Alle foto’s: Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam 2016

  • 0
DSC_1066

Sewentiende-eeuse kanaalring, Amsterdam

 

Die AKA (Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam) het van 7 tot 11 April 2016 in Amsterdam plaasgevind. Die klem van die fees het op volhoubare bande tussen Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere geval, ‘n vriendskap wat beklemtoon is deurdat kunstenaars, skrywers en uitgewers gereeld in pare opgetree het: Emo Adams en die Nederlandse sanger Vinzzent; Antjie Krog en die Vlaamse skrywer Tom Lanoye; asook Nicol Stassen van Protea Boekhuis en die Nederlandse uitgewer Joost Nijsen, om maar ‘n paar voorbeelde te noem.

Omdat feesoptredes parallel geloop het, kon besoekers op enige gegewe moment kies tussen ‘n groot verskeidenheid gebeurtenisse in ruimtes soos die bekende klub De Melkweg, die Zuid-Afrikahuis en die Compagnietheater. Laasgenoemde was die middelpunt van hierdie jaar se fees en elke teatersaal het ‘n eie kultuurfokus geniet: musiek in die Grote Zaal; gesprekke en voorlesings in die Zuilenzaal; film in ShowMax se Kleine Zaal; en ‘n bietjie van alles (saam met‘n lekker stuk melktert) in die Bo-Kaap Kafee. Werkswinkels is hoofsaaklik in die Zuid-Afrikahuis se Theater Zaal aangebied.

Nou kan LitNet-lesers ‘n paar van hierdie ruimtes ook virtueel besoek. Klik op die onderstaande feesfotogalerye om te sien watter bekende gesigte by AKA 2016 te siene was:

 

Lees ook: 

 

Aankoms in Amsterdam. (Hierdie foto is net om die draai van die Zuid-Afrikahuis geneem.)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top