Eisch!

  • 13

Geloof, hoop en liefde het baie geld nodig.

 

  • 13

Kommentaar

  • Beste Angus,

    Nee man, ek't die ys toe op my bedkassie uitgegooi, maar toe kry ek net 'n 100 Zim-dollar noot in my beursie. Met die besef dat dié ding nie vir my gaan werk nie, gooi ek toe maar al die ysblokkies in 'n bierglas en vul dit op met Klip en Coke. Nou het ek 'n moerske kopseer ... en nog steeds al my moeilikheid! Eintlik nou méér moeilikheid, want my vrou is ook nou kwaad vir my.
    Eishlike groete
    Dirk

  • Geloof, hoop en liefde is pasella, (geskenk) is net die pastor en Nkandla waarvoor hulle baie vra he-he.

  • Hierdie is blykbaar 'n grap - die priesteres het gesê sy toets die mense se liggelowigheid. So hoor ek.

  • FC, Ons dominee vra nogal heelwat vir geloof, hoop en liefde. My R1000 bydrae p m word met taamlik prominente neusoptrekkerigheid aanskou.

    • Beste Angus
      Waarom dra jy by tot iets waarin jy tog by herhaling gesê het jy nie glo nie? Sê totsiens
      aan die dominee en skenk jou geld aan 'n liefdadigheidsorganisasie, of dalk aan AfriForum vir die bevordering van Afrikaans.

  • Beste Dirk,
    Klip en Coke moet jy voor oppas, dit gee jou net dronkverdriet. Probeer liewer Blue Label en suiwer water, dan het jy net een bekommernis en dis oor jou beursie so leeg is. Gelukkig darem nie 'n moerske kopseer nie.
    Groete,
    Angus

  • Ek sien geen humor in die video nie. Ek sien dit as gemik op gelowiges in die algemeen. Een persoon, die dame probeer 'n bespotting maak van die bydraes wat gemeentelede maak, en word dit voorgehou dat jy met geldelike bydraes moontlik gered kan word. Uiters swak smaak.

  • Beste Reusedwerg,
    Noudat jy daarvan praat, ek sien ook geen humor in die video nie. Ek dink die dominee is ernstig. As jy nie geld het nie, mag jy nie kerk toe kom nie, finish en klaar.
    Groete,
    Angus

  • Angus, ja wat dit is soos jy daar sê. Ek hoop en neem aan jy is gelukkig en tevrede in jou eie vel. Glo nie iemand wil dit nie vir jou gun nie. Leef jou lewe soos jy wil. Niemand het die reg om jou te veroordeel nie. Hoop dit gaan goed met jou. Bly weg van die Kerk en gelowiges. Ons kan vir jou niks doen nie, nie dat ons nie wil nie. Mooi loop.

  • Beste Reusedwerg,
    Dankie vir jou goeie wense. Soos jy daar sê, met my gaan dit punt in die wind, dankie. Ek is net effens bekommerd oor die "ons" as jy sê "Ons kan niks vir jou doen nie, nie dat ons nie wil nie." Wie is die "ons" en hoeveel onse het jy op 'n pond? Is dit dalk die dominees en broeders ouderlinge wat wil hê dat ek my moet bekeer? (Waarvan, wonder ek altyd.) Is die "ons" dalk die wagtorings wat gereeld buite my hek staan en vra om in te kom sodat hulle vir my kan vertel dat ek my moet bekeer? (Waarvan, wonder ek altyd.) of is die "ons" dalk George Orwell se Big Brother wat my beloer en met die geringste oortreding, my geelkamertjie toe gaan stuur? Daarom loop ek maar mooi!
    Groete,
    Angus

  • Angus, mooi man. Elke ou het mos maar sy eie dingetjies in die lewe. Ek glo mos aan die spoke en sjeeste soos julle manne dit mos noem. Gelukkig djaag hulle my nie en ek lê nie wakker oor hulle nie. Daar is niks wat my pla innie lewe in nie. Soos almal deesdae askies vra vir mekaar, vra ek namens die manne van die torings en die getuies groot askies oorlat hulle jou pla. Hulle doen maar net hul "werk" en wil dit graag wat hulle ervaar met jou deel. Jy "glo" mos nie aan die hel (warmplek/deibel se huis) nie. Maar dit was nog ongemaklik die afgelope paar dae hier in ons dorp. Ek het "sunblock" op die polonie moes sit wat ek gedraai het. Mooi loop.

  • Beste Reusedwerg,
    Dit lyk my jy het toe die polonie met die sunblock om geëet, daarom sien jy spoke.
    Jy hoef nie verskoning te vra vir die wagtorings nie, ek behandel hulle deesdae goed as hulle kom aanklop. Wat my die josie inmaak, is dat hulle beskermhere, of priesters, of wat hulle ook al genoem word, ry daar in Amerika duur motors rond, bly in paleise, en vertel die miljoene armsaliges wat straat-op en straat-af loop, dat Watchtower 'n organisasie is sonder winsbejag. Hulle lieg, want dis een van die rykste organisasies in Amerika. So twee weke terug kom hier 'n vrou met haar dogtertjie aan om my te vertel hoe sondig en op die verkeerde pad ek is. Ek nooi hulle in, want as die kwik op 37°C in Durban staan, is dit vrek warm. Die vrou het drie koppies tee gedrink, terwyl die dogtertjie haarself amper verdrink het aan die lemoensap. Toe ek haar vra waarom hulle hulle so moor in die bloedige hitte, was die antwoord dat hulle dit vir Jesus doen. (Sonder betaling.)
    Groete
    Angus

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top