Foto's: Eerste kykNET-Rapport Boekpryse word toegeken

  • 0

Die wenners van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is Vrydag 21 November tydens 'n keurige funksie in die Westin Hotel bekend gemaak. Uit 56 inskrywings is die volgende boeke bekroon:

kykNET-Rapport Boekprys vir Fiksie

Wolf, wolf – Eben Venter (Tafelberg)

kykNET-Rapport Boekprys vir Niefiksie

Die oorlog kom huis toe, Albert Grundlingh en Bill Nasson (reds) (Tafelberg)

kykNET-Rapport Boekprys vir Film

’n Ander mens, Zirk van den Berg (Kwela)

Foto's van die bekroningsgeleentheid

Irna van Zyl was een van die beoordelaars van die boekprys vir niefiksie.

Riana Barnard van NB-Uitgewers

Fourie Botha en Steve Connolly van Penguin Random House South Africa

Steward van Wyk was een van die beoordelaars van die boekprys vir fiksie.

Hettie Scholtz, sameroeper van die kykNET-Rapport Boekpryse

Dana Snyman se Onder die radar was op die kortlys vir die niefiksie-prys.

Herman Binge was een van die beoordelaars van die boekprys vir niefiksie.

Nicol Stassen van Protea Boekhuis

Albert Grundlingh, mederedakteur van Die oorlog kom huis toe wat die boekprys vir niefiksie verower het.

Thérèse Herbert van NB-Uitgewers

Marlize Hobbs se Score my ’n gwai was op die kortlys vir die filmkategorie.

Thys Human was een van die beoordelaars van die boekprys vir fiksie.

Marga Stoffer van NB-Uitgewers

Mike van Graan was een van die beoordelaars van die boekprys vir niefiksie.

Herman Wasserman was een van die beoordelaars van die boekprys vir niefiksie.

Uitgewer Annie Olivier en mederedakteur Bill Nasson van Die oorlog kom huis toe wat die boekprys vir niefiksie verower het.

Eben Venter en Dominique Botha. Dominique se Valsrivier was op die kortlys vir die boekprys vir fiksie.

Kerneels Breytenbach was seremoniemeester by die geleentheid.

Esmaré Weideman van Media24

Vioolmusiek het die regte atmosfeer geskep.

Eben Venter ontvang die eerste kykNET-Rapport Boekprys vir Fiksie van Rapport-redakteur Waldimar Pelser.

Louise Viljoen het die commendatio vir Wolf, wolf gelewer. Lees dit hier.

Eben Venter. Die "wolf"-aansteekspeld is deur die kunstenaar Juria le Roux vir Eben gemaak.

Redakteurs Bill Nasson en Albert Grundlingh ontvang die eerste kykNET-Rapport Boekprys vir Niefiksie van Tim du Plessis van kykNET.

Herman Wasserman het die commendatio vir Die oorlog kom huis toe gelewer. Lees dit hier.

Kerneels Breytenbach, Tim du Plessis en Waldimar Pelser

Zirk van den Berg ontvang die eerste kykNET-Rapport Boekprys vir Film van Tim du Plessis van kykNET. Lees die commendatio van die beoordelaars.

Zirk van den Berg

Waldimar Pelser

Tim du Plessis

Sameroeper Hettie Scholtz het genoem dat inskrywings vir die volgende boekpryse reeds begin instroom.

Eloise Wessels, Thérèse Herbert, Zirk van den Berg, Bill Nasson, Albert Grundlingh, Eben Venter en Marga Stoffer

Riana Barnard en Eben Venter

Foto's © Naomi Bruwer

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top