Einstein-kompetisie: Wenners

  • 2

LitNet Akademies kondig hiermee die drie wenners van die Einstein-kompetisie aan.

Die algehele wenner van die kompetisie is Anneke Schoeman, ’n entomologie-honneursstudent aan die Universiteit van Pretoria. Haar inskrywing het skoonskip gemaak met stemme deur al sewe beoordelaars. Die tweede prys is toegeken aan Wynand Goosen, ’n TB-navorser aan die Universiteit Stellenbosch, en die derde prys aan Theunis Smit, ’n doktorsgraadstudent in plantproduksie aan die Universiteit van Pretoria.

 

anneke_weninskrywing.jpg Anneke Schoeman
Eerste Prys: R10 000

Ek is 'n entoesiastiese entomoloog wat daarin belangstel om die velde van natuurwetenskap en die lettere met mekaar te versoen. 

Tans is ek by die Miskruiernavorsingsgroep van die Universiteit van Pretoria besig met my honneursprojek oor die spesiasie van miskruiers op grond van hulle chemiese ekologie terwyl ek deeltyds ook by Tukkies tale studeer. Dit is my droom om eendag my wetenskaplike en taalkennis saam te smelt en aan te wend om 'n belangstelling in en liefde vir die wondere van die natuur by Jan Alleman te kweek.

Vir meer inligting rakende my navorsing en dié van my mededierkundiges, besoek gerus ons departementele webwerf.

Lees ook: 
• Die liefdeslewe van miskruiers: V&A met Einstein-kompetisie-wenner Anneke Schoeman  
• Einstein-kompetisie-foto’s: Miskruiervang in die mis 
• Einstein-kompetisie-inskrywing: Anneke Schoeman 

 

wynand_weninskrywing Wynand Goosen
Tweede Prys: R5 000

Wynand is 27 jaar oud en in die finale jaar van sy doktorsgraad. Gedurende sy studies het hy beduidende bydraes tot TB-navorsing in grootwild gelewer. Hy het sy meestersgraad opgegradeer na 'n doktorsgraad en is die hoofskrywer van etlike publikasies:

Lees ook: 
• Van mens tot dier: V&A met Einstein-kompetisie-wenner Wynand Goosen  
• Einstein-kompetisie-inskrywing:
Wynand Goosen  
• Wynand Goosen: Publikasies 

 

 

 

theunis_weninskrywing.jpg Theunis Smit
Derde Prys: R2 000

Ek is 'n doktorsgraadstudent aan die Universiteit van Pretoria en my studies aan die universiteit behoort my vir ongeveer drie jaar besig te hou, maar my passie vir navorsing sal altyd uitgeleef word.

Ek is ook 'n tegniese adviseur vir makadamiaboere in die Laeveld en in KwaZulu-Natal, wat my die geleentheid bied om navorsing te doen wat werklik bydra tot landbou en wat nie net daarop gemik is om in 'n mooi gedrukte proefskrif op my ma se koffietafel te wees nie.

Ek is ook die alleeneienaar van 'n agterplaas-spekboomplantasie wat tot dusver nog geen spek opgelewer het nie. In my vrye tyd probeer ek uitvind hoekom nie ...  

Lees ook: 
• Onder die makadamiabome: V&A met Einstein-kompetisie-wenner Theunis Smit  
• Einstein-kompetisie-inskrywing: Theunis Smit  

Klik hier vir nog inligting oor Suid-Afrika se jong Einsteins. 

 

LitNet Akademies 

Die LitNet Akademies-beoordelaarspaneel het die kortlys van 30 inskrywings op grond van helderheid, gehalte, formulering asook kreatiewe aanbieding beoordeel. Etienne van Heerden, hoofredakteur van LitNet Akademies, het gesê dat dit lekker was om te sien hoe jong navorsers hul belangstellingsvelde verken en boonop in staat is om hul navorsingswerk vindingryk op te som:

Die wye spektrum (van regskwessies tot biologiese verskynsels tot geskiedenis) wat jongmense bekyk, beeld mooi uit hoedat elke generasie die grense van kennis versit. Vir my as beoordelaar was Anneke Schoeman se studie van miskruiers se geflikflooi ook die gunsteling. Baie geluk aan die wenners en dankie aan al die deelnemers. Ons hou duim vas vir ons jong navorsers.

Ontmoet die beoordelaars van die Einstein-kompetisie:

Etienne van Heerden, hoofredakteur
Naomi Bruwer, redaksionele bestuurder
Francis Galloway, Geesteswetenskappe-redakteur
Pieter GR de Villiers, Godsdienswetenskappe-redakteur
Estelle Kruger, Opvoedkunde-redakteur
Dirk Laurie, Natuurwetenskappe-redakteur
Johann Neethling, Regte-redakteur 

Ontmoet die Einstein-kompetisie-span:  

Imke van Heerden, konsep, projekbestuur en produksie
Nicky Grieshaber, taaladviseur    

la600einstein

 

  • 2

Kommentaar

  • Welgedaan! Die lof kom die jeug toe.
    Elke wenner se goeie, duidelike, Afrikaans was lekker en maklik om te lees en te verstaan waarmee hulle, hulle self besig hou.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top