Die VOC as eerste openbare maatskappy met aandele-uitgifte

  • 3

Moderne Nederland het nooit die Kaap die Goeie Hoop gekolonialiseer nie! Dis een argument wat ek sal dryf. Eers toe die sewe Nederlandse provinsies deur die Franse oorgeneem was, was die VOC genasionaliseer as staatseiendom en het Kaapstad 'n kolonie van die Frans Bataafse republiek geword. Twee jaar later was die Kaap Britse kolonie. Maw tot 1800, was Kaap die Goeie Hoop deur 'n maatskappy beheer.

Deur al die feite net van die tafel te vee, is om die feitlike geskiedenis te manipuleer. Daar is GEEN feitlike dokumente dat die sewe Verenigde Nederlandse prinsdomme ooit Kaap die Goeie Hoop as kolonie gehad het nie. 

Sien aangeheg van Google. Ek glo dat dit korrespondeer met rekords in Kasteel ook. Ek weet dis vir propaganda belangrik om hardnekkig te beweer dat Nederland die Kaap gekolonialiseer het. Waarom word dit nie genoem dat hedendaagse New York se een voorstad 'n Hollandse Wes Indiese maatskappy hoofkwartier was nie? Maw, kan jy nou beweer dat Nederland Amerika gekolonialiseer het? 

In SA was daar vele myndorpe, privaat dorpe, wat deur openbare mynmaatskappy bv Anglo-America beheer was. Kan jy nou sommer meer beweer dat Anglo-America SA gekolonialiseer het?

Hans Richardt 

  • 3

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Wat duidelik is, is dat die Hollandse regering nie die kolonialisasie aan Kaap gedoen het nie. Die "goewerneur" was maatskappybestuurder. Die Engelse term "mercenaries" is van beter toepassing met VOC.
    Die Britse goewerneur was 'n politieke regerings-aanstelling.

  • Hans Richardt

    Vir Angus, deel van die verdraaide geskiedenis en verdeelde politieke partye is dat niemand vir hul eie propaganda-agenda, eenvormigheid in geskiedenis of sinvolle politieke doelwitte kan hê nie.
    As SA nie "slegte kolonialisasie geskiedenis" het nie, wat bly oor in SA politiek?

  • Hans Richardt

    Angus, sal VSA politieke ideologie hê sonder Russophobia? Net so min kan SA se kleptokrasie Utopia voortsukkel sonder wit vs swart media-propaganda-agenda.
    Feit is dat as die propaganda-ideologieë nie bestaan nie, werklike sosio-politiese probleme aangespreek MOET word, wat dalk negatiewe gevolge vir geslagte kleptokrate oligarchs sal inhou.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top