Foto's: BoekeJol en FilmRol 2016

  • 1

2016 se BoekeJol en FilmRol was 'n groot sukses, met interessante skrywerspraatjies en goeie films. Naomi Bruwer het van Vrydag en Saterdag se programme bygewoon, kamera in die hand.

Karin Brynard: Tuisland

Karin Brynard het met Ilse Salzwedel oor Tuisland gesels. Lees 'n resensie.

_MG_4797

Ilse Salzwedel

Marga van Rooy | Juliana Coetzer | Irene Fisher

_MG_4811

Sonja Janse van Rensburg van Graffiti-boeke stel die sprekers voor.

_MG_4827

Die gespreksleier Johan Erasmus, saam met Irene Fischer, Marga van Rooy en Juliana Coetzer.

_MG_4826

Juliana Coetzer het gesels oor Bloedvreemd wat die verhaal vertel van hoe haar dogter van sewe weens 'n onbekende virus breinskade opgedoen het. Klik hier vir 'n resensie.

_MG_4810

Irene Fischer het gesels oor Ek is nog hier, haar outobiografie oor die pad wat sy en haar familie moes stap nadat sy in 'n motorongeluk breinskade opgedoen het.

_MG_4805

Marga van Rooy saam met feesbestuurder Dia van Staden. Van Rooy het gesels oor In die skadu van skisofrenie. Lees hier 'n resensie.

FilmRol: Dis koue kos, skat

Die film Dis koue kos, skat, gebaseer op Marita van der Vyver se roman, is Vrydagmiddag bekendgestel.

_MG_4834

Na afloop van dié voorafvertoning het Nerina de Jager  met die regisseur, Etienne Fourie, en vervaardiger Deon Meyer gesels.

_MG_4851

Elsabe Zietsman, wat die rol van Minette speel in Dis koue kos, skat.

_MG_4856

Marianne Vorster en Deon Meyer saam met Angelique Gerber, wat die rol van Anaïs in die film speel.

Digtersmaraton

_MG_4883

By die digtersmarathon, onder leiding van Gerda Taljaard-Gilson, het digters van hulle eie gedigte, sowel as 'n gunstelinggedig deur 'n ander skrywer voorgelees.

_MG_4908

Hendrik Botha het uit sy bundel Atropos voorgelees.

_MG_4904

Bernard Odendaal

_MG_4913

Philip de Vos

_MG_4902

Emma Bekker

_MG_4898

Eunice Basson het uit Leiboom voorgelees. Lees hier 'n onderhoud.

_MG_4896

Riël Franzsen het uit Narokkong voorgelees. Lees hier 'n resensie.

_MG_4919

Danie Marais het twee nuwe gedigte gelees wat pas op LitNet gepubliseer is. Lees dit hier:

BoekeJol Koors

_MG_4923

Lize Beekman

_MG_4929

Elna van der Merwe het die onderhoud gevoer. Volgens haar het sy aanvanklik opgesien na die lees van dié postapokaliptiese teks, maar het gou besef dat Koors Deon Meyer se beste roman tot nog is.

_MG_4933

Deon Meyer het vertel dat hy al vir jare lus was om Koors te skryf.

Sit aan met ...

Saterdagoggend het Thys Human met 'n paneel resensente oor die belangrike rol van resensies in die boekebedryf gesels. Heelwat skrywers was ook by dié geleentheid te sien.

_MG_4942

Sonja van der Walt en Thys Human

_MG_4963

Ilse Salzwedel van RSG se Skrywers en boeke het onder meer oor die invloed van sosiale media gepraat.

_MG_4962

Boekeredakteur Jo Prins

_MG_4955

Feesbestuurder Dia van Staden het vertel hoe sy op Die groot ontbyt resensies aanpak.

_MG_5005

Adéle Changuion van Maroela Media

_MG_4980

Deborah Steinmair

_MG_4969

Ronel Nel

_MG_4941

Helene de Kock

_MG_4960

Philip de Vos

_MG_5006

Dia van Staden

_MG_4977

Carmen Niehaus

_MG_4989

Keina Swart. Lees 'n resensie van Die potlooddief se bruid en ander stories.

_MG_4997

Suzanne van Niekerk, uitgewer by LAPA-uitgewers

Namibië se nektar

_MG_5031

Piet van Rooyen het oor sy jongste boek, Amatola, gesels.

_MG_5032

Koos Marais het oor Die keiservoël oor Namaland gesels.

Mishandel, misbruik, misken

Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, het haar verhaal aan Carla van der Spuy vertel. Carla, die skrywer van die boek, en Amor was met die sielkundige Henk Swanepoel in gesprek.

_MG_5046

Carla van der Spuy

_MG_5039

Amor van der Westhuyzen en Carla van der Spuy

_MG_5050

Amor het openlik oor haar verhouding met haar ma en Gert van Rooyen gepraat.

_MG_5057

Henk Swanepoel

_MG_5069

Izak de Vries

_MG_5065

Sylvia de Kock

_MG_5061

Etienne Bloemhof

Skryf 'n storie! Misdaad + Romanza + Rubriek

Die drie skrywers Irma Venter, Sophia Kapp en Keina Swart is deur gespreksleier Gerda Taljaard voor die uitdaging gestel om 'n inleiding (deur die publiek verskaf)  uit een van die ander genres tot storie te voltooi .

_MG_5100

Keina Swart, Sophia Kapp en Irma Venter

_MG_5108

Sophia Kapp. Lees 'n onderhoud oor Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva.

_MG_5110

Misdaadskrywer Irma Venter. Lees 'n resensie van Skrapnel.

_MG_5081

Gerda Taljaard

Robbie se broer se roer en ander jagstories

_MG_4952

Pienkes du Plessis het by die fees oor Robbie se broer se roer en ander jagstories gesels. Lees 'n resensie.

Histories

_MG_4877

Nicol Stassen het met Albert Blake, Zelda Rowan en Danie Langner gesels.

_MG_4859

Albert Blake (Broedertwis)

_MG_4863

Zelda Rowan (Nonnie de la Rey)

_MG_4875

Danie Langner (Voortrekkers kook)

_MG_4866

Nicol Stassen het Danie Langner oor gespitbraaide pofadder en sprinkaankrakelinge uitgevra.

Weermagwoede

_MG_5123

Jo Prins het met Wynand du Toit, Koos Stadler en Francois Verster oor hulle grensoorlogboeke gesels.

_MG_5133

Koos Stadler. Lees 'n resensie van Recce.

_MG_5117

Wynand du Toit

_MG_5122

Francois Verster. Lees 'n resensie van Omega.

_MG_5114

Jo Prins

Lees ook Izak de Vries se blog oor die BoekeJol.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top