Die verskil tussen Kapenaars en Transvalers

  • 26

Ek is op soek na ’n stuk wat geskryf is deur een van die bekende Afrikaanse skrywers oor die (kulturele) verskil tussen Kapenaars en Transvalers.

’n Tydjie gelede was daar ’n voorlesing hieroor op een van die radiostasies maar omdat dit solank gelede was, is dit nou moeilik om op te spoor.

Die voorlesing was ’n hoofstuk uit ’n boek of ’n skets wat geskrywe is deur enigeen van die volgende: Chris Barnard, Hennie Aucamp, PH Nortje of Karel Schoeman …

Sal bly wees as iemand kan help.

Beste groete

François van Zyl

  • 26

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Daar is ook 'n etniese, genetiese verskil tussen Anglikaner uit Kaapkolonie en Boer uit Transvaal, nie net 'n kultuurverskil nie.

    • Francois van Zyl

      Baie dankie Hans. Ek wil graag meer hieroor weet. Waar kan mens die nodige inligting kry asb?
      Intussen het ek ook gewonder waar die Vrystaters hulleself bevind?

      Beste groete

  • Ek ken net die een verskil tussen Kaapse en Transvaalse dames. Waneer die dames hoedens dra en die wind ruk so bietjie, sal die Transvaalse dame die rok vashou. Die Kaapse dame sal die hoed vashou.

  • Ek stel ook belang in hierdie onderwerp en sal ook enige verwysings waardeer. Myns insiens lê de onderskeid egter tussen binnelanders en Kapenaars (soos jy seker kan raai, ek is 'n Vrystater!).

    So terloops, ek het die volgende raakgelees in Hermann Giliomee se outobiografie:

    “The Afrikaans communities have reverted to what they were in the last decades of the nineteenth century ... The people in the south are once again loyal subjects, this time not of the queen and her empire, but of the Anglo-American economic and cultural empire. The northern Afrikaners, with the Solidarity movement at the forefront, have again become citizens like the republicans of yore ….”

    (Ek het die Afrikaanse weergawe gelees, maar haal hierbo uit RW Johnson se resensie van die boek uit want ek het nie die boek tans by my nie. Sien http://www.politicsweb.co.za/opinion/how-we-got-here. Hierdie boek maak indirekte verwysings na die verskille tussen Kapenaars en Noordelikes sover ek kan onthou, maar die onderwerp word nie direk aangespreek nie).

  • Wonder hoekom jy kulturele in ( ) plaas.
    Daar is mos onteenseglik 'n groot verskil.
    Bv. ons stook witblits, hulle mampoer.

  • Hans Richardt

    Die noorde het Hervormde kerk en Gereformeerde kerk gehad.
    In suide was NG (en gee en gee) kerk in Stellenbosch ...
    Ons wil ons tradisies behou, die Kolonie bly polities korrek!

  • Francois van Zyl

    Baie interessant!
    Op 'n syspoor maar tog verwant, daar is natuurlik ook die fenomeen "Atlantisisme" wat dui op die aard van mense wat aan die kus en by hawens bly. Hulle verskil heelwat van die mense in die binneland.
    Terloops, moet sê my ervaring was dat daar ook verskille tussen Vrystaters en Transvalers is, alhoewel beide groepe binnelanders is.

  • Hans Richardt

    François van Zyl, Kaapkolonie het oop gemeenskap gehad onder Britse kolonialisasie vir 'n eeu. Daar was Britse setlaars wat vermeng het.
    Die Trekboere in Transvaal en Oranje Vrystaat was obsessief oor Britse uitlanders. Hul was besig om te ondertrou of het met Hollandse immigrante getrou, solank dit net nie Engelsman was nie!
    Opvallend met ons wat direk uit ou Trekboer gene is, is gesigslyne.
    Gesigslyne in families, is byna soos vingerafdrukke en dan ore ...
    Die Kolonialers het dus wyer genepoel as Trekboere se afstammelinge.
    Die karaktereienskap van verset teen verandering, hardekoppe, is nog kenmerk wat uitstaan.
    Dit beteken nie dat Kolonialers beste gene gekry het nie. Swak gene onder Trekboere het bloot nie oorleef nie, agv swak mediese sorg. Dus, net die beste/sterkste gene het oorleef, omdat hul natuurlike weerstand teen bv kindersiektes opgebou het.
    Die Britse dokters het bv opgemerk oor wondhantering, dat as die wond verbind was, dit beter was om dit toe te los tot dit genees.
    Rede, die droë klimaat het minder bakterieë en kieme gehad. Elke keer wat jy wond oopmaak, stel mens dit bloot aan infeksie.
    Dis nog praktyk in hospitale deesdae, om infeksie te beheer.
    Jy moet die ding benader op vier vlakke
    Sosiaal
    Ekonomie
    Politiek
    Militêr
    Die gewone burger het meer verantwoordelikheid gehad in ou ZAR vir sy eie welvaart, terwyl kolonie baie wette gehad het. Daar was tot bv 1899 geen wette of regulasies in ZAR om mee te polisieer en daar was geen salaris vir ZARPs. Die 10 gebooie ...
    Met gereelde Militêre optredes teen Inheemse bevolkings, was burgers van ZAR meer militêr ingestel, vat die roer Boer? Tussen Bybel en geweer...
    Afsondering het tog invloed op gene?
    Die probleem is, na repatriasie van krygsgevangenes en kamp weduwees, het baie met uitlanders vermeng.
    Bv my oumagrootjies was direkte kleinkinders van Trekboere.

  • Hans Richardt

    François van Zyl, as jy bv ook skryf dat Nederland Kaap gekolonialiseer het in 1652, dan is alles nie feitlik nie. Die VOC was eerste gelyste aandelebeurs-privaatmaatskappy in wêreld. Nederland het eers na 1836 amptelik ontstaan. Daar was lae lande vs res in Holland, Vlaandere en deel van Frankryk. Brittanje het Huis van Oranje as koningshuis aangewys na 1836 vir Verenigde Nederland. Die VOC het vanaf Hanseatiese eiland maatskappy-hoofkwartier, Texel, geopereer.
    Nuanse-verskille om geskiedenis politiek korrek te maak, maak dit nie feitlik nie.

  • Tussen olifant en mens is daar genetiese verskille, so ook tussen mens en bobbejaan. Tussen mens en mens is daar geen genetiese verskille nie, of die een swart is en die ander wit, en of die een skewe oë het en die ander nie. Etniese verskille lê in die chromosoom. Alle mense, rasse, klasse, hoort tot dieselfde spesie, nl Homo sapiens.

    • Dit is nie waar dat daar geen genetiese verskille tussen mens en mens is nie. Ons het almal wel gene vir dieselfde eienskappe, maar die spesifieke geen vir 'n bepaalde eienskap verskil van mens tot mens. Bv oogkleur - elkeen het 'n geen vir oogkleur maar een mens het 'n geen vir blou oogkleur, 'n ander een 'n geen vir groen.
      Dus het elke mens 'n unieke genetiese profiel (behalwe vir identiese tweelinge), soortgelyk aan 'n vingerafdruk. Om hierdie rede kan DNA gebruik word om bv te bepaal dat 'n persoon betrokke was by 'n misdaad, omdat dit hom/haar uniek identifiseer.
      Verder is dit ook so dat daar omgewingsdruk is verantwoordelik vir seleksie van sekere gene. Bv bruin oogkleur mag meer voordelig wees vir oorlewing as blou. Op hierdie manier kan dit gebeur dat populasies van mekaar begin verskil in terme van die voorkoms van die daardie spesifieke geen wat aan 'n populasie 'n voordeel mag gee. Introuery veroorsaak ook dat families se spesifieke gene 'n hoë graad van ooreenstemming begin toon, omdat dit nie aangevul word met gene anders as die van eie familielede nie.
      Die verskille tussen species is agv die feit dat die eienskappe waarvoor die DNA geprogrammeer is, verskil. Dus het hulle ander chromosoomtellings en ander gene op daardie chromosome. Maar selfs met verskillende spesies is die boustene van hulle DNA dieselfde en is die grootste meerderheid van die gene dieselfde. Daarom word proewe met medisynes bv eers op ander diere soos rotte en ape getoets voordat toetse op mense gedoen word.

  • Hans Richardt

    Angus, as ons hierdie dom redenasie gebruik dat almal se bloed rooi is, waarom is dit nie moontlik om beenmurg net te skenk nie?

  • Hans Richardt

    François van Zyl, ek dink die sterkste gene het oorleef in ABO, terwyl daar in Kaapkolonie nooit so sifting was nie.

  • Beste Angus,
    Dankie tog vir die regstelling ivm die genetika. Insgelyks is daar ook geen etniese verskille tussen (wit) kolonialers en binnelanders nie.
    Groete,
    Dirk

  • Stem saam Angus. Ons is almal dieselfde. Die Kapenaars het net ander gewoontes of tradisies. Dit is ook dat die mense by die kus meer "ontspanne" is. Ek dink die Kapenaars was net lui vir die Groot Trek. Neem hulle nie eintlik kwalik nie.

  • Francois van Zyl

    Dankie sover vir die kommentare. Lyk vir my asof dit 'n uitgebreide studie op sigself is.
    Die stuk waarna ek soek het ook humoristiese aspekte bevat.
    As iemand miskien eendag so iets vind, lig my asb in.

  • Hans Richardt

    François van Zyl, ek dink jy het die belangrikste punte self aangeraak:
    - Kaapkolonie het invloed van buitelandse reisigers gehad vanaf 1838 tot 1900, meer as Transvaal en Vrystaat, waar genepoel basies gekrimp het agv ondertrouery.
    - Die konsentrasiekampe het sifting gedoen, met sterkste gene wat oorleef het, wat nie in Kaapkolonie gebeur het nie.
    Dan, as beenmurg oorsprong is van rooi bloedselle, daar geen genetiese verskille is nie en skynbaar ook nie unieke bloedgroepe vir etniese groepe, dan kan ons mos net links en regs skenkers wees hier in SA? Hierdie geykte politieke korrektheid-ideologie-argument, dra nie werklik veel waarde nie.

  • Hans,
    Lees weer: ek het niks van rooi bloed gesê nie. Ek het gesê alle mense is geneties dieselfde. Alle soogdiere het rooi bloed, maar verskil geneties van mekaar. Natuurlik kan jy 'n skenker word van beenmurg, net soos jy ander organe kan skenk. As jy aan enige bloedsiekte ly, kan jy nie skenk nie, maar bloedkanker verander nie jou genetiese samestelling nie.

  • Francois van Zyl

    Net 'n regstelling, ek het heel aan die begin swak gekommunikeer deur te sê "ek wil graag meer hiervan weet". Dit het gevolg op Hans se opmerking dat daar meer as net kultuurverskille is en dat daar ook etniese en rasverskille is. Dus het ek die indruk gelaat dat ek meer wou weet oor die etniese en rasverskille. My apologie. Het eintlik bedoel ek wou meer weet oor die hele spektrum sosiaal, ekonomie, politiek en militêr... Ek wil nie graag 'n debat oor ras en gene ontketen nie. Ek weet dat oa Langenhoven en Hermann Giliomee hieroor geskryf het maar die betrokke stuk waarna ek soek is seker in die laaste 20/30 jaar geskryf deur een van die bekende Afrikaanse skrywers, taamlik tong in die kies maar by tye ook ernstig. Ongelukkig weet ek nie watter skrywer dit was nie, ook nie in watter boek dit gepubliseer is nie. Wat ek wel weet is dat dit 'n soort van 'n skets was of 'n vertelling in een van die hoofstukke van die betrokke boek.

  • Hans Richardt

    François Van Zyl, kom ek noem nou een interessante verskil tussen Kapenaars en Transvalers, nl dieselfde tyd wat Die Patriot in Paarl die lig sien, kry President Frederick Burgers dieselfde drukkers om soortgelyke koerant in Transvaal te begin, Die Volkstem.
    Waar die Kaapse Die Patriot deur Engelse media geamalgameer was, het Die Volkstem net ophou verskyn as Afrikaans -Nederlandse koerant, na Britse anneksasie.
    Die Volkstem het na ABO voortbestaan en ook begin om die ou Huisgenoot uit te gee.
    Die Volkstem het Het Volk politieke party help begin na ABO vir Transvalers, wat eerste werklike Afrikaner politieke party was, met Louis Botha as partyleier. Die Volkstem was basies die stigter en begin van die Afrikaanse media in die ou Unie. Daarteenoor was die Die Patriot 'n plaaslike streekskoerantjie, in Verengelsde omgewing.

  • Hans Richardt

    François van Zyl, Die Volkstem het ook Jan Smuts se Verenigde Party se amptelike mondstuk geword en in 1949 hou die koerant op met bestaan. Die nuwe Afrikaanse pers was toe die amptelike mondstuk van Kaapse NP. Interessant ook dat partleiers van NP destyds uit Stellenbosch gekom het ...

  • Marietjie Luyt

    Ek het in die ou Transvaal groot geword maar my pa was 'n Vrystater en my ma 'n Paarliet.

    In my ondervinding is baie Vrystaters mense met inbors: ietwat ingetoë maar hoflik, hardwerkend,ondernemend dog wellewend, belese, gesteld op die kunste, nederig. En, veral in plekke soos Bloemfontein, lief vir "fyn onthaal"! Die meeste Vrystaters wat ek ken heg waarde aan hul geskiedenis en erfenis.'n Kunstenares, een uit 'n groot Vrystaatse familie, wat onder meer boer op 'n plaas waar Emily Hobhouse indertyd 'n weef- en spinskool begin het, sê tydens die opening van haar kunsuitstalling: "Ons werk om te lewe en ons lewe om te werk."

    Van die beste mense wat ek ken, is Vrystaters. Dit geld ook die ou Vrystaters, soos die weledelagbare president Steyn en die kunssinnige ds JD Kestell. En hoe wonderlik lief was Alie en Lulu, die skepping van daardie ander edele gees, te wete Alba Bouwer.

    Hoe vergelyk die Kapenaars met hierdie voortreflike mense? Miskien moet iemand anders maar met 'n beskrywing vorendag kom!

  • Hans Richardt

    François van Zyl, jammer ons kon jou nie help met geskrewe stuk waarna jy gesoek het nie.

  • Laetitia Swanepoel

    Sjoe! Hier het ons nou hogere argumente op 'n eenvoudige vraag! Maar toemaar, dit is interessant. Of dit nou maroela of witblits, 'n trokkie of 'n bakkie, 'n plat e of 'n oorgeronde ê, 'n orkaan of 'n droogte is, ons is almal Suid-Afrikaners.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top