Kiek-en-fliek: ATKV-Woordveertjies 2012

  • 0

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag 14 September by Nooitgedacht net buite Stellenbosch aangewys. Die Woordveertjies is vanjaar vir die vyfde keer aangebied.

Vyftien Woordveertjies is toegeken vir uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.

Die seremoniemeesters vir die aand was Hannes van Wyk en Kim Cloete en die rooi tapyt is behoorlik uitgerol om aan die uitgesoekte groep gaste ’n onvergeetlike aand van feesviering en puik woordkuns te bied.
 

Hannes van Wyk voer 'n onderhoud met Toast Coetzer.

Piet en Hettie Scholtz

Leon en Amanda de Stadler saam met Jan-Jan en Irma Joubert

Christo van der Rheede van die AHI en sy vrou, Merlyn

Johannes Harmse en Michelle Cooper

Annie Klopper en Bibi Slippers

Mense van Leserskring: Riki Roos, Lana Barnett, Richard Barnett en Karin de Beer

Steward en Emmerentia van Wyk saam met Julia en Elias Nel

André Wilkinson en Elzette Steenkamp

Jaco Jacobs

Stian Bam

Ilza Roggeband

Murray La Vita

James Woodhouse van Kwela-uitgewers.

Reinder Nauta en Marga Collings

Roelof Colyn het die frustrasies van 'n skrywer op die toetse van die tikmasjien uitgeslaan.

Diek Grobler het in opdrag van die ATKV 'n animasiefilm gemaak van Ronelda Kamfer se gedig "Klein Cardo".

Kim Cloete in die seremoniemeesterstoel

Japie Gouws

ATKV-Woordveertjies 2012

Die Woordwystoekenning vir Woordeboeke en Taalgidse is beoordeel deur Anne-Marie Beukes, Leon de Stadler en Ernst Kotzé. Die wenwoordeboek is
Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe/Dictionary for the Health Sciences (Pharos).

Toast Coetzer oorhandig die prys aan die samesteller, Jan Lochner, en uitgewer, Wanda Smith.

Die Prys vir Romanses se beoordelaars was Margarethie Bredenkamp, Petro Prins en Kobie van Aswegen. Vanjaar se ATKV-Woordveertjie gaan aan Marie-Louise Cronjé vir Gelyke vennote (LAPA Uitgewers).

Haidee Muller het die prys aan Marie-Louise oorhandig.

Die kategorie Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Renée Conradie, Danila Liebenberg en Ilse Salzwedel. Sophia Kapp is aangewys as wenner vir Huis van die wind (LAPA Uitgewers).

Die prys is oorhandig deur Tinarie Van Wyk Loots.

Die Prys vir Poësie is beoordeel deur Marius Crous, Karen de Wet en Danie Marais. Joan Hambidge wen vanjaar die prys met Visums by verstek (Human & Rousseau)

Die prys is in ontvangs geneem deur Joan se uitgewer, Etienne Bloemhof. Bibi Slippers het dit oorhandig.

Die Prys vir Dramateks is beoordeel deur Saartjie Botha, Henry Mylne en Peet van Rensburg. Samsa-masjien deur Willem Anker is as wenteks aangewys. Beer Adriaanse het vir drama gesorg deur op sy knieë die prys aan Anker te oorhandig.

Die kategorie Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Marlize de Jongh en Linda Zöllner. Deon Meyer het die prys verower met 7 Dae (Human & Rousseau). Stian Bam het die prys oorhandig.

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV, het gesels oor die verbintenis van die ATKV tot Afrikaanse letterkunde.

Die beoordelaars vir die ATKV-Prosaprys was: Cecile Cilliers, Thys Human en Riana Scheepers. Dan Sleigh is as wenner aangewys vir Wals met Matilda (Tafelberg). Japie Gouws het die prys oorhandig.

ATKV-Kinderboektoekennings 2012

In samewerking met die Woordfees WOW-projek stem die kinders self vir hulle gunstelingboeke. Die kinderboektoekennings vir 2012 is deur Wilmien Lükwa aan die skrywers en illustreerders oorhandig.

Jaco Jacobs het vanjaar weggestap met Veertjies vir:

Voorleeskategorie: 3–6 jaar: Haasmoles (LAPA Uitgewers)
Selfleeskategorie: Graad 6–7: My hart is vol graffiti (as die alias Tania Brink, LAPA Uitgewers).

Fanie Viljoen het vanjaar weggestap met Veertjies vir:

Selfleeskategorie: Graad 1–3: Klou (LAPA Uitgewers)
Selfleeskategorie: Graad 4–5: Gilbrigade (Human & Rousseau).

Astrid Castle het die Illustrasieprys: Selfleeskategorie: Graad 4–5 gewen vir haar illustrasies van Spookskip (Tafelberg).

Zunica Joao het die Illustrasieprys: Voorleeskategorie: 3–6 jaar gewen vir haar illustrasies van Jaco Jacobs se Slaaptyd, Matilda (LAPA Uitgewers).

Karen Lilje het die Illustrasieprys: Selfleeskategorie: Graad 1–3 gewen vir haar illustrasies van Fanie Viljoen se Klou (LAPA Uitgewers).

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10: Carina Diedericks-Hugo het die prys ontvang vir Permanente ink (LAPA Uitgewers).

Kim Cloete en Hannes van Wyk was die seremoniemeesters.

Haidee Muller

Beer Adriaanse

Susan Bloemhof

Mercia Eksteen, bestuurder: kommunikasie van die ATKV, en Deon Meyer

Deon Meyer en sy Veertjie

Nita Cronjé van die ATKV en Dan Sleigh

Willem Anker

Dan Sleigh bekyk sy Veertjie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top