Die werker

Met sy kosblik soos ’n Bybel onder sy arm
wag die werker in die oggendskemer

Die bus
’n skuiwende blok lig vol sussende koppe
hou sissend stil

Sluk hom in en voer hom weg
na waar hy ’n skakel is
in ’n ketting
’n rat in ’n masjien
om ’n lewe te verdien

Smiddae word hy moeg
uitgespoeg

Toe op ’n dag
het hulle hom stank vir dank afgedank
met by die huis
net ’n stilte
wat om hom suis

Dié aand
glip hy geluidloos
langs haar in
rus sy hand
op waar die lewe in haar swel

Môre sal hy haar vertel
hulle is op die randjie van die hel

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top