- Lees hier inskrywings II, inskrywings III en bekendes se inskrywings (IV).
LitNet vra: Wat is die Afrikaanse woord van 2017? Waaraan laat hierdie jaar jou dink? Watter woord vang die tydsgees vas? Hier onder is sommige van ons lesers se eerste inskrywings.
- Indien die woord van die jaar deur meer as een persoon ingeskryf is, sal die wenner deur middel van ’n gelukstrekking bepaal word.
- Slegs inskrywings wat per e-pos ontvang word, sal in aanmerking kom.
- Inskrywings in kommentare op die sosiale media en LitNet sal nie oorweeg word nie.
rommelstatus ‒ Rudie van Rensburg
Bitcoin ‒ Barend van der Merwe
waterbeperkings ‒ Candice Jantjies
protes ‒ Sidney Gilroy
plaasmoorde ‒ Louise Viljoen
leierskapkrisis, ANC-kongres ‒ Mana Wessels
biodiversiteit, korrupsie, rommel ‒ Sunita Keyser
Rommel verwys na:
- Swak dienslewering by munisipaliteite waar vullisverwydering nie na wense is nie. Ook na die rommelstrooiing tydens betogings.
- Rommelstatus wat die stand van die ekonomie vanaf die graderingsagentskappe verwerf het.
- Die droogte waarin almal verlang dat die weer moet rommel.
nogals (van wanneer af ’n woord?) ‒ Magdaleen Meyer
apartheid ‒ Emmelene Veldman
Gupta, Zuma, droogte, Swart (Maandag/Vrydag/apartheid), plaasmoorde ‒ Marlené Veldman
plaasmoorde ‒ Christo Meyer
Zupta, plaasmoord, witmonopoliekapitaal ‒ Aveli Keyser
plaasbesetting ‒ Nandi Lessing-Venter
fopnuus ‒ Zandra Bezuidenhout
geaffronteerd ("deeply offended") ‒ Riette Roos
fopnuus ‒ Pieter Hugo
droogte ‒ Tertia van Rooyen
mosie van wantroue ‒ Keanen Engel
witmonopoliekapitaal ‒ Hélène van Wyk
fopnuus ‒ Elizabeth Hentschel
aweh, jô ‒ Dudley Cato
plaasmoorde ‒ Driekie Stander
fopnuus ‒ Adele Vorster
fopnuus, kaderontplooiing, patronaatskap ‒ Koos Holtzhausen
fopnuus ‒ Gustaf Claassens
waterbeperkings ‒ June Edwards
glyhek, vir elektriese motorhek ‒ Susanne Jordaan
hofbevel ‒ Stoffel Cilliers
weerstand ‒ Christine Stoman
rommelstatus ‒ Lita Renney
Kommentaar
Flatervrye-flop!
#genoegisgenoeg#
Groei
Staatskaping
Warboel
Jip mense lyk vir my mense is 'gatvol' vir 2017.
cliché
(finansiële ineenstorting)
(Sy besigheid het) Gesteinhoff
liegnuus
Chaos
vervlietend
Beste een sover: My besigheid het gesteinhoff!
Beroeringe (op elke vlak)
Hoop! Ten spyte van ...
Springbokrugby
Nou ja ... fopnuus is mos voor die hand liggend!