Ewolusie of kreasionisme?

  • 1

Die gediertetjie heet ’n “gestreepte dwerg grondskink”. Dit het volgens wetenskaplikes aanvanklik bogronds gelewe maar verkies dit hedendaags ondergronds. Let op die twee redelike ontwikkelde agterpote en die twee ogies (nie duidelik sigbaar op die foto nie) maar volgens my betroubare bron, is daar net twee swart kolletjies wat deur ’n vlies bedek word. Hy is van mening dat evolusie daartoe sal lei dat die pote en oë mettertyd heeltemal verdwyn.

Ek is weer positief en van mening dat die skink besig is om in ’n bogrondse reptiel te verander en dat die pote besig is om te ontwikkel en nie te verdwyn nie en dat die oë ook mettertyd sal verbeter.

Sy ouderling weer is van mening dat die gediertetjie so ses duisend jaar of daarrond, presies geskape is soos dit vandag nog lyk.

Groete

Panda

  • 1

Kommentaar

  • Panda

    Voorspoedige 2013 vir jou – ek sien uit na jou skrywes. Hieronder is ’n voorsmakie van die Mamparra van 2012 se reaksie op jou plasing (ek sien hy is klaar sterk besig om sy titel te verdedig).

    Jong daai agterpote en ogies is waarskynlik optiese illusies. Daar kon ’n vuil kol op die kamera se lens gewees het of daar kon ’n insek (elke keer as jy die foto neem!) voor die kamera verby gevlieg het wat die indruk van agtervoet en oë skep. Jy papegaai net alles wat jy lees hier op die Sê en kom nie met jou eie unieke interpretasies vorendag nie. Het jy altemit getoets of die gedierte met daai ogies kan sien? Dis jou agnostiese denke wat jou so verblind dat jy nie die spritueel intelligente alternatiewe kan raaksien nie.

    Groetnis 

    Thomas

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top