Die wenner van kykNET se eerste Koekedoor-reeks

kykNET se eerste realiteitsbakprogram, Koekedoor, losweg gebaseer op die BBC se Great British Bake Off, is verby. Die laaste uitsending van die program was op 4 Junie 2015.

Mareli Visser is aangewys as die eerste Koekedoor.

Die reeks is vooraf opgeneem, maar die media en alle deelnemers aan die program is genooi om 'n spesiale geleentheid in die Bo-Kaap by te woon, waartydens die laaste episode uitgesaai is.

Daar was vonkelwyn met die intrapslag. En ook heerlike eetgoed.

Deelnemers, beoordelaars en almal wat die geleentheid bygewoon het, het mekaar ontmoet.

Almal is na binne genooi om 'n ete saam te geniet.

Binne die restaurant het daar opnames geskied vir kykNET se Bravo-program.

Bedankingswoorde aan die borge is gespreek. Al die vorige deelnemers aan Koekedoor is vorentoe geroep om elk geluk te wens met hul onderskeie prestasies.

Daarna het die gehoor saam na die laaste episode gekyk. Daar is tydens die uitsending heelwat gelag en asem opgehou oor wie sou wen.

Die uitslag was vir almal geheim gehou.

Die naaswenner was Martjie Malan.

Mareli Visser is aangewys as wenner.

Sy het haar pryse by die geleentheid ontvang: R200 000, ’n splinternuwe Honda Ballade Elegance CVT-motor en haar eie bakboek by Human & Rousseau.

Foto's: Johan du Preez

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top