Eerste 2013 uitdaging vir Kobus de Klerk

  • 7

Ek lê nog en geniet die laaste paar dae vakansie maar ek sien die Sê is hoeka aan die gang. Sommer so met die intrapslag sien ek ons spul agnostici word deur 2012 se Mamparra van die jaar aangevat wat my noop om sommer in my eerste skrywe vir Kobus daardie vragie weer te vra wat hy die hele 2012 geweier het om te beantwoord:

Kobus sê tog nou vir ons watter universiteit bied hulle biologiese wetenskappe aan met kreasionisme as basis. Kan jy ook vir ons sê hoekom Oxford, Cambridge, Harvard en al Suid-Afrika se universiteite dit nié doen nie? Is almal dan verkeerd en net jy en is reg?

Net soos Leon Retief hou ek nie my asem op in afwagting op jou antwoord nie.

Thomas

  • 7

Kommentaar

  • Louis Rudolph

    Thomas ek antwoord jou sommer.

    Toe die universiteite gestig was in 1167, 1231 en 1636   was dit Christelike universiteite wat die skeppingsleer verkondig  het. Ironies dat Harvard se leuse is "Veritas" wat  Waarheid beteken. Tragies dat hulle die waarheid veruil het vir ’n leuen.

    Dit geld ook vir al die universiteite in Suid Afrika, waar die "waarheid" plek gemaak het vir die leuen. Rom 1:25. Gaan lees asb. 2 Tim.3:1 - 5 en dit sal net erger word.

    My vraag: as 5 miljoen mense Hitler aangehang het maak dit  Hitler se optrede reg?

    Groete

    Louis

  • Chris Dippenaar

    Louis, twee goeie wenke vir jou:

    1. Bybelversies wat dreig met die hel en aanbeveel dat jy jou oë toeknyp oortuig nie die ongelowige nie.

    2. Verwysings na Hitler is ’n goedkoop manier om die gesprek te probeer vergiftig. Dit is nie naastenby so effektief as wat jy dalk dink nie.

  • Francois

    Kobus het seker só oor sy stilswye besluit: hy kan stilbly en die Sê se lesers sal almal dink hy is ’n swaap of hy kan reageer en alle twyfel uit die weg ruim.

    Stilbly is inderdaad ’n veelseggende antwoord.

    Thomas

  • Louis

    Nou hoe het die universiteite so saam saam besluit om dieselfde leuen aan te hang – die moeder van alle samesweringsteorieë?

    Sovêr ek Mein Kampf gelees het was baie van Adolf Hitler se idees deur sy godsdienstige oortuigings geïnspireer (hy was ’n Roomskatolieke Christen).

    Groetnis

    Thomas

  • François Verster

    Dit verstom mens dat iemand kan dink hy kan ’n ongelowige oortuig deur middel van Bybelverse. Wat verstaan hulle nie aangaande die konsep van "as ek nie in ’n god glo nie, ek ook nie in die betrokke religie se handboek glo nie?" Ek veronderstel dit wys maar net die vlak van indoktrinasie – jy vra nie, jy dink nie, jy weet nie ... en dit herinner my aan die hoender-en-eier "vraagstuk." As mens evolusie aanvaar, is dit duidelik dat diere (insluitende voels) wat vandag via eiers gebore word, eers anders gebore is – soos akkedis-tipes waar sommiges in eiers uit die moederliggaam kom en ander wel nie. Aanpassing dus om een of ander waarskynlik omgewingsverwante rede. Aanvaar jy egter Kreasionisme, wonder jy wie die eerste eier dan uitgetjorts en uitgebroei het – was daar toe al broeikaste? Of het die engele dit joppie behartig?

    En van Hitler gepraat: waar was God toe Sy volk so mishandel was? Is sulke lyding nodig? As God dan almagtig en alsiende is, hoekom dit toelaat? En al die lyding van al die eeue? Hoekom?Dis mos onbeskryflike wreedheid – waar's die liefde?

    Maar nee, gaan dit goed, is dit God se genade. Gaan dit sleg, het Hy niks daarmee te make nie. Praat van ontkenning – dis mos skoon skisofrenies!

    Al wat ek van Cobus kan se is dat hy en Hans Richardt twee van die onnoselste EN selfbelangrikste skepsels is wat al uitgebroei is.

    Amen ...

     

  • Chris Dippenaar

    Francois, die hele Hitler/Stalin-storie en hoe hulle kastig die sekulêre en ateïstiese lewensuitkyk verteenwoordig demonstreer maar net die intellektuele oneerlikheid waartoe die fundamentalis in staat is. Selfs net ’n oppervlakkige kennis van die geskiedenis maak dit duidelik dat, alhoewel gekant teen Christendom, hierdie twee here hulle rolle vertolk het as hoë priesters en ideologies nie veel verskil het van godsdiens nie. Dit was nog altyd so dat fanatiese groepe, Christene, Moslems, Nazis, ens. meer in gemeen het as verskille. Dit waarvoor hulle polities streef en die metodes wat hulle gebruik om dit te bewerkstellig is geneig om enige verskille te oordonder. Die hoof bestandeel is altyd ’n 'waarheid' wat onkunde in in alles wat nie pas daarby vereis. Iemand soos Kobus het veel meer in gemeen met Hitler/Stalin as met gematigde Christene. Die verskille tussen sekulêre ateïstiste en gematigde Christene is ook baie kleiner, en selfs onbelangrik, as hierdie twee groepe saam vergelyk word met fanatiese fundamentaliste. Iemand soos Louis is vasgevang in ’n moeras vanwaar hy nie besef hoe oneties en oneerlik sy lewensuitkyk is nie. Ek voel effens jammer vir sy soort.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top