Die plan om vi Jesus dood te maak

  • 3

Matteus 26

Die plan om vi Jesus dood te maak

Toe Jesus klaa oo allie dinge gepraat het, het hy vi sy dissipels gesê: 2 “Julle wiet mos dat dit oo twie dae Paasfees is ennie Seun vannie mens gan oogegie wôd om gekruisig te wôd.”

3 Toe hettie owepriestes ennie oudstes vannie volk amal by een vannie hoëpriestes, wie se naam Kajafas is, bymekaa gekom, 4 en daa het hulle die plan begin konkel om vi Jesus te arresteer en dood te maak. 5 “Nie gedurende die Feesie,” het hulle gesê, “anners gannie mense oproerig raak.”

Jesus wôd in Betanië gesalf

6 Tewyl Jesus in Betanië by die huis van Simon, wie melaats gehad het, gewies het, 7 het daa toe ʼn vrou by hom angekom, sy’t ʼn albastepotjie met baie duur reukolie gehad wat sy oo sy kop gegooi het soes hy by die tafel agteoo gelê het. 8 Toe die dissipels dit sien toe raak hulle baie kwaad. “Hoekô mos jy soe?” het hulle gevra. 9 “Daai olie kon ôs vi baie geld vekoop het ennie geld virrie armes gegie het.”

10 Jesus het gesien wat hulle doen en vi hulle gesê: “Hoeko steer julle die vrou? Sy’t ʼn mooi ding gedoen vi my. 11 Die armes gan altyd met julle wies, maa vi my gan julle nie altyd hettie. 12 Toe sy die olie oo my liggaam gegooi het, het sy dit gedoen wan sy kry my reg vi my begrafnis. 13 Wies vesieke, waa oekal innie wêreld die evangelie gepreek gan wôd, wat sy hie gedoen het sal oek vesprei wôd, as ʼn herinnering van haa.”

Judas stem saam om vi Jesus te verraai

14 Toe het een vannie twaalf dissipels, die een wat Judas Iskariot genoem wôd, na die owepriestes toe gegan 15 en vi hulle gaan vra: “Wat sal julle vi my gie as ek hom an julle oogie?” Hulle het toe dêtag stukke silwer uitgetel en dit vi hom gegie. 16Van daa af was Judas oppie uitkyk vi ʼn geleentheid om vi Jesus te verraai.

Die Paasmaal

17 Oppie eeste dag vannie Fees van Ongesuurde Brood toe kommie dissipels na Jesus toe en vra: “Waa wil U hê ôs moet gan regmaak vi U ommie Paasmaal te iet?”

18 Toe sê Jesus: “Gan stad toe na die pesoon toe en sê vi hom, “Ôs Leermeester sê: My tyd is naby. Ek gan in jou huis saam met my dissipels Paasfees vie.” 19 Toe hettie dissipels gedoen wat Jesus gesê het hulle moet doen ennie Paasmaal gan vooberei.

Jesus wys sy verraaier uit

20 Toe dit aand geraak het, het Jesus sy plek an tafel ingeniem saam mettie twaalf. 21 En soes hulle geïet het, het hy gesê: “Julle moet vesieke wies van dié, een van julle gan my verraai. 22 Hulle was hatseer en hettie een na die anner een begin vra: “Dis toggie ekkie, Jirre?” 23 Toe sê Jesus: “Die een wat sy hand saam met my innie skottel instiek sal my verraai. 24 Die Seun vannie Mens sal sterwe soes dit geskryf is oo hom; maa dit gan waa gan virrie man wie die Seun vannie Mens verraai! Dit sal biete wies vi hom as hy nooit gebore wassie.” 25 Toe sê Judas, die een wie hom sou verraai: “Rabbi bedoel sieke nie ekkie?”

Jesus antwoord toe: “Jy sê dit.”

26 Tewyl hulle biesag was om te iet, toe vat Jesus ʼn stuk brood, en na hy klaa ʼn gebed daaoo gesê het, toe vat hy dit en briek dit en sê vi sy dissipels: “Vat en iet; dié is my ligaam.” 27 Toe vat hy ʼn bieke, en na hy ʼn dankgebed daaoo gesê het, toe gie hy dit vi hulle en sê: “Drink dit, amal van julle. 28 Dié is my bloed, die bloed vannie vebond, wat vi baie gegie wôd om te drink virrie vergifnis van sondes. 29 Ek sê vi julle, van nou af sal ekkie wee van hierie wyn drink tottie dag wanne Ek wee met julle die niewe wyn in my Vader se koninkryk kan drink nie. 30 Toe hulle klaa ʼn gesang gesing het, het hulle uitgegan na die Berg van Olywe.

Jesus voorspel Petrus se verloëning

31 Toe sê Jesus vi hulle: “Venaand sal julle my amal innie stiek laat, dis soe geskryf:

‘Ek sallie herder doodmaak, ennie skape van sy kudde sal uit mekaa uit vlieg.’ 32 Maa na ek uittie dood uit opgestaan het, sal Ek voo julle uitgaan na Galilea toe.” 33 Petrus sê toe: “Al sal hulle oek amal vir U innie steek laat, sal ek dit nooit doen.” 34 “Nie rêrig ek sê vi jou,” het Jesus geantwoord, “venaand nog voorrie haan kraai sal jy drie kee maak soes jy my nie kennie.” 35 Petrus sê toe vi hom: “Al moet ek saam met U sterwe sal ek, ek sal U nooit ontken nie.” En al die anne dissipels hettie selle gesê.

Jesus in Getsemane

36 Toe het Jesus saam met sy dissipels na ʼn plek gegan mettie naam Getsemane, en hy’t vi hulle gesê: “Bly julle hie terwyl ek daa gan bid.” 37 Hy’t vi Petrus ennie seuns van Sebedeus saam hom gevat. Toe begin raak hy hatseer en gewharrie. 38 Toe sê hy vi hulle: “My siel is toegegooi met wharrie en angs. Bly hie met my en hou julle oë oep saam met my.” 39 Hy’t ʼn bietjie vêde gegan, hy’t gekniel en met sy gesig tienie grond begin bid: “My Vader, assit moonlik is, vat hierie lydensbieke van my af. Maa laat dittie my wil wiesie, but U se wil.” 40 Toe hy trug gan na sy dissipels toe, toe kry hy hulle aanie slaap. “Kon julle nie eens net vi ʼn uu uitgekyk het vi my nie?” het hy vi Petrus gevra. 41 “Waak en bid dat julle nie in vesoeking kommie. Die gees wil, maarie vlees is swak.”

42 Hy’t virrie twiede kee weggegan en gan bid: “My Vader, as die lydensbieke nie weg van my af kan gevat wôd sonne dat ek dit drinkie, lat U wil dan geskied.” 43 Toe hy trug an, toe gan kry hy hulle wee aanie slaap, wan hulle oë was swaa vannie vaak. 44 Toe los hy hulle en gan toe weg om vi ʼn dêde kee te bid, ennie selle woorde gebid. 45 Toe hy trug gekommit na sy dissipels toe het hy vi hulle gevra: “Lê en slaap julle nog stieds? Die uu het gekom. Die Seun vannie Mens wôd oogegie innie hanne vannie sondaas. 46 Staan op! Lat ôs gan! Hie kom my verraaie!”

Jesus wôd gevang

47Op daai oomblik, tewyl Jesus nog biesag was om te praat, toe kom Judas, een vannie twaalf, daa an. Saam met hom was ʼn groot groep mense met swaade en stokke. Hulle was deurie owepriestes ennie oudstes vannie volk gestuu. 48 Die verraaie het mettie manne ʼn teken afgespreek: “Die een wie ek soen, is die man; vang hom.” 49 Hy’t toe reguit na Jesus toe gegan, en hy’t gesê: “Goeiedag, Rabbi!” en hy’t vi Jesus gesoen. 50 Jesus het geantwoord: “Doen wat jy gekommet om te doen, vriend!” Toe stap ʼn paa vannie manne na Jesus toe, toe gryp hulle hom en niem hom in gevange. 51 Dis toe dat een van Jesus se dissipels sy swaad uitgehaal het en ʼn hoëpries se slaaf se oo afgekap het. 52 “Sit jou swaad weg,” het Jesus vi hom gesê, “wan wie oek al na die swaad gryp sal dood gemaak wôd deurie swaad. 53 Dink jy dat ekkie my Vade kan roep en vir hulp vra nie? Hy sal dadelik meer as 12 legioene engele vi my gie. 54 Maa as dit soe moet gebee, hoe sallie Skrifte dan vevul wôd wat sê dat dit op dié menie moet plaasvind?”

55 Op daai uu toe sê Jesus aanie klomp mense: “Is ek biesag om ʼn opstand te lei, dat dit nodig was vi julle om my te kom vang met swaade en stokke? Elke dag het ek innie tempel gesit en mense gelee, en julle het my nie kom vangie. 56 Maa alles wat nou biesag is om te gebee, gebee soedat die geskrifte vannie proefete kan vevul wôd. Toe het al sy dissipels hom innie stiek gelaat en weggehardloep.

Jesus voorie Sanhedrin (Joodse Raad)

57 Die mense wat vi Jesus gevange geniem het, het Hom na Kajafas, die hoëpries, gevat waarie skrifgeleedes ennie oudstes bymekaa gekom het. 58 Petrus het hom van ʼn afstand gevolg tot by die binnehof vannie hoëpries se huis. Hy het binnegegan en mettie wagte gan sit om te kyk hoe dit afloep.

59 Die owepriestes ennie hele Sanhedrin (Raad) het proebee om valse getuienis tien Jesus te kry soedat hulle hom kon doodmaak. 60 Maa hulle het niemand gekry nie, al het baie getuies na vore gekom. Eindelik het daa twie vorentoe gekom, 61 en gesê: “Die man het gesê, ‘Ek kannie tempel van God afbriek en dit wee in drie dae opbou.’”

62 Toe staanie hoëpries op en sê vi Jesus: “Gan jy nie antwoortie? Wat van die getuienis wat hierie mense tien jou bring?” 63 Maa Jesus het niks gesê nie. Die hoëpries sê toe vi hom: “Ek vra jou onne eed vannie lewendige God: Sê vi ôs, is jy die Christus, die Seun van God?”

64 “Jy’t soe gesê,” antwood Jesus. “Maa ek sê vi julle amal: Van nou af sal julle die Seun vannie Mens sien sit aanie regtehand vannie Almagtige Een en julle sal Hom sien kom op die wolke vannie hemel.”

65 Toe skeerie hoëpries sy klere en sê: “Hy het God gelaste! Julle het dit self gehoo. Hoeko het ôs nog vêdere getuies nodig? Julle het self die godslasterlike woode gehoo. 66 Wat dink julle?” Hulle het geantwood: “Hy moet doodgemaak wôd.”

67 Toe spieg hulle in sy gesig en slaan Hom mettie vuis. Annes het hom geklap 68 en hulle het gespot: “Jy is mos ʼn proefiet, Christus. Wie het jou geslaan?”

Petrus ontken dat hy vi Jesus ken

69 Nou Petrus het buite innie binnehof gesit toe ʼn diensmeisie na hom toe gekom en gesê het: “Jy was oek saam met Jesus die Galileë.” 70 Maa hy’t dit voo amal ontken. “Ek wietie waavan jy praatie,” het hy gesê. 71 Toe het hy na die uitgang vannie binnehof gegan, toe het ʼn anne diensmeisie hom gesien en toe virrie mense gesê: “Die outjie was saam met Jesus van Nasaret.” 72 Maa wee eens het hy dit ontken, en met ʼn eed gesê: “Ek kennie die mannie!” 73 Na ʼn kort rukkie, toe kom die manne wie daa gestaan het na Petrus toe en sê: “Dis waa, jy’s oek een van hulle. ʼn Mens kan dit hoo innie manie hoe jy praat.” 74 Toe begin hy te vloek, en hy’t gesweer: “Ek kennie die mannie!” Op daai oomblik toe kraai die haan. 75 Dis toe Petrus onthou wat Jesus gesê het: “Voorie haan kraai, sal jy drie kee gesê het dat jy my nie kennie.” Petrus het buitekant toe gegan en bittelik gehuil.

  • 3

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Net een vraag - Was God ook aan Judas Iskariot se kant? Skynbaar het God Jesus in sy sterwensuur verlaat ...

  • Hans Richardt

    Elohim, Elohim, lema sabagtami? Jesus se sterwensuur woorde ... My God, my God, waarom het jy my verlaat?
    Het Judas Iskariot God aan sy kant gehad? Ook in sy sterwensuur verlate gevoel?
    In enige taal bly dit iets wat nie een gelowige met sekerheid wil aanspreek nie. Soos die gewilde vraag - Wat sou Jesus gedoen het? Verlate gevoel in sy nood ...

  • Hans Richardt

    In die tempel voorval, sien ek Kaapsevlakte-tipe midade. Openbare geweld, roof, aanranding, opsetlike saakbeskadiging, aanranding met die opset om ernstig te beseer ... Hierdie voorbeeld van Jesus was baie sleg, veral in RSG-vraag van wat sou Jesus gedoen het ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top