Die nuwe LitNet: Redakteursbrief

  • 3

Jy is nou op LitNet se nuwe webwerf-in-aanbou. Welkom!

Dis LitNet se vierde gesig en brein (interface en back-end) sedert sy ontstaan in Januarie 1999, bykans 16 jaar gelede.

Hierdie ontwerp is vars en nuut en bied skoner uitleg wat natuurlikerwys navigeer.

Die platform is tans in aanbou. Dis nogals ’n huis met vele kamers. Ons wil die LitNet-gemeenskap graag betrek by die finale afronding en jy word genooi om kommentaar te stuur aan huisbou@litnet.co.za. Bydraers sal ook opmerk dat LitNet (in plaas van hul skrywersname) gebruik word en dat die bydraerprofiele nog nie verskyn nie. Ons werk aan hierdie funksies.

Laat weet waar jy flaters gewaar, maar ook waarvan jy hou. Enige aanbevelings?

Aanvanklik sal nuwe materiaal op die bestaande asook hierdie nuwe platform gelaai word totdat die nuwe LitNet stabiel is.

Let wel: As jy die kommentaarfunksie wil gebruik om op materiaal (bv op SêNet-briewe) te reageer, gaan dit ons baie help as jy nou reeds op die nuwe platform begin werk.

Vir akademici en navorsers: totdat finale probleme (bv in die geval van veelvuldige skrywers per artikel) op die nuwe platform uitgestryk is, geld die bestaande LitNet-bladsye as die geldige bron.

Nog ’n paar opmerkings:

- Alle nuwe materiaal is direk vanaf die tuisblad in die horisontale glyers beskikbaar.

- Die aantal kommentare is onmiddellik sigbaar.

- Die soekfunksie is verbeter.

- LitNet se webwerwe blogs.litnet.co.za, omteskryf.litnet.co.za en gewildstegedigte.litnet.co.za is steeds vanaf die tuisblad beskikbaar.

- Die eerste argief (1999–2006) is by www.oulitnet.co.za.

- Die tweede argief (2006–2012, bykans 86 000 items) word tans herbou. Ons hoop dat dit eerder gouer as later beskikbaar sal wees.

- Materiaal wat na 2012 gelaai is, is op die nuwe platform beskikbaar.

- Skakels na LitNet-materiaal op ons huidige platform sal steeds werk op die nuwe platform wanneer die oorskakeling formeel plaasgevind het.

Geniet krities, en laat van jou hoor.

Etienne van Heerden

  • 3

Kommentaar

  • Jeannette Strydom

    Baie dankie vir smaakvolle uitleg en vir "moeite-werd-dinge" waarvan ons kan kennisneem!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top