die ruimte kan reis, sonder fisiologiese verval van tans onbekende aard? Die mens se ewolusie is stadiger nou as kunsmatige intelligensie. Maw, die eerste ruimtereisigers na buite die Melkweg sal robotte wees met kunsmatige intelligensie.  Deesdae is dit moontlik dat nuwe inligtingstegnologie getoets kan word by die internasionale ruimtestasie onder verskillende toestande, binne en buite die ruimtestasie. Ons eerste ambassadeurs wat kontak sal maak met lewe in buitenste ruim, gaan kunsmatige intelligensie robotte wees. 

Angus, die moontlike kontak met "hemel en hiernamaals", sal moontlik 'n verouderde robot wees. Tans is Hubble besig om inligting te stuur, waarvoor mense nie antwoorde in boeke het nie. 

Die mens as fisiese skepsel, se ewolusie het agter geraak teenoor wat met tegnologie bereik is reeds. Hoe meer ons kennis ontwikkel hoe meer raak die fisiese liggaam agter. Maw, kunsmatige intelligensie gaan ons daaglikse lewe begin dikteer. Sal die fisiologiese mens kunsmatige intelligensie bly hanteer of gaan 'n groot deel van die mensdom die vermiste skakel tussen ape en mens van toekoms word? 

Die grootste verskil tussen hierdie nanotegnologiese neuromorfiese rekenaars se prosesseringsprosesse en mens gaan wees dat dit minder energie gaan gebruik en nie honger, dors of moeg gaan raak of moet eet, slaap en toilet  toe gaan nie. Dit gaan nie verkoue kry of kanker nie. Maw die mens se fisiologiese agterlikheid gaan biljoene mense oorbodig maak. 2020 is net drie jaar weg en in drie jaar is ons nader aan verouderingprosesse soos bv Alzheimer's of Dementia. 

Vir rekenaartegnologie is daar lewende rekenaarmuseums, terwyl die mense krampagtig wonder of daar darem 'n deeltjie van die liggaam waaraan hul soveel geld spandeer en waarde heg, gaan oorbly. Vir my is die siel soos die rekenaar se geheue, gebaseer op hoe lank die battery/liggaam die sisteem bly dryf. Indien ons nie metodes ontwikkel om die battery langer te laat leef nie, die liggaam/sisteem minder energie te laat gebruik nie, gaan die mens word soos 'n rekenaar van 20 jaar gelede. 

https://www.google.co.za/amp/www.popularmechanics.com/technology/gadgets/amp19318/a-new-kind-of-computer-chip-could-soon-make-your-smartphone-way-more-powerful/

  • 2

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Ek weet tans gebruik ek my android-selfoon vir alles. Al wat ek soek is 'n klein draagbare drukker/skandeerder wat met Android Bluetooth werk, direk van my selfoon, sonder drama.

  • Beste Hans,
    Waarheen wil jy nogal die drukker dra dat hy draagbaar moet wees? As ek drukwerk wil hê, kan ek dit vanaf my selfoon met die drukker op my lessenaar doen. Het julle al selfone daar in Orania? Ek dog julle het al tot by die potlood geëvolueer.
    Groete,
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top