Etienne van Heerden-veldsoirée: fotoblad 1

  • 3

Van 22 tot 24 September is die eerste Etienne van Heerden-veldsoirée in Cradock aangebied. Die organiseerder was die bekende fees-inisieerder Darryl David. Verrigtinge het plaasgevind in die Moederkerk op Cradock, by Victoria Manor, Die Tuishuise en Buffelshoek Dirosie Lodge. Hier is Amy Coetzer se foto’s. Sien ook Lien Botha se foto's.

Fogarty's boekwinkel, Port Elizabeth, het ’n boektafel aangebied.

Nog boeke van Fogarty's

Die feesorganiseerder, Darryl David, en Victoria Manor en Die Tuishuise se Lisa Antrobus-Kerr

Kaia van Heerden, Godfrey Meintjes, Etienne van Heerden, Sandra Antrobus (Victoria Manor en Die Tuishuise), Clinton du Plessis en Helize van Vuuren

Darryl David en Godfrey Meintjes van Rhodes-universiteit, wat ’n lesing oor intertekstualiteit in die werk van Etienne van Heerden aangebied het.

Bernard Odendaal, hoogleraar aan Noordwes-Universiteit, het sy boek Woorde hul storie sien ken kom bekendstel.

Ernst Kotzé van Nelson Mandela Universiteit het sy Afrikaans-Japannese woordeboek bekendgestel.

Voorbeelde uit Ernst Kotzé se Afrikaans-Japannese woordeboek.

Ernst Kotzé en die romanskrywers Alexander Strachan en Etienne van Heerden

Alexander Strachan, Ernst Kotzé, Godfrey Meintjes en Kaia van Heerden

Helize van Vuuren, van Nelson Mandela Universiteit, het haar boek A necklace of springbok ears bekendgestel.

Cas Wepener van die Universiteit van Pretoria het sy boek oor Karel Schoeman, Die reis gaan inwaarts, kom bekendstel.

Die Etienne van Heerden-veldsoirée program

Amos Mtetwa, self ’n aktivis tydens die onstuimige struggletyd, vertel van die Cradock Vier.

Die Cradock Vier – “They were the true heroes of the struggle.” (Nelson Mandela)

Die Cradock Vier-gedenksuile

Besoekers aan die Cradock Vier-gedenkterrein met Michausdal in die agtergrond. Voor stap Raymond Smith, romanskrywer Lien Botha en Ilse Reuter.

Darryl David en Etienne van Heerden

Coenie de Villiers het in die Cradock Moederkerk gesing.

Moederkerk, Cradock

Heather Costaras het gepraat oor haar boek How Heather got her HAT’ness back.

Darryl David het ’n onderhoud met Etienne van Heerden gevoer oor sy jongste roman, Die wêreld van Charlie Oeng.

Christa du Plessis het gepraat oor siekte en gestremdheid in die oeuvre van Etienne van Heerden.

Die argitek en erfeniskenner Raymond Smith en die skrywer Lien Botha

Barry Pienaar, lid van Fred van der Vyver se regspan, het gesels oor sy boek Freddie Boy.

Ilze le Roux en Kirby van der Merwe

Kirby van der Merwe het Etienne van Heerden se My Kubaan en sy eie radiodrama Krokodil bespreek.

Kaia van Heerden, Riekie Meintjes, Coenie de Villiers, Barry Pienaar, Wilna Adriaanse en Hanno Reuter

Kirby van der Merwe, Etienne van Heerden, Marsha en Barney Barnes

Op pad na die graf van Olive Schreiner bo-op Buffelshoek: Lien Botha en Raymond Smith

Voor: Etienne van Heerden, Hanno en Luca Reuter. Agter: Ingo, Sabine en Ilse Reuter

Die uitsig

Van die besoekers by die veldsoirée

Die romanskrywers Wilna Adriaanse, Etienne van Heerden en Lien Botha by Olive Schreiner se graf

Darryl David, Etienne van Heerden en Kirby van der Merwe

Die Visriviervallei in die agtergrond

Terug na Buffelshoek Dirosie Lodge

Darryl David het oor sy boek Church Tourism in South Africa gesels.

Huisgenoot se HG100-liefdesverhaalkompetisie se medewenner, Irma de Klerk, het oor haar ervaring as beginner-skrywer kom praat.

Lien Botha: “Die (skryf)wêreld is ons woning.”

Lien Botha oorhandig die Orde van die Windpomp aan Darryl David as blyk van waardering vir sy harde werk as organiseerder van landswye skrywersfeeste.

Wilna Adriaanse gesels oor haar romans Dubbelspel en Eindspel.

Heather Costaras

HemelBesem in aksie

Clinton du Plessis het sy nuwe digbundel, Aantekeninge teen die skemeruur, bekendgestel.

Buffelshoek Dirosie Lodge, distrik Cradock

Sjerrie en biltong, met die Visriviervallei, waaroor Etienne van Heerden in romans soos Die wêreld van Charlie Oeng en Kikoejoe skryf, in die agtergrond.

Op Buffelshoek se bakkies

Darryl David en Dirkie Visser, eienaar van Buffelshoek Dirosie Lodge

  • 3

Kommentaar

  • Wow - amazing pictures the talented Amy Coetzer! What an incredible Festival thank you for organising Darryl David and giving us your goodwill and name, Etienne van Heerden, you are the kindest famous person I know!

  • Rita Gilfillan

    Dit lyk idillies mooi; die landskap wat strek sover soos 'n mens kan sien. En dan die groepie groot geeste saam, biltong en sjerrie genietend! Darryl, jy is darem maar 'n doring. Jy verdien om geslaan te wees as Ridder van die Orde van die Windpomp. Baie dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top