donk’rwerk

  • 0

konk’lwerk, dié g’knoei, korrupzie,
Blou Maandag-drinker nog tipzie,
sewe dae ’n week demoonboos,
God-loos, sjatan se vuil kroos

erken niemand “Duiwelspiek”-dissip’skap,
eerlikwaar, duist’r, Millennium Drie Mens,
g’wet’nloos, sonn’r G’wete, ontkennend,
agteragterkind, v’n Homo, o-my-Sapiens

slawe van kapitaal se leuenfabriek,
ing’boek by sjatan, sjy papsakrazzi,
modern Afrikaan, erger as amaNazi,
via “ras”, “klas”, b’skinn’r, ing’briek

sal Mens mooi moet check, 2013,
Self Sélf b’sef, díé’s mos onv’rdien

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top