Fotobeeld: Musiek, visuele kuns en poësie verklaar oorlog teen korrupsie

  • 1

jean_oosthuizen_200x200Soos die bykans vergete reënboognasie van die 1995-Wêreldrugbytoernooi het Suid-Afrikaners van alle kleure, tale en herkomste verlede Vrydag op kleurvolle wyse voor die parlement bymekaargekom. Op ʼn vermaaklike maar ernstige noot het hulle protes aangeteken teen die vlaag van korrupsie wat die land teister. Jean Oosthuizen was daar en het hierdie fotobeeld saamgestel.

Meer as 650 individue uit die kunste-en-kultuur-wêreld het hulle binne ʼn week aangesluit by die Unite Against Corruption-veldtog. Onder hulle is van die land se bekendste kunstenaars uit verskillende dissiplines. Sommige is veteraanaktiviste uit die stugglejare, terwyl baie jong kunstenaars ook by die veldtog aangesluit het.

Sangers, kletsrymers en digters het hulle stemme Vrydag dik gemaak teen alle vorme van korrupsie. Verskeie bekendes uit die vermaaklikheidswêreld het kleur aan die geleentheid verleen. Die dramaturg Mike van Graan het ’n kort toneelstuk geskryf wat deur die dramastudente van die UK opgevoer is. Die bekende akteur Deon Lotz en Mark Gevisser, die skrywer van Thabo Mbeki se biografie The Dream Deferred, was ook onder diegene uit die kunstewêreld wat protes aangeteken het.

Burgerlike organisasies, verteenwoordigers van politieke partye en lede van die publiek het soos een man kragte saamgesnoer om die bal aan die rol te sit vir die grootste protesveldtog teen korrupsie wat die land nog gesien het.

Lede van die Arts for Socio-Political Action, Right2Know, Treatment Action Campaign en die Equal Education-beweging was onder die nieregeringsorganisasies wat hande gevat het om saam onder die sambreel van die Unite Against Corrupton-veldtog voor die parlement teen korrupsie te betoog.

Musiek, visuele kuns, poësie en ander kunsvorme is ingespan om die aandag te vestig op volgende maand se massabetoging teen korrupsie wat op 23 September in Kaapstad en Pretoria plaasvind.

Lees ook die onderhoud oor die protesaksie met Mike van Graan.

1.Deon-Lotz-en-Philip-Hibbers

Die bekende akteur Deon Lotz en kontemporêre kunstenaar Philip Hibbers was onder die kunstenaars wat die geleentheid bygewoon het.

2.-Mike-van-Graan

Die uitvoerende direkteur van die African Arts Institute, dramaturg en kultuuraktivis Mike van Graan gesels met Mark Gevisser, skrywer van Thabo Mbeki se biografie The Dream Deferred.

Mfundo-Hasshe-Mikde-van-Graan-en-Mark-Sampson

Mfundu Hashe, Mike van Graan en Mark Sampson

Colleen-en-Paul-Sturrock

Colleen en Paul Sturrock sê hulle is gewone Suid-Afrikaners wat moeg is vir korrupsie.

Vusisi-Zwqmpu-van-Right2know

Vusi Sizweqpmu van Right2know

6.Betogers-voor-parlement

ʼn Groepie van die betogers voor die parlement

7.Treatment-Action-Campaign

Verskeie lede van die Treatment Action Campaign was teenwoordig.

8.Afrikaanse-banier

Moeg vir leuens

9.Banner

Hoe het ons hier beland?

10.Betoger-met-plakkate

Sommige betogers het meer as een plakkaat gehad.

11.Weg-met-korrupsie

Korrupsie ken nie kleur nie.

12.-Nommer-een-loop-deur

President Zuma was nommer een in die betogers se visier.

13.Nkandla

Nkandla was op almal se lippe en plakkate.

14.Vroue-Marikana

Hierdie vroue maak dit duidelik Marikana is nog lank nie vergete nie.

15.-Korrupsie-maak-dood

Korrupsie maak dood.

16.-Kunstenaars-het-die-skare-vermaak-met-fyn-satire

Kunstenaars het die skare met fyn satire vermaak.

17.-Een-van-die-talle-baniere

Nog een van die talle baniere

18.Korrupsieverklikker

Daar was selfs ʼn “korrupsieverklikker” wat mense vir korrupsie getoets het.

19.Mark-Sampson

Die komediant Mark Sampson van Africa Clockwise

20.Mfundo-Hasshe

Mfundo Hashe dra ʼn gedig voor.

21.-Moee-betoger

Een van die betogers neem ʼn blaaskans.

23.-Die-land-se-nommer-een-was-teiken-nommer-een

Teiken nommer een, die land se nommer een

22.-Daar-is-gedans,-gesit-en-gestaan

Daar is gedans, gesing, gesit en gestaan.

24.-Thuli

Die openbare beskermer Thuli Madonsela was ongetwyfeld die gunsteling.

25.-Parlement

Die parlement

26.Protes-T-hemp

T-hemde het hulle eie storie vertel.

27-Die-Right2know

Die Right2know-organisasie was sigbaar teenwoordig.

28.Satire

Met vlymskerp satire het die twee akteurs die draak gesteek met president Zuma. Die linkerkantse een het die rol van die President vertolk en die een regs het met “gebaretaal”, maar ook hoorbaar, getolk en elke woord wat die “President” gesê het, op komiese wyse weerlê.

29

Nog een van die vroue wat moeg is vir korrupsie

31-Wit-en-swart

Swart en wit saam teen korrupsie

30

Beskerm die openbare beskermer.

 

Artists unite against corruption – Mike van Graan

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top