Die Waarheid en die leuen wat as waarheid paradeer

  • 2

Cornelius haal uit die Woord aan, maar soos gebruiklik by hom, om sy eie religieuse pluralistiese sinkretistiese leuen mee te verdoesel. Religieuse pluralisme en sinkretisme word al van die begin af deur God verbied en bestraf – Sefanja 1:4-6. Dit is presies wat Cornelius ook doen - hy sweer met ’n erg besoedelde siel by die Naam van die HERE én by die name van al die hedendaagse milkoms en molechs en ander wêreldse afgode. Dit is vir die HERE ’n gruwel en ’n verwerplikheid, soos uitdruklik uit die Woord blyk, omdat die assosiasie van SY Heilige Naam saam met die drekgode (dink maar aan die talle hindoeïstiese afgode, byvoorbeeld) van afvallige mense, die Heiligheid van SY Naam besoedel.

Vir die dwaalleer verkondigers soos Cornelius, wat geen persoonlike ervaring van God het nie, is dit belangrik om te beweer dat die mens God nie werklik kan ken nie. Want, as mense dié leuen glo, dan sal hulle vir hulle ‘’n eie waarheid fabriseer en ’n eie god versin – soos wat Cornelius doen, byvoorbeeld. Dit is tekenend van ’n wêreldse religieuse relativisme wat sy oorsprong het in die vedanta hindoeïsme wat ’n metafisiese pluralisme voorstel. Die enigste verskil met baie ander sulke spirituele leuenaars wat dieselfde doen, is dat Cornelius die produk van die leuens, die selfversinde god, verkondig onder die Heilige Naam van die HERE Jesus Christus en só die HERE se Heilige Naam belaster, terwyl ander van hulle allerlei verskillende ander name vir hulle selfversinde gode uitdink. Daarmee mislei Cornelius baie slu ’n paar Christene wat onverhoeds gevang word met sy kwistige misbruik van die HERE se Naam en Woord.

Cornelius beweer dat niemand God kan ken, nie. Hy gebruik kwistig die Naam van die HERE Jesus Christus in Wie se Heilige Naam hy dié dwalinge verkondig, maar die einste HERE Jesus leer ons die teenoorgestelde, naamlik “27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.” – Mattheus 11. Die HERE Self openbaar dus kennis van God een die ware gelowige. Sien ook Johannes 10:14. Dit is dus die HERE Jesus Wie aan ons die ware God en Vader openbaar en dié het HY uitdruklik gedoen. Dit is dus net die ware gelowiges wie die HERE ken, wie uit opregte geloof dié openbaringe ontvang en dit is ook waarom die ketters en ongelowiges, soos Cornelius, sal sê dat mens God nooit kan ken, nie. Die HERE Jesus Christus openbaar Homself eksklusief as die énigste Waarheid en Weg na die Vader (Johannes 14:6-7) in direkte teenstelling met wat Cornelius verkondig.

Dan is daar natuurlik die aanhaling uit Kolossense 3 wat Cornelius aanhaal en weereens waninterpreteer om daarmee te probeer om sy sinkretistiese dwaalleer te bolster – verál die woorde “… maar Christus is alles en in almal.” Daarmee wil hy te kenne gee dat alle religieë in die wêreld die beoefening daarvan net om een god gaan, en dié noem hy by die Heilige Naam van die HERE. Maar dit is ’n gevaarlike leuen.

Die Waarheid is dat dié woorde glad nie die betekenis het wat hy valslik daaraan toedig, nie, maar juis die teenoorgestelde omdat dit álle ander oortuigings as wêreldse dwalinge, uitdruklik uitsluit. Hierdie Woord in Kolossense 3 gaan saam met die HERE se Woord in Mattheus 10:32-40, veral 38-40; 16:24 en Lukas 14:26-28 en die Kolossense 3 Woord moet in die lig daarvan verstaan word. Dit dui op ’n verpligting, ’n wedergeborene taak, wat elke wedergebore mens het, welke hom by die innige verhouding met die HERE Jesus Christus uitbring, by die wedergeboorte (Johannes 1:10-14), naamlik “Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, … waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. Maar nou moet julle ook dit alles aflê, … omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper ...”

Dán eers, na die mens dít gedoen het, sal hy nie meer onderling onderskei word deur religieuse kulture tussen volke, rasse ens, nie, want algar wat hulle só aan die HERE Jesus Christus oorgee en wei, is één in die HERE Jesus Christus, ongeag hul herkoms of ras of identiteit vorige afgelegde religieuse kultuur (sien in lg verband weer Kolossense 3:2-3) en vir húlle is die HERE Jesus Christus álles en is HY in hulle algar. Húlle is uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes – sien Kolossense 3:2-12.

Cornelius beweer, tipies van die New Age en die religieuse pluralistiese relativisme, dat alle religieë God dien, dat God Homself uniek in hul onderskeie kulture en kultuur gebruike aan alle nasies openbaar. Wat dit dan eintlik impliseer, is dat God Homself sou wou onderwerp aan die mens se wispelturige kultuurgoed en nie dat die mens kultuurgoed wat strydig met die Goddelike Wil is, moet aflê, nie. Dit is direk strydig met die Eerste Gebod – jy moet die HERE jou God liefhê met jou hele hart, siel en verstand en met al jou krag (Deuteronomium 6:5; Mattheus 22:37). Dit wat Cornelius dus lasterlik onder die Naam van die HERE verkondig, is ’n dodelike leuen en behalwe dat hy dit vir homself versin, is daar geen aansluiting daarvoor in die Woord nie en weerspreek die Woord dit, tewens - want ál die ander religieë word juis onderskei op grond van hulle verloëning van die Waarheid, van die HERE Jesus Christus, die Woord en Seun van God die Vader – Johannes 8:18-19.

Ek wonder of die leuenaar wat dié dwaalleer verkondig, al ooit gedink het wat hy sê – want hy beweer dat dié sogenaamde unieke openbaring van God is, maar die sogenaamde ‘openbaring’ is strydig in bykans elke religie. Wat hy dus insinueer, is die lasterlike leuen dat mense deur die HERE mislei word omtrent Homself, omtrent God, met al die verskillende verloënende, botsende sogenaamde unieke ‘openbaringe’ - byvoorbeeld die hindoe met sy talle afgodsbeelde en verloëning van die HERE Jesus Christus; die mohammedaan met sy openlike verloëning van die Goddelikheid van die HERE Jesus Christus; die verskillende religieë se verloëning van die verlossende kruisdood en opstanding van die HERE Jesus Christus, ens. Dit is ooglopend ’n onhoudbare, flagrante leuen en lastering teen God, teen die HERE Jesus Christus.

Daar is net één Waarheid en net één manier om in die Waarheid te bly en dít word deur die HERE Jesus ondubbelsinnig verduidelik - sien Johannes 8:31-32; 14:6-7. Daarmee verwerp die HERE Jesus ook álle ander religieë wat strydige leringe voorstaan.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 2

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk,  

    Jou haatdraendheid teenoor my en almal wat jou nie eer nie, drup weereens en nogmaals uit jou algemene verbystering rakende die Bybel hierbo. 

    In jou absolute waansin en erge patologiese toestand van narsisme, dring jy jouself nou reeds vir jare lank as die mees gesaghebbende bron in enige vakgebied wat strek van die ginekologie, tot verby fisikusse en wetenskaplikes soos Albert Einstein en Galileo!  

    Ja, dis waar - hoe absurd dit ookal vir sommiges mag lees - veral vir die belangstellendes wat  eers onlangs op die werf aangekom het en wie dalk so maklik is om te fop.

    Kobus, om te dink daar is elke dag 'n nuwe armsalige wat als sal glo wat jy tik en selfs hul beursie daarvoor sal skud, bloot net omdat jy in jou selfverheffing ook sommer daarop aanspraak maak dat jy selfs God in pag het. 

    Jy beaam egter presies dit wat ek reeds elders omtrent jul sogenaamde "ware gelowiges" beskryf het; naamlik dat 'n anderhater en kwasi-gelowige soos jy met jou kamtig  "spirituele intelligensie" en "gawe om te onderskei, gedurig ander wat jou nie eer nie daarmee sal lastig val en probeer neerhaal in 'n desperate, dog minderwaardige poging om jouself te probeer verhef.  

    Siestog.  

    Kobus de Klerk, soos elkeen in menige ander onderwerp dit al op die harde manier geleer het; dis eenvoudig sinneloos om in enige van jou twis betrek te word.  

    Ek het vrede met dit wat jy of enige wil glo of nie - ek bid net dat jy wel eendag dit in jou hart mag vind om 'n ander se hart ook te respekteer.

    Ja Kobus de Klerk, soos ek dit al menigmaal as 'n eenvoudige en afhanklike kind van onse HERE Jesus Christus dit hier uitgeroep het; wie laat jou dink dat jy God is - wie't jou almiskie God gemaak? Wie is jy om 'n ander se hart en geloof (of ongeloof) in jou algemene boewery te probeer veroordeel en neerhaal?

    Nee wat, jou slimmigheid kom duidelik direk uit die Hel - jou rol die uitgediende aanklaer - Satan - voor die Troon van God!

    Nietemin Kobus, ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.    

    Jou amigo in Adam,  

    Cornelius

    ... en o ja, met my diepste medelye en respek teenoor Reeva Steenkamp en haar geliefdes; ek merk dat sy veras is - Kobus de Klerk, het jy hoegenaamd die moed van jou oortuiging om jou laakbare gedweep oor onder meer verassing ook, te herhaal?

  • Kobus de Klerk

    Wat 'n redelose, inhoudlose, niksseggende uitbarsting, so ver verwyderd van die werklikheid. Cornelius. Ons het dit al so gewoond geraak by jou. Jou afguns op my en jou spirituele onbeholpenheid het jou obsessief gemaak en dit is al wat jou uitbarsting vir ons weereens bevestig, soos al soveel keer in die verlede.

    Jy tree op soos een met baie ernstige sielkundige probleme - die spreekwoordelike landmyn wat lê en broei en net wag om op getrap te word. Jou redelose en irrasionele verbale geweld is die aanduiding daarvan.

    Dit sal vir jou opgelos word slegs wanneer jy jou werklik tot die HERE, Wie se Heilige Naam en Woord jy so misbruik en belaster, keer en tot bekering kom. Dit sal ons as ware gelowiges almal tot vreugde wees indien dit sou gebeur.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top