Refrein:
'K wonder of jy ooit sal onthou van die plaas en die donkiekar, 'n dorpie met 'n hotel en 'n Spar, van die skool en die bus, hy's nou afgeleef en moet rus, ek mis die telefoon en Plaaslyn, op die stoep met 'n glasie wyn
Ons woon nou in 'n grote stad, daar's nêrens meer 'n plaaspad, die stadsliggies het Gewink, Rande en sente het geblink, ek mis die pont en die plaas, die houtbrug en Geen geraas, om saans te sit en die Suiderkruis te sien blink, asem vars lug in
Moed skep en besin
Die hartklop sneller as Big Ben, vinniger as 'n Kyalami ren, mense is naarstig op soek Na geld en weelde en ryk goed, ek mis die stiltes van die plaas, geen lawaai en geen Geraas, reuse geboue en hoe torings waak oor die stad soos outydse konings
Refrein:
'K wonder of jy ooit sal onthou van die plaas en die donkiekar, 'n dorpie met 'n hotel en 'n Spar, van die skool en die bus, hy's nou afgeleef en moet rus, ek mis die telefoon en Plaaslyn, op die stoep met 'n glasie wyn
Dis die plaas waarna ek verlang, die paddakore se samesang
Nou's dit karre en mense, sonder enige drome of wense
Daar's hordes liggies en verkeer en robotte wat als beheer,
Spring op 'n bus of trein, geen tyd vir vriende of 'n glasie wyn
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.