dis maar stukkies wat ek

  • 0

dis maar stukkies wat ek onthou,  Mamma, brokkies
van melodieë wat nou deur die rekenaar se sprekers
vloei maar toe Sondae om ons oor die tafel  met sy gebraaide hoender rys aartappel en groente
geweef  het  jou krom vingers toe jy kleingetrek op die bed gekrul  het twee dae voor 
die tyd  jy het ons kougom vir ons sag gekou, Ma
onthou jy? by die swembad waar ons in die middel van die Oos-Transvaal leer swem het terwyl
ons saans die kinders van die far away tree gevolg het op teen die towerboom op en elke aand
‘n nuwe land  kon droom
vandag huil ek nie net oor jou nie, Ma
maar oor almal wat vandag op hierdie dag se koue honger dwaal
die maer mans wat ek soggens langs die pad sien lag ten spyte van
die wegkyk oë van jong Clayton vandag
hy het sy werk verloor – miskien so ‘n maand gelede - wat éét hulle tussenin
nie korrupsie nie, Ma, maar koue honger honde wat dwalend soek mense wat in swart sakke
gebukkend hurkend krap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top