Foto's: Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek word by The Private Hotel School bekendgestel

  • 1

Susina Jooste en Henk Stander is die skrywers van Die Suid-Afrikaanse vis- en seekoskookboek wat pas by LAPA-Uitgewers gepubliseer is. Susina en Henk het Woensdagaand die boek by The Private Hotel School bekendgestel, met die hulp van studente wat van die disse gedemonstreer het. Naomi Bruwer was een van die gelukkige gaste.

savisfish

Skemerkelkies

_MG_9478

Nosipho Dlamini staan gereed met die vonkelwyn.

_MG_9489

The Private Hotel School is net buite Stellenbosch geleë.

_MG_9470

 Viskoekies vir voorgereg

vis

_MG_9502

 Susina Jooste is die direkteur: akademiese ontwikkeling by The Private Hotel School. Sy het huishoudkunde aan die Universiteit Stellenbosch studeer en ook 'n meestersgraad in kurrikulumstudies voltooi. Haar passie vir die kookkuns het gelei tot kwalifikasies van The Culinary Institute of America in New York, Le Cordon Bleu in Parys en City and Guilds of London.

_MG_9486
Henk Stander is die algemene hoofbestuurder van die Afdeling Akwakultuur in die US Departement Veekundige Wetenskappe, en is reeds die afgelope 20 jaar betrokke by etlike akwakultuur- en akwaponikaprojekte, waar daar onder meer met visspesies soos forel en tilapia geboer word.

_MG_9507

 Henk Stander het 'n interessante oorsig oor akwakultuur in Suid-Afrika gegee. Die wêreldwye produksie, in tonnemaat, het reeds in 2012 dié van beesvleis verby gesteek.

_MG_9496

 Erika Theron, die akademiese bestuurder van The Private Hotel School

_MG_9497

 Elni le Roux, die geleentheidskoördineerder van The Private Hotel School

In die kombuis

_MG_9516

 Fritz Brand het gewys hoe om ceviche voor te berei.

_MG_9523

Ceviche is 'n Peruviaanse gereg waar die vis in lemmetjiesap "gaargemaak" word. Dit is noodsaaklik dat die vis baie vars moet wees. Hierdie tilapia het Woensdagoggend nog geswem.

_MG_9525

Hendri Jooste was in beheer van die mosselpot.

_MG_9528

 Die mossels is voorberei in 'n klappermelk-gemmer-sitroengras-sous.

_MG_9532

 Dit is nou weer mode om seekos in skulpe te bedien.

_MG_9537

 Peter Duncan het die hoofgereg voorberei: kraakvelforel, voorgesit op spinasie-en-feta-ravioli met geskroeide knoffel-en-tequilasous.

_MG_9540

 Die geheim is dat die pan rookwarm moet wees, anders sit die vel vas.

_MG_9519

Natasha Twynham het reggestaan om die steurgarnaal-tempura te demonstreer.

_MG_9546

 Net die sterte word vir die tempura gebruik, terwyl die res ekstra geur gee aan Hendri se mosselpot.

_MG_9562

 Die tempura word in baie warm olie vinnig gediepbraai.

Aan die tafel

_MG_9481

 Geen boekbekendstelling is afgerond sonder Leopard's Leap nie.

_MG_9583

Die mossels is in 'n papierpakkie voorgesit.

_MG_9585

Mossels in klappermelk-gemmer-sitroengras-sous

_MG_9590

Tilapia-ceviche, bedien met steurgarnaal-tempura en tortillaskyfies

tempura

_MG_9602

Kraakvelforel, voorgesit op spinasie-en-feta-ravioli met geskroeide knoffel-en-tequilasous

knoffel

_MG_9576

Izak de Vries van LAPA-Uitgewers aan die woord

_MG_9597

 Die gelukkige gaste

The Private Hotel School bied in September en Oktober op Donderdae en Vrydae 3-gang-middagetes aan teen R80 per persoon. Besprekings is noodsaaklik: 021 8813792 / admin@privatehotelschool.co.za.

Foto's: Naomi Bruwer

  • 1

Kommentaar

  • Dia Kleynhans

    Baie interessant. Sal beslis die resepte uittoets. Ek hou veral van die eenvoud van die resepte asook die geregte 'rondom ' visdisse soos die maak van skyfies ,souse ens.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top