Die natuurwetenskappe in die agnostiese kennis-tonnel

  • 27

Derek Meyer skywe vir ons ’n kommentaar na aanleiding van my kritiek van Leon Retief se kommentaar. Weereens die gebruiklike beledigende beskuldigende aanhef.

Vanuit hulle darwinisties-bevooroordeelde oogpunt gesien, kan ek beswaarlik ander tipe kommentaar van Derek verwag – veral die bevooroordeelde kommentaar waarmee hulle hul kommentare begin en meestal ook afsluit – hier kommentare wys vir ons al klaar wat om te verwag. Hoe mens egter bevooroordeeld kan wees en steeds wetenskaplik relevant, is egter nie werkbaar, nie.

Derek vermeld dat die feit dat sekere radioaktiewe isotope se vervaltempos kan varieer, vir baie jare al bekend is. Reg so, maar die variasies was te wagte en was hanteer min of meer soos hy noem. Sekerlik was die Purdue-span tog bewus van daardie die tendens wat hy noem toe hulle hul navorsingsresultate bekend gestel het. Hulle sal mos nie so irrelevant wees om dit nou te noem asof dit iets besonders is, nie  - hulle werk immers gereeld professioneel met daardie data. Dus, die Purdue span verwys na iets heel anders – meer na die unieke oorsaak daarvan as die manifestasie daarvan, self. Blykbaar het Derek en Retief hierdie aspek nie onder die knie, nie.

Maar daar het iets besonders, iets tot hede toe onbekend en onopgemerk, plaasgevind en dít is die kwessie. Dít is wat hulle egter (doelbewus?) oor die hoof sien - dat daar addisionele variasies intree vanweë ’n voorheen onbekende bron – óf neutrinos en/of geoneutrinos óf andersins van ’n tot dusvêr heel onbekende partikel wat niks te make het met die algemene bekende variasie in radioaktiewe verval waarvan Derek praat, nie. Die feit dat die Purdue-span dit nodig geag het om dit uit te sonder en te vermeld, dui tog daarop dat dit heel ongewoon en onverwags is dat daar oor só ’n relatief kort tydjie (dit is belangrik), ’n aansienlike (in konteks van en verhouding tot die kort tydjie waarin dit gebeur het) aberrasie in die verval tempo vertoon en dit is vanweë die inwerking van die gesegde partikels. ’n Aberrasie van selfs net ,1% oor so ’n relatief kort rukkie het ’n ingrypende effek oor die verloop van baie selfs duisende jare – dit verstaan  Derek-hulle blykbaar nie ... wys hoe professionele jaloesie en gepaardgaande bevooroordeeldheid (later iets meer hieroor), om maar een aspek te noem, die denkprosesse negatief inhibeer.

Maar, objektief beskou, verander die Purdue-bevinding die hele argument. Dan is daar ook die kwessie, soos ek reeds genoem het, dat die werklike, volle invloed op die verval tempo nog nie bekend is nie, aangesien dié fenomeen nou eers ‘toevallig’ opgemerk is en daar nog nie ontwerpte toetsmedia bestaan om die werklike vloed te bepaal en bereken, nie. Wat duidelik is, is dat bestaande metodiek en media nie die fenomeen kon uitwys nie en dus onbetroubaar is. Tog hou Derek en Retief hierdie toetsmetode steeds voor. Maar, gegewe die onbekendes in die variasies, kan die toets nie meer as betroubaar uitgehou word nie en kan nie aangewend word om sy eie integriteit te evalueer nie – soos wat Retief met die Cassini-plutonium geval en ander wat hy vermeld, nie.

’n Verdere noodwendige waarskynlikheid is dat die invloed deur neutrinos varieer in intensiteit afhangende van bestralingsaktiwiteit van die son ens en ook natuurlik geoneutrinos. Dit kruks van die saak is dat dit nou blyk geopenbaar te wees dat daar verskeie waarskynlike addisionele voorheen onbekende partikels óf ‘bekende’ partikels (neutrinos) met onbekende gedrag, bestaan, wat afbreek tempo’s beïnvloed op ’n manier wat nie voorheen bekend was, nie en ook nie nou heeltemal bekend is, nie – dit is onmoontlik om ’n vaste patroon of tendens vas te stel van net een insidensie reeks.

Dit is duidelik dat mense eerder die Purdue-span probeer afkraak as om by die kruks van die saak uit te probeer uitkom – ons sien waarom, want hulle is openlik bevooroordeeld. Laat my so dink aan die Pluto-situasie – waar daar vir baie lank as wetenskaplike gospel verkondig is dat Pluto die 9de planeet is, net om later (onlangs) met beter toerusting en kennis agter te kom dit is glad nie die geval nie – dit is deel van ’n hele string ander kosmiese objekte wat die Kuiper gordel genoem word. Wat altyd dáár bestaan het, is eenvoudig nié voorheen gesien nie – en mens wonder hoeveel mense deur ander wat dieselfde denkpatrone demonstreer as hulle, as oneerlik uitgekryt is en allerlei beledigings toe hulle te kenne gee dat hulle nie saamstem dat Pluto die 9de planeet is, nie. Ek sien hierdie selfde tendens by hierdie klein groepie papegaaiers wat met my redeneer oor die Jupiter-mane en optiese illusies en aberrasies oor miljoene der miljoene kilometers die diepruimte in.

Om dus vir my ou bronne te vermeld, soos Derek doen, help nie vir hom of vir my nie, want dit spreek nie die nuutgevonde probleem aan nie en is die afgesaagde retoriek van sy bronne wat oor haas uitgediende metodes en stelsels wat hersiening benodig, skaars relevant en as sulks deel van die probleem, eerder as die oplossing, aangesien hulle nie die probleem kon identifiseer wat nou aangespreek moet word, nie.

Om vir my die argumente te noem rondom die eksperimente rondom die relatief ‘nabygeleë’ Supernova 1987A, na bewering ongeveer 168 ligjare (ongeveer 1,588,314,832,521,984 kilometer) van hier, is absoluut verregaande. Daar is absoluut géén manier vir hulle om te bewys dat die gegewens wat hulle voorhou omtrent hierdie supernova, korrek is, nie. Daar word gepraat van die radioaktiewe afbreek van nikkel-56 na kobalt-56 na yster-56 wat hoë energie fotone produseer wat die energie-emissie domineer en ook dat die afbreek van radioaktiewe titanium-44 isotope vir die luminositeit van die supernova verantwoordelik is. Die satelliet INTEGRAL, ontwerp met 'n met ’n baie hoë gammabestraling-sensitiwiteit, word vir (meeste van) dié waarnemings gekrediteer – tegnologie op aarde ontwerp in aardse omstandighede met aardse bekendes. Interessant, want hoewel gamma- en X-as-strale (normaalweg) nie die aardse atmosfeer kan binnedring nie is dié stuk tegnologie is juis opgestel vir dié soort van bestraling – bekendes op aarde, maar daar is ’n goeie waarskynlikheid dat daar ander tipes bestraling voorkom wat nog onbekend is, maar met sinonieme sinjatuur as die bekendes hier hoewel met heel ander uitwerking op die omgewing en atmosfeer. Dus, die toetsmedium, in hierdie geval INTEGRAL se X-straal en gammabestraling-sensitiwiteit, is eksklusief opgestel om daardie tipe sinjatuur te kan optel en sal dit op daardie manier interpreteer, ongeag ander baie belangrike rolspelende faktore wat waarskynlik teenwoordig is, maar deur die toetsmedium geïgnoreer word omdat dit eenvoudig 'blind' is daarvoor.

Die waarskynlikheid is dus dat daar ánder tipes bestraling in die ruimte en diep ruimte voorkom wat dieselfde tipe sinjatuur vertoon (dié toetse werk gewoon maar net op terplaatse bekende kleur bestralingshitte of –frekwensie) maar ons weet dit nie, want ons kan nie daarvoor toets nie. Wat ons wél weet, is dat ons bedag moet wees daarop, juis omdat dit duidelik is dat die aarde in alle relevante opsigte, uniek is. Totdat hierdie waarskynlikhede uitgeskakel is, kan niemand ’n leuenaar genoem word net omdat hy skepties staan teenoor ruimte en diepruimte bevindings, nie.

Alles omtrent die gedrag van die supernova is dus baie interessant, maar op die keper beskou, is alles daaromtrent aannames en postulering, opgestel op veronderstellings dat aardse bekendes ook diepruimte bekendes, is. Die waarskynlikhede is dat dit nié so is, nie. Niks in die ruimte of diepruimte wat al tot die mens se kennis gekom het, korreleer met die aardse biosfeer, nie, terwyl alle toetse volgens die terplaatse data geformuleer en opgestel word – ons énigste bekende verwysingsraamwerk. Dat die aarde dus uniek is, is bepaald voor die hand liggend en daar is géén manier om vas te stel wat die werklike posisie in die ruimte of diepruimte is, nie – verál nie met toetse wat opgestel is om resultaat te lewer binne ons unieke biosfeer, nie. Aardse toetse word opgestel aan die hand van aardse beskikbare media en uiters karige, onlangse (hoe lank word die sogenaamde ‘moderne’ wetenskap nou al bedrywe – ’n relatief baie kort rukkie) aardse wetenskaplike kennis omtrent dié dinge. Daar is enger géén manier om vas te stel wat werklik op ander planete aangaan nie, watter omstandighede werklik daar heers  - wat nog te sê kosmiese fenomene 168 ligjare van hier. Daar is geen manier om kontroles op te stel in die ruimte en diepruimte om vas te stel of die toetse en eksperimente wat op aarde ontwerp is, wél so in die ruimte en diepruimte funksioneer, nie.

Dus, álles is gebaseer op bespiegelings, aannames en veronderstellings – hoe kan dít as bewys vir enigiets dien? Nou, hoe op deeske aardbodem kan Derek sy stellings bewys, dat die supernova isotope gamma strale produseer met frekwensies en wegsterwingstempos wat voorspelbaar is met die gebruik van ‘vandag’ se vervaltempos? Hoe gaan hy bewys dat dit presies teen dieselfde tempo is, as wat vandag se vervaltempos is? Hoe gaan hy hoegenaamd bewys dat  daardie tempos 169,000 ligjare terug, dieselfde was as vandag s’n? Hoe gaan hy óóit bewys dat  die vervaltempos wat ‘ons’ vir datering gebruik 169,000 jaar terug, dieselfde is as nou? Wie was daar wat 169,000 jaar gelede die begin van hierdie supernova (maw die aanvang van die isotope-bestraling) waargeneem het en opgeteken het sodat hy dit vandag daarmee kon kontroleer om te weet hoe lank dit geneem het om te verval?

Hoe weet hy dat sy tydsberekening (in ligjare – spoed van lig is ’n konstante in die fisika bereken in ’n ‘perfekte’ vakuum wat waarskynlik nêrens anders bestaan, nie) om die afstand van die supernova vas te stel, korrek is? Hoe weet hy hoe bestralingsgolwe (lig) hulle in die diepruimte gedra en dat dit kwansuis dieselfde is as hier by ons?  Hoe weet hy watter faktore alles onderweg ’n invloed op die gedrag van die liggolwe (bestraling) kan hê wat die spoed daarvan beïnvloed? Hoe weet hy wat die digtheid (of gebrek daaraan -  ons weet darem hopelik almal dat golwe ’n medium moet hê om daarin te kan beweeg en dat daar vele wisselende faktore is wat vakuums en atmosferiese digtheid beïnvloed) van die diep-kosmiese atmosfeer (wat van die sogenaamde ‘donker energie’) is waardeur dit moet beweeg en dat dit dieselfde is as hier om ons rond sodat bestraling teen dieselfde tempo sal beweeg dáár vêr as hier om en by ons?

Wat is die kontroles wat hy kan aandui, wat sy aannames wat hy as wetenskaplike gospel verkoop, wél korrek, is?

Daar bestaan nie sulke kontroles nie. Indien daar is, wat nie ook op die aannames gebaseer is nie, maar wat die aannames kan toets in relevante omgewing en atmosfeer, sal ons graag wil weet wat dit is, maar ons sal nie asem ophou, nie. Álles word gebaseer op die teorieë en aannames tot die mate dit dié teorieë en aannames nou al skromeloos deur vandag se ‘wetenskaplikes’ (jy word een genoem as jy die ander ouens van die hoofstroom wat voor jou dieselfde gedoen het op die ry af kan papegaai om die hoofstroom aannames te so te perpetueer) gebruik word om hulself te bewys – stel jou die onwetenskaplikheid dáárvan voor!

Dit is die tipe van wilde, onbewysbare stellings wat hulle wat hulself met die kosmiese ‘wetenskappe’ besighou, maak, sónder beantwoording van die vrae wat ek (en ander) vra (sal vraesteller eerder as leuenaars wil uitmaak – hoe onwetenskaplik) en weens herhaaldelike herhaling, later self glo asof dit feite is. Maar op die keper beskou, is hier stellings en bewerings niks anders as veronderstellings en fabelagtige aannames, nie.

Ter afsluiting is daar natuurlik die aspek wat ek aan die begin al uitgewys het – die kwessie van redelose bevooroordeeldheid. Daardie agnostiese kenmerk – sodra die persoon, of dit nou wetenskaplike of ander is, buite die oogklappe-bestek van die agnostiese tipe wetenskapsbeoefening begin eksploreer, word hy ass ’n ketter en leuenaar uitgemaak. Hoe kenmerkend donker-Middeleeus is hulle benadering nie. By Derek en Retief het ek die mees openlike demonstrasie daarvan op rekord. Hierdie donker-Middeleeuse agnostiese inkwisisie tipe bevooroordeelde by voorbaat skuldigbevinding aan sogenaamde wetenskaplike kettery, net omdat dié mense die agnostiese oogklappe afhaal en regtig begin oplet na die omgewing waarin hy leef en besef dat dit véél wyer strek as net die oogklappe wêreldjie van die agnostiese wetenskaplike. Stel jou voor! Mense word sekulêr veroordeel omdat hulle progressiewe wetenskap wil bedrywe, omdat hulle die benouende, inperkende agnostiese tipe wetenskap se sogenaamde ‘mainstream boundaries’ oorskry! Stel jou voor - jy belet wetenskaplikes om te eksploreer behalwe net binne 'n nou gangetjie soos ’n kennis-tonnel. Die wat daarbuite waag, word eenvoudig gekasty - hoe absoluut verregaande! En mense soos Derek en Retief het die intellektuele vermetelheid om dit openlik so te verkondig. G'n wonder dat die erkende bekwame Sturrock (wat kwansuis skielik onbekwaamheid status gegee word net omdat hy durf waag om buite die agnostiese tonnel te wil beweeg - sien die kommentare van Retief en Derek) nie juis ondersteuning ontvang nie - nie omdat hy nie op die regte spoor is nie, maar omdat deelnemers onmiddellik openlik en meedoënloos deur oogklap draende wetenskaplike hoofstroom (lees eerder agnostiese oogklap kennis-tonnel waarbinne almal op Gestapo manier ingeboender word deur agnostiese 'wetenskaplikes') gekasty en gediskrediteer, word. Hoe absoluut vermetel.

G'n wonder die natuurlike wetenskappe stagneer al so lank binne in die kennis-tonnel van die agnostiese 'wetenskaplikes', nie.

Dit is tyd dat agnostici wat hulle met die wetenskappe besighou, hul agnostiese oogklappe moet afhaal en uit die donker-Middeleeuse tipe onvolwasse domineringsmentaliteit moet emansipeer en die Lig sien.

Een ding van gelowiges - hulle kan vry, gestruktureerd en logies dink. 'n Gawe van God.

Kobus de Klerk

  • 27

Kommentaar

  • Hallo Kobus

    Nee, ou Kobus, geen lang woordslaai gaan die feit verander dat jy nie die waarheid gepraat het nie. Dit maak nie saak hoeveel keer jy 'n onwaarheid vertel nie, dit verander nooit in die waarheid nie.

    Verder, wat betref Supernova 1987A, die afstand na daardie supernova is bepaal op twee maniere

    1. Doodgewone driehoeksmeting

    2. Die Doppler-effek

    Beide die metodes het dieselfde antwoord gegee: omtrent 169 000 ligjare vêr. Ons sien nou wat 169 000 jaar terug daar gebeur het.

    Of probeer jy nou voorgee dat Pythagoras ook verkeerd was, net om jou delusies te behou?

    Dit was ook een van die maniere hoe die kreasioniste se bewerings oor die "veranderende" spoed van lig verkeerd bewys: die maksimum spoed van lig in 'n vakuum was al vir 169 000 jaar presies dieselfde as nou, ons noem dit die konstante, c.

    Dus, ou Kobus, ons sien nou presies watter elemente en radioaktiewe isotope 169 000 jaar terug daar gevorm het, tesame met wat die vervaltempos 169 000 jaar terug was. Wat 'n wonderlike tyd masjien.

    Jou delusies en onwaarhede gaan nie die feite verander nie.

    Derek

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk takseer self sonder weerga 'van wie dit kom'. Wyl hy steeds een strook deur die algemene betekenis aan die woord agnost verniel, kwyl hy van sy opskrif tot onderdeur uit oor dit wat sogenaamd 'van die agnostici kom'. Derhalwe kan geeneen 'n woord verkeerd tik  wat hom eer nie. So veins Kobus de Klerk weer als wat van Trienie , Dolf, ... en die res van sy gevolg kom, onvoorwaardelik tot in die hemele. Ag siestog, en aan die anderkant kerm en kla Kobus de Klerk oor enigeen wat die duiwel aan hom sien kom as 'persoonlike belediging'. Nee wat Kobus de Klerk, dis maar als gewoon die stront wat aan jou gehuigel kleef - dis niks persoonlik nie. Gewone mense vat dit ook maar net 'van wie dit kom'. Jy het jare reeds geen geloofwaardigheid weens jou dubbele standaarde nie. Ongelukkig verhoed jou sieklike narsisme enige begrip hieraan. Jou amigo in Adam, Cornelius.

  • Pienkes du Plessis

    Hierdie Kobus de Klerk kêrel maak mens gedaan. Die eenvoudige logika waarmee Retief en Derek op De Klerk se skrywes reageer, maak dit vir meeste van ons sinvol, selfs vir ons wat nie wetenskaplikes is nie. Wil ook darem net graag ’n stuiwer in die armbeurs gooi. Ten eerstens raai ek De Klerk aan om vir hom ’n eersteklas Speltoetser aan te skaf. Die kêrel koop net geen geloofwaardigheid met die gemors wat hy van Afrikaanse spelling maak nie. Tweedens moet hy sy rekenaar inspan om die woorde te tel wat hy kwytraak. Hy gorrel en gorrel en gorrel tot mens naderhand jou hare in boste wil uittrek. Het die man nie tyd om sy ellelange tirades te redigeer nie? En dan terloops: hoekom skryf hy ’n komma voor die laaste ’nie' van die dubbele negatief – en skoot vir skoot aan die einde van sinne?

    Dankie darem aan De Klerk vir die heerlikste van snaakse grappe in sy laaste sin: "Een ding van gelowiges – hulle kan vry, gestruktureerd en logies dink. ’n Gawe van God." 

    As gesegdes kon koeke vat, dan het De Klerk hier met ’n hele tafel vol koek weggestap.

  • Beste Kobus,

    Ag, nee, wat, man! Skryf tog liewer maar oor Bybelversies en agnoste. Ek begin my al te skaam vir jou part as jy jou lyf probeer wetenskaplike hou. 

    As jy dan nog dink jy het  sulke wonderlike wetenskaplike kennis, waarom doen jy nie navorsing en publiseer jou bevindinge nie? Moenie daar in jou studeerkamer sit met google en kreasionistiese boeke en vir wetenskaplikes vertel hoe hulle hulle werk moet doen, terwyl jy self nie die verskil tussen ’n pipet en ’n piepot ken nie. 

  • Angus: 

    Ek dink Kobus gaan binnekort wel van sy bevindinge publiseer, want in daardie Jupiter-debat het ek hom gevra om my te sê wat, volgens hom, die magnitude is van Jupiter se vier grootste mane is en hoe hy te werk gegaan het om dit te bereken (of te meet). Ek dink ons sal dus hopelik binne ’n dag of twee tog wel van sy oorspronklike navorsing onder oë kry.

  • Kobus de Klerk

    Derek,

    Twee vrae aan jou, asseblief  – gee vir ons die skakels na waar die presiese berekeningsdata van die driehoeksmeetkundige- en Doppler effek meting van die afstand van SN1987A, te vinde is, of as dit nie beskikbaar is nie, dan die volledige besonderhede sodat ons dit kan ontleed. Dui asseblief spesifiek ook aan watter gegewens in beide gevalle as konstante gebruik is en ook die mate waartoe en welke veranderlikes in ag geneem is, indien enigsins. Ten opsigte van die driehoeksmeetkundige metode, presies hoe die lengte van die drie sye bereken is en watter data daarvoor gebruik, is. Dui ook die besonderhede aan van hoe die lengte van die sye bereken is sonder inagneming van die Doppler effek (jy gee mos te kenne dat die twee metodes wat jy aangee, onafhanklike metodes is). En as jy enigsins  van Newton se wet en Kepler se wette gebruik gemaak het, dan ook besonderhede daarvan en van hoe die massas, swaartekrag en afstande bereken is en die  en lengtes sonder gebruikmaking van die Doppler effek bereken is.

    Ten opsigte van die Doppler effek, besonderhede van hoe julle gekontroleer het dat die kompressie en strekking van golwe ’n konstante is in die diepruimte en ook of en tot watter mate julle beweging van die aarde en die supernova self, in ag geneem het en hoe die beweging, rigting en spoed van die supernova bereken is – uiteraard het dit mos alles inwerking op die resultaat van die Doppler effek toets.

    Tweedens, gee vir ons asseblief die besonderhede van die toetse waarmee die vasstelling gedoen is van die 'perfekte vakuum' in die diepruimte die afgelope 169,000 ligjare, waar julle vasgestel het dat die 'perfekte vakuum' daar bestaan en deurgaans bestaan, sodat die spoed van lig as konstante binne ’n 'perfekte vakuum' deurgaans as sulks toegepas kon word. Indien daar nie sulke toetse gedoen is nie of sulke vasstellings gemaak is, nie, gee dan vir ons  asseblief die spesifieke omstandighede hoe jy vasgestel het dat die 'perfekte vakuum' deurgaans gegeld het oor die ganse afstand oor die  afgelope 196,000 ligjare, soos jy te kenne wil gee.

    Terloops, wat het Pythagoras hiermee te doen, behalwe vir sy trigonometriese theorem? Het hy sy bevindinge 169,000 ligjare gelede opgeteken? Maar ons weet dat die theorem staatmaak op bekendes – lengte van ten minste twee sye of die oppervlakte van die skuins sy of langste sy – my vrae verg van jou om besonderhede te verskaf van hoe die bekendes (gegewens) bereken is.

    Jy sien, ek het al geleer – wanneer julle beweer dat julle kreasioniste verkeerd bewys het, dan is dit juis op daardie gebied waar ’n ou moet toeslaan, want julle is eenvoudig nie instaat om dit regte kry, nie – julle sê sommer so en glo dan julself agterna. Kry mens die data onder hande, sien mens julle aannemes en veronderstellings is sommer verhef tot feite en bewysmateriaal en sien mens dit is sommer wensdenkery aan julle kant.

    Ons sal gou sien wie intellektuele leuens vertel... jy sien ek dink nie jy is in staat om al die tersaaklike inligting te verskaf, nie.

    Terloops, te oordeel aan die agnostiese koortjie wat nou weer al skuimbekkend met niksseggende en irrelevante snert losbars, is dit baie duidelik dat ek ’n baie sensitiewe en kwesbare snaar. aangeraak, het.  Ek meen te sê, as dit wat ek skrywe regtig sulke twak was soos julle so skuimbekkend te kenne wil gee, sou julle jul mos gewoon nie daaraan steur nie, of hoe? Maar nou...

    Kobus de Klerk

  • Kobus

    Terwyl jy nou so links en regs aandring op bewyse – wat van so ou bewysie van god wat alles gemaak het. En as jy tyd het – waar kom god vandaan?

    Gaan krap jou graad 8 wiskunde- en wetenskapboeke uit en verstaan eers die basiese beginsels van driehoeksmeting en Doppler se teorieë. Die Sê is nie die plek om vir jou breuke en langdeling te leer nie. Jy beweeg op die oomblik weereens op ’n terrein waarvan jou skrywes van jou grenslose onkunde getuig. Sinvolle gesprek is slegs moontlik as jy die basiese begrippe onder die knie het.

    Vertel ons eerder weer van daardie flessie waaruit jy liters en liters olie gegooi het sonder dat die flessie leër geword het.  Buitengewone aansprake sonder bewyse is mos jou forté.

    Thomas

  • Kobus – Moet tog nie jou onkunde so agter jou aansleep nie! ’n Ligjaar is ’n eenheid waarmee afstand en nie tyd nie, gemeet word. Ek verwys na jou sin: “Het hy sy bevindinge 169,000 ligjare gelede opgeteken?”
    Jou vraag is gewoon simpel en dom. As Jy sou vra of hy dit 169,000 jaar gelede aangeteken het, sou dit minstens net simpel gewees het.
    Panda

  • Kobus skryf:

    [[[Jy sien, ek het al geleer – wanneer julle beweer dat julle kreasioniste verkeerd bewys het, dan is dit juis op daardie gebied waar ’n ou moet toeslaan, want julle is eenvoudig nie instaat om dit regte kry, nie ]]]

    ---Uiteraard, ja: kreasioniste maak in die reël nie toetsbare stellings nie en kan dus nie eers in beginsel verkeerd bewys word nie. Juis daarom dat hoofstroomwetenskap hom nie juis aan "skeppingswetenskap" of "intelligente ontwerpteorie" steur nie.

  • Beste Thomas,

    My Rottweiler is hoogs intelligent vir ’n hond, maar as dit kom by Sin, Cos en Tan, slaan sy verstand ook maar toe. Ek probeer nie eens om hom dit te laat verstaan nie.

  • Kobus de Klerk

    Ai, Panda, hoe het ons dit met jou. Ek gaan dit so mooi stel as wat ek kan ... jy het nie die vermoë om te besef hoe irrelevant jou stellings is – behalwe natuurlik om keer op keer jouself in verleentheid te stel, nie.

    Die verwysings na ligjare het die volgende alombekende en erkende gebruike – eerstens, om aan te dui hoe lank dit vir ligstraal golwe sal neem om die objek te bereik vanaf jou uitkykpunt en andersom en tweedens, met die aanwending van beskikbare wetenskaplike gegewens ten aansien van die spoed van lig, om ook afstand aan te dui deur omsetting :- afstand = tyd (in ure) x 1,079,252,848 (spoed van lig in km per uur) of tyd (in jare) x 94,542,549,554,880 (spoed van lig in km per jaar) – hoop ek het reg bereken, is maar haastig.

    Net so, indien ons dan sê dat ’n objek 168,000 ligjaar van ons af is, dan beteken dit, dit het 168,000 jaar geneem vir die ligstrale vanaf daardie objek om die aarde tot by ons uitkykpunt te bereik. Dan is dit ook logies dat – alle toepaslike toestande en omstandighede konstant en onveranderlik – dit die emissie van die ligstraal by sy oorsprong, 168,000 jaar gelde plaasgevind, het. So kan ons dit gebruik om tydsverloop mee aan te dui.

    Hoe het jy dan standerd ses geslaag, jong? Windhoek se skole is waaragtig nie so agter nie. Inteendeel, ons is boorlinge van daardie plek en ek het steeds familie daar wat in tersiêre onderrig daar betrokke is en die standaard is heeltemal aanvaarbaar.

    Of is jou agnostisisme weereens jou achilleshiel – mense dink ek probeer julle beledig as ek so sê, maar ek het oor die jare en die gereelde kontak met agnostici waargeneem en agtergekom dat hulle vermoë om logies en analities te dink, ernstig skipbreuk lei, hoofsaaklik as gevolg van hul aangeleerde manier om nie self ’n ding uit te redeneer nie, maar klakkeloos ander na te boots, en te papegaai – kyk byvoorbeeld na Claassen in sy rubrieke – jy sal bykans nooit ’n vars opinie of beredenering van hom te siene kry nie, maar massas aanhalings en verwysings na andere voor hom se brein- en sielsvrug – egte regte papegaaiwerk. Selfs as hy iemand wil beledig en slegsê kan hy nie eens individueel en onafhanklik dink nie – hy haal altyd iemand anders aan. Dan gaan julle agter hom aan en papegaai hom weer en dink julle is baie oulik – maar ons wat weet en tot veel meer in staat is, sien net leë doppe se inhoud uitloop. Dit is asof daar ’n vakuum tussen julle ore ontstaan,  wat gedurig met ander se brein- en sielsvrug gevul moet word – So is julle slawe van julle eie onbeholpenheid en oorspronklikheid – julle Godgegewe talente om individueel  te funksioneer en te dink bly heeltemal in die slag en julle is nie meer in staat om natuurlike Godgegewe menslike individualiteit uit te leef nie – julle is so ’n oninteressante grys trop soos diere wat net in tropverband kan funksioneer binne die trop raamwerk – julle noem dit 'mainstream boundaries'.

    Onthou, daar is ’n ou, geykte gesegde  op Engels – if you don't use it, you lose it.

    Tragies genoeg sien ons dit by julle. Julle het al so geword soos die diere wat julle glo, julle van afstam – gryse, met sulke wanaangepaste mensagtige fenomene wat by julle tot gewoontes vervorm het  – oninteressante, onoorspronklike, insiglose, na-apende, skuimbekkende, honende, skellende, beledigende,  aggressiewe tropdiere  sonder ’n individuele intellektuele karakter.

    Dit is waarom daar so min van julle op aarde is – hoewel julle, tipies soos ’n spul rasende tropdiere,  die meeste geraas maak om mense daarmee te probeer intimideer – want watter natuurlike mens by sy regte positiewe wil wees soos ’n redelose dier? Julle is n skrikwekkende realistiese voorbeeld daarvan.

    Dit is nie ’n belediging nie. Dit is '’n pleidooi om te besin aan julle, vir julle eie beswil.

    Pasop, weens Goddeloosheid en die gepaardgaande spirituele verliese, raak sommige van julle al amper onomkeerbaar verlore en verstandeloos en papegaaiagtig. Onthou, ’n papegaai is baie oulik en komieklik – maar hy sal nie in ernstige, intelligente geselskap gevind word, behalwe vir blaaskans en teetyd vermaak, nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Die wonderwerke – en daar is al regtig baie – wat ons al in ons lewe saam met God beleef het, Thomas, staan vas en is Heilig as sulks – komende uitsluitlik van God – en was en is steeds om ons mee te bemoedig, bemagtig en te bekragtig en is nie as vertoning vir dei vermaak van jou tipe van ligsinnige domastrantheid, nie – (Mattheus 16:4)

    Die enigste teken wat jou toekom, en vir die wat soos jy is, is die teken van die profeet Jona – beide wat betref die simboliek verbonde aan sy ervaring in die buik van die groot vis wat dui op die wederopstanding van die HERE Jesus Christus en ook die boodskap wat hy oorgedra het aan die Nineveërs en die gevolge van ongehoorsaamheid daaraan.

    Kobus de Klerk

  • Angus, ek is seker jou Rottweiler is ten minste in cos geïnteresseerd. Jy lê net so lekker in die son en tan, dan raak hy honger en jy moet gaan inskep, of jy nou sin daaraan het of nie. 🙂

  • Thomas,

    Jy probeer jou eie onkunde verdoesel deur Kobus se direkte kennis vrae aan te val. Lees weer. Watter deel verstaan jy nie? Jy openbaar tipies die reaksie van iemand met beperkte kennis wat uitgevang is op sy sogenaamde “kennis-gebied” deur iemand anders, wat nie die sogenaamde “kennis-gebied” deel nie, maar tog meer en beter kennis oor die onderwerp openbaar as jy.

    Panda,

    Ek verwys na jou skrywe: “Kobus – Moet tog nie jou onkunde so agter jou aansleep nie! ’n Ligjaar is ’n eenheid waarmee afstand en nie tyd nie, gemeet word.”

    Korrigeer my indien ek verkeerd is, maar is 1 ligjaar dan nie die afstand wat ’n “lig-partikel” aflê (teen die spoed van lig) oor die tydperk van 1 jaar (aardse jaar) soos gemeet in ’n vakuum nie? – in ag genome (onder andere) dat dit in ’n reguit lyn geskied en daar geen obstruksie, defleksie of iets van die aard, in die “ligpartikel” se pad is nie – met ander woorde, die "digtheid" van die ruimte waardeur die "ligpartikel" "travel" is die hele pad lank, konstant. Ek weet dit is ’n eenvoudige beskrywing maar ek is seker dit is min-of-meer wat ’n ligjaar definieer. Daarom dat ligjare wel gebruik word om "ruimtelike" afstande te “skat”("calculated guess") of naastenby te bepaal (“it is not a perfect science” – wat is die aanvaarbare "wetenskaplike" afstand en tyd tolleransie? 1 ligjaar? 10 ligjare? 25 ligjare? ) maar dat tyd ’n baie groot rol in/oor die "afstand" speel en dat die afstand van ’n ligjaar (of dan ligjare) nie sonder tyd bepaal kan word nie. Wat nog van afstand bepaal in die buitenste ruimte oor die sogenaamde afstand en tyd van 169,000 ligjare en in ag genome die aanname dat die digtheid deurgaans oor die hele afstand en tyd, konstant is en bly?

    Terloops, daar is nie iets soos ’n "dom" vraag nie.

    Angus,

    Al blaffende maar sonder enige byt meer. Lyk my jou tande is nou ook al getrek. Seker dié dat jou reaksies gekenmerk word aan kort, insiglose en niks-seggende mompelings.

    Sterkte

    Dolf

  • Dolf: As iemand praat van "170 000 ligjare gelede" sal ons min of meer verstaan wat hy sê, en verstaan hy bedoel tyd en nie afstand nie. Maar niemand met kennis van sterrekunde praat so nie, behalwe dalk wanneer hulle spesifiek besig om iets oor Einstein se teorieë te sê. 

    In ieder geval, om met Kobus te redeneer dien geen doel nie: hy maak eenvoudig sy eie "feite" op en verkondig hulle met soveel bravade en selfvertroue dat mens aanvanklik nie kan glo hy sit bloot en maak dit op soos hy aangaan nie. Ek meen, die feite is vrylik op die web beskikbaar waar enigeen hulle kan nagaan; sy astrantheid is so verregaande dat ’n ietwat naïewe ou soos ek vele van sy plasings moet lees voor ek begin sien hoe hy te werk gaan. Sy duim is seker al rou gesuig. 

  • Ag, ou Dolf, jy is reg, man. Om jou ’n voorbeeld te noem, ek word volgende jaar 48 ligjare oud.

    Groetnis, Angus

  • Kobus de Klerk

    Dolf,

    Dit is maar tipies die agnostikus om die helfte van die inherente kwaliteit van ’n term of partikel te wil ignoreer en net die deel wat hulle (dink hulle) kan baasraak, uit te lig asof dit al is wat daar is. Ons weet dat die term 'ligjaar' twee ewe sterk kwaliteite het – tyd en distansie in terme van die spoed wat lig beweeg. Dit is daardie twee kwaliteite wat die term so uniek maak, want albei is ewe prominent.

    Brianvds toon dus maar net die ou probleem van die agnostikus – ’n groot deel van die werklikheid gaan eenvoudig by hom verby. Ons sien dit ook mos so met die kwessie van die spiritualiteit wat hulle verseg om aan erkenning te gee, ongeag hoe onrealisties hul benadering is. Nou waarom sou hulle dit nie ook met alles anders doen, nie? Hulle maak met alles so.

    Meyer en kie praat van die supernova asof hulle alles daarvan weet en asof dit sommer hier om die hoek is.  Maar in der waarheid was die supernova volgens die berekeninge, 15,872,275,932,021,028,800 kilometer van hier af, met ’n advent wat na bewering meer as 168,000 jaar gelede gebeur het in die diepruimte waar geeneen van hulle of hul voorsate nog ooit was, of sal wees, nie. Hulle kan hulself nie eens die afstand voorstel of indink, nie. Hul toerusting is baar, karig en absoluut primitief – teleskope ne ’n paar fotos wat ’n paar kleure (radioaktiwiteit) vertoon. Die neem hulle en maak by gebrek aan werklike feit en kundigheid, ’n stortvloed aannames, konjekture en veronderstellings en verkondig dit as BEWESE feite.  Maar as mens hul oor hul sogenaamde 'sekerheid' uitvra en op daardie bewys aandring, soos ek maar gedoen het, word hulle soos laerskoolkinders in hul onvolwassenheid woedend en nes daardie onvolwasse kinders, kom die onbeheerste, emosioneel onvolwasse onvolwasse gedrag – stortvloed karakteristieke agnostiese negatiewe optrede en verdagmakery. Verbasend hoeveel negatiewe energie hulle uitstraal.

    Hulle leef in ’n fabel wêreld van hul eie, so sonder die insig en wysheid komende slegs van God. Maar Nie een van hulle het die integriteit om te erken dat die feite tot bewyse wat ek hulle mee konfronteer, bokant hulle vuurmaakplek is nie. Daarom dat algar van hulle, sonder uitsondering, die enigste alternatief kies wat hulle ken – die van ’n barrage wanvoorstellings, antagonisme, verdagmakery en beledigings as deursigtige rookskerm vir hulle insigloosheid, patente onkunde en verleentheid. Hulle is so voorspelbaar daarin dat mens ’n studie daarvan kan maak en dit as ’n kenmerkende agnostiese karakteristiek kan uitwys.

    Dit is asof hulle hulself net nie kan verhelp, nie – en ek dink nie hulle kan nie. Oor die bykans tien jaar wat ek hier betrokke is op die forum met hulle, was dit nog in geen geval anders nie. Geeneen nie. Ek het al ’n studie van hulle gemaak. Hulle lewe n leuen, self sin hulle eie ou tonnelvisie-wêreldjie.

    Groete,

    Kobus de Klerk

  • Kobus,

    Dankie vir jou skrywes. Ek is nog nie tien jaar op hierdie forum nie en ek het al klaar volle begrip van die optredes van ons agnostiese/ateïstiese vriende en verwag reeds nie veel meer van hulle nie. Daarom stem ek saam met jou beskrywing van hulle – dit is in die kol. Dit is ’n geskop en gespartel en ge-skakel aanduiding deur hulle, maar tervergeefs – Ai, die ontkenning en selfregverdigings drang van ons evolusioniste, ateïste en agnostiese vriende, darem!

    Angus,

    Mompel-mompel, blaf-blaf, mompel-mompel, blaf-blaf. OK, OK hier is vir jou ’n been….... O gaats…. wag-wag!….. dit is een van jou oer voorvader fossiel bene!………nee, los, los!…….wag, kom hier!......ag nee man!…..daar word oupa groot-groot-groot groeitjie gekou! (of gesuig? – onthou die afwesigheid van die tande!).

    Brianvds,

    Ek verwys na jou skrywe: “As iemand praat van "170 000 ligjare gelede" sal ons min of meer verstaan wat hy sê, en verstaan hy bedoel tyd en nie afstand nie. Maar niemand met kennis van sterrekunde praat so nie, behalwe dalk wanneer hulle spesifiek besig om iets oor Einstein se teorieë te sê.”

    Ek stem nie saam met jou nie. Sterrekundiges praat dikwels van ligjare om wel afstand van ruimte liggame vanaf die aarde, aan te dui , byvoorbeeld of ’n ruimte liggaam 230,000 ligjare vêr weg van die aarde af is. Ja-ja dit is só, maar hulle neem in ag dat dit na beraming ("calculated guess"), ’n ligpartikel 230,000 aardse jare (tyd) teen die spoed van lig sal neem om van die aarde af tot by die spesifieke ruimte liggaam uit te kom! In ander woorde, as jy jou flits mik op die spesifieke ruimte liggaam (in ag genome jy kan dit sien en jy korrel min-of-meer in die regte rigting) en jy skakel vir 1 sekonde die flits aan, sal die ligstraal oor 230,000 jaar (aardse jare) by die spesifieke ruimte liggaam uitkom (of dan, die ou op die spesifieke ruimte liggaam, daar doer vêr, sal dan eers die ligstraal sien vir 1 sekonde lank) - dan nie? Kyk gerus na van die belangrike faktore wat ’n groot rol speel in die bepaling van die afstand van ’n ligjaar – dit is tyd, lig, en spoed van lig. Daarom dat ’n ligjaar bepaal word oor afstand en tyd . Ek, en veral Kobus, het in vorige skrywes genoem watter onveranderlikes in die bepaling van afstand in ligjare konstant moet bly (of aangeneem word bly konstant), byvoorbeeld die digthied van die ruimte waardeur die ligstraal beweeg en dies meer (daarvoor is daar ook geen bewyse nie) – en dit is futiel om dít te ignoreer, só ook om die tyd faktor te ignoreer, in die bepaling van afstand in terme van ligjare.  Daarom Kobus se vraag: Wie is/was daar om die ligstraal se uiteindelike bereiking van die spesifieke ruimte liggaam wat, na beraming, 169,000 ligjare vêr weg is, te kan/kon bevestig en/of te kan/kon opteken? Dit is wel net ’n eenvoudige vraag, maar ’n bevestiging van die onakkuraatheid van die meeting van afstand in ligjare in die buitenste ruimte, in ag genome die huidige metodes, die bogenoemde, en dies meer, wat gebruik word daarvoor en waarop julle julle argumente bou.

    Terloops, het iets in jou verlede met politieke mag en godsdiens gebeur? Jy sukkel duidelik om oor dit te kom.

    Sterkte

    Dolf

  • Beste Angus,
    48 Lj =  454,180,000,000,000 km., en dis ’n feit. Kobus en Dolf kan maar dié syfer laat oudit. As jy nou ligjaar en jaar as sinonieme gebruik soos Kobus en Dolf dan is jy mos volgende jaar 4.5418 x (10^14)  kilometers oud. Nou weet ek waar kom die uitdrukking ‘mylpaal’ vandaan. By voorbaat veels geluk met die komende groot mylpaal in jou lewe!
    Groete
    Panda

  • Dolf: Ek is heeltemal bewus daarvan dat ruimte en tyd verbind is. Dit is wat ek met die verwysing na Einstein bedoel het. Maar die feit bly staan, niemand wat iets van sterrekunde weet sal die term ligjaar gebruik om tyd aan te dui op die manier wat Kobus gedoen het nie. 

     
    Wat die spoed van lig betref: dit is inderdaad so dat indien die medium verander, die spoed van lig afneem. Indien daar dus 'n groot gaswolk tussen ons en 'n ster is, neem die lig ietwat langer om hier uit te kom as wat die geval sou wees in 'n perfekte vakuum.
     
    Maar ek vrees daardie argument gaan julle nie veel help nie. Selfs al was daar soliede glas tussen ons en die SN1987A, wat duidelik nie die geval is nie, sou die argument in beginsel nog steeds gestaan het, want die spoed van lig deur glas is omtrent 200 000 km per sekonde. In so geval sou die supernova dus so 100 000 jaar oud wees eerder as 170 000.
     
    Boonop is sterrekundiges heeltemal bewus van die feit dat die instellêre medium nie altyd 'n perfekte vakuum is nie, en het hulle metodes om die digtheid daarvan te bepaal. Kobus aanvaar bloot dat wetenskaplikes totaal naïef is en so desperaat is om gode uit die prentjie te laat dat hulle enigiets sal glo solank hulle tog net nie enige spirituele dimensie hoef in te sleep nie. 
     
    Maar die probleem met gode en geeste en goed is nie dat hulle nie bestaan nie. Vir al wat ons weet bestaan hulle wel. Die probleem is dat hipoteses wat hul beroep op sulke entiteite gewoonlik nie toetsbaar is nie, en dus buite die wetenskap val.
     
  • Ek het nou vergeet om Dolf se ander vraag te beantwoord, naamlik oor die politieke mag en godsdiens. 

     
    Nou ja, ek weet nie of jy dit opgemerk het nie, maar in die jare sewentig en tagtig van die vorige eeu, was ouens soos Kobus in beheer van die land. Op skool is ek openlik vertel dat apartheid die wil van God is. En inderdaad by geleentheid selfs dat swartes nie mense is nie, want die Bybel sê so. Gedagtelose fundamentalisme is dag na dag met behulp van die mag van die staat in my keel afgedwing.
     
    So dit is hoekom ek maar bly is ouens soos Kobus is nie meer in beheer nie. Nie dat ek juis ooghare het vir die spulletjie wat op die oomblik in beheer is nie. Hulle sal waarskynlik alles wat hulle doen probeer regverdig aan die hand van Voorsitter Mao se Rooi Boekie.
     
    Jy sien, dit is die eintlike probleem met die hele "spirituele intelligense" ding. Mens kan letterlik enigiets met daardie redenasie regverdig. In effek gebruik jy die argument vanuit outoriteit, maar met jouself as outoriteit! "Ek is reg, want ek is meer intelligent as jy." Of "ek is reg want ek het spesiale insig wat jy nie het nie." 
     
    Ek kan net sowel argumenteer dat ek altyd reg is want ek het spesiale agnostiese insig wat gelowiges nie het nie. Sou jy so argument aanvaar? Waarom aanvaar jy hom dan wanneer gelowiges hom ophaal?
     
  • Hallo ou Kobus

    Vir my is dit altyd ongelooflik om te sien hoe sekere mense sal gaan om hul absurde gelowe te probeer behou.

    1 ligjaar is ongeveer 9460730472580800 meter. Dis die afstand wat lig trek in een jaar teen die maksimum spoed van lig in ’n vakuum.

    Kobus, daai supernova  (1987A) se afstand is met driehoeksmeting bepaal. Doodeenvoudige driehoeksmeeting. 

    ’n Doodeenvoudige veredere berekening; met ’n doodeenvoudige deelsom daarna: deel die antwoord gekry deur die maksimum spoed van lig in ’n vakuum en die antwoord is omtrent 169 000 ligjare van ons af.

    Toe is die afstand bepaal met die normale metodes. Die antwoord was omtrent 169 000 ligjare ver.

    Die maksimum spoed van lig in ’n vakuum het dus nie verander die afgelope 169 000 jaar nie.

    Woordslaaie gaan dit nie verander nie. Maak nie saak wat jy wil glo nie. Jou geloof verander nie die realiteite nie.

    Derek

  • Kobus de Klerk

    Jy beantwoord glad nie my vrae nie, Derek! Kan jy ooit? Ek het jou vir besonderhede  gevra. Dit is duidelik dat jy self sommer net papegaai. Of is jy bang om dit te doen? Brianvds se erkenning hierbo teenoor Dolf dat allerlei omstandighede ’n beduidende invloed kan hê op die data wat uiteindelik beskikbaar sal moet wees omdat daar ’n oneindige insidensie van sulke aberrasies waarskynlik is oor die astronomiese afstande waaroor die ligstrale moet beweeg wat alles jou driehoeksmeting som gaan beïnvloed bloot omdat jy nie kan bepaal hoe lank enige van die sye daarvan werklik is, nie. Dus, julle aannames van perfekte omstandighede is ’n hersenskim en geensins wetenskap, nie.

    Julle spekuleer, gis, postuleer en teoretiseer en verkoop dit aan liggelowiges as soetkoek. Kortom, julle gorrel soos skoolseuns wat nie vir eksamen voorberei het, nie.

    As jy nie my vrae kan beantwoord nie, laat staan dan eerder die gesprek.

    Kobus de Klerk

  • Derek:

    Ek weet nie of jy hierdie gesien het nie:

    http://chem.tufts.edu/science/astronomy/sn1987a.html

    Dit is ’n heel lang artikel oor SN1987A, waarin die kreasionistiese idees heel volledig ontbog word. 

    In ieder geval is hulle idees oor dinge soos die spoed van lig en verval van radio-isotope in die eerste plek heeltemal onwetenskaplik, omdat dit nie volg vanuit getuienis nie, maar bestaan uit heeltemal arbitrêre argumente wat gemaak word met geen ander doel nie as om ’n vooropgestelde idee te probeer red. 

    Of dit nou gaan oor die ouderdom van die aarde, of oor wat sy vorm is, mens kan jou ALTYD beroep op dinge soos optiese illusies of geheimsinnige natuurwette of wêreldwye sameswerings tussen wetenskaplikes en die programmeerders van Photoshop, waarvan ons niks weet nie. Dit is nog goed en wel as mens dan algemene solipsisme voorstaan, oor alles. Maar dit doen hulle nie: enige vergesogte illusie of sameswering word opgehaal om te probeer bewys wetenskaplikes weet niks en spekuleer maar net, maar intussen is hulle oortuig dat elke enkele woord in ’n dokument wat uit die bronstydperk dateer letterlik waar is, en skielik is daar geen kans meer hoegenaamd dat dinge soos illusies of sameswerings dinge hier kan beduiwel nie. 

    Hulle plaas dus ’n bewyslas op die skouers van wetenskapolikes waaraan hyulle self glad nie kan of wil voldoen nie, en regverdig dit met ’n verdere arbitrêre argument, naamlik dat hulle nou eenmaal bloot meer spirituele insig het as die res van ons. 

    Geen wonder niemand met meer as twee breinselle neem hulle ernstig op nie.

  • Kyk nou net hoe lekker haal Kobus die deel van my boodskap aan wat hom pas, en ignoreer, die res... 🙂

  • Kobus de Klerk

    Kom ons kyk na die skakel wat Brianvds voorsien het,

    Dankie, Brianvds, jy doen die moeite wat Meyer moes doen maar waarskynlik nie weet waar om te vind nie.

    Ek is ook nie besig om iemand na te praat nie. Soos voorheen aangedui, kan ek nie met jong aarde kreasionste saamstem dat ons sterrestelsel of selfs die aarde self, net ongeveer 6000 oud is nie, bloot omdat die Woord dit in essensie weerspreek.

    In die skakel word die volgende vermeld: “In order to use the rings of SN1987A to trigonometrically calculate the distance, we must know where the rings lie.  Looking at the HST photo it appears rather clear that they are most likely centered about the star. The small ring is centered in the plane of the star and the two larger rings are centered at some distance from the star. In addition, if you look closely at the pixel intensity on the right figure, ring C appears to be behind all the other rings and ring A appears to be in front. Below are other observed systems which lend credence that this system is most likely of a similar configuration. There are also two other lines of evidence which make it definitive.  When SN1987A exploded, its light struck the central ring of gas after 0.658 years, illuminating it. Then, in the early 1990's it was predicted that the expanding shock wave of matter would hit the inner ring within about 10 years making it a source of light and x-rays. This has now started to happen… After the progenitor star Sk-69 202 exploded, astronomers measured the time it took for the energy to travel from the star to the primary ring that is around the star. From this, we can determined the actual radius of the ring from the star. Second, we already knew the angular size of the ring against the sky (as measured through telescopes, and measured most precisely with the Hubble Space Telescope). So to carry out the calculation think of a right triangle as indicated in the diagram below. The line from SN1987A to earth (distance) is the base. A line from SN1987A to the ring (the radius of the ring) is the height. The line from the ring to earth is the hypotenuse. The angle between the base and the hypotenuse is half the angular size of the ring trig formula: base = radius ÷ tan(angle) Note that taking the measurement error limits into account makes this value 168,000 light-years ± 3.5%. As shown above, the delayed illumination of SN1987A's ring allows a direct trigonometric calculation of the distance to that supernova.  But what if the speed of light changed over the travel time? Oddly enough, if we use the older Newtonian physics we find that a change in the speed of light does not affect our calculations of the distance to SN1987A! The distance is based on triangulation. The line from Earth to the supernova is one side of the triangle and the line from Earth to the edge of the ring is another leg. The third leg of this right triangle is the relatively short distance from the supernova to the edge of its ring. Since the ring lit up about a year after the supernova exploded, that means that a beam of light coming directly from the supernova reached us a year before the beam of light which was detoured via the ring. Let us assume that the distance of the ring from the supernova is really 1 unit and that light presently travels 1 unit per year. If there had been no change in the speed of light since the supernova exploded, then the third leg of the triangle would be 1 unit in length, thus allowing the calculation of the distance by elementary trigonometry (three angles and one side are known). On the other hand, if the two light beams were originally traveling, say three units per year, the second beam would initially lag 1/3 of a year behind the first as that's how long it would take to do the ring detour. However, the distance that the second beam lags behind the first beam is the same as before. As both beams were traveling the same speed, the second beam fell behind the first by the length of the detour. Thus, by measuring the distance that the second beam lags behind the first, a distance which will not change when both light beams slow down together, we get the true distance from the supernova to its ring. The lag distance between the two beams, of course, is just their present velocity multiplied by the difference in their arrival times. With the true distance of the third leg of our triangle in hand, trigonometry gives us the correct distance from Earth to the supernova. Consequently, supernova SN1987A is about 170,000 light-years from us (i.e. 997,800,000,000,000,000 miles) whether or not the speed of light has slowed down.”

    Probleme: Die aanname word gemaak dat die buitenste ringe, wat gebruik word in die trigonometriese berekening, ongeveer 10 jaar sou neem, sedert die kern ring sigbaar geword het, om sigbaar te word en dat dit kwansuis besig was om te gebeur, Maar as mens die bronne nagaan, sien jy dié inligting is al meer as twaalf jaar gelde vermeld na aanleiding van slegs 4 kolle helder lig (bestraling) wat die buitenste ring materie bereik het – en niks daarna, nie. As hulle reg was, moes dié ring mos al voltooi wees. Dus, daardie vier ligkolle moes om ’n ander rede daar verskyn het en daarvoor kan legio potensiële verduidelikings wees, veral gesien in die lig daarvan dat dit ’n komposisie (saamgestel uit 3 verskillende fotobeelde) fotobeeld is. 

    ’n Verdere probleem met betroubaarheid is die feit dat daar na die beeldelement intensiteit (pixel intensity) gekyk word as enigste primêre kriterium om die posisie van die ringe vas te stel. Dit is ’n uiters onbetroubare metode omdat baie dinge in die prosessering van die digitale beeld die beeldelement kwaliteit oënskynlik kan beïnvloed, terwyl die inherente beeldelement kwaliteit van die hele fotobeeld in werklikheid konsekwent is. Dus, beeldelemente kan die kleurskakerings oënskynlik ‘verkeerd’ aandui vanweë steurings van beeldelemente. Veral aliasering gee ’n baie korrelrige (pixelated) effek én die rekonstruksie van die beeldelemente deur die hardeware media waarmee dit besigtig moet word, sal dit beïnvloed.

    Nog ’n verdere probleem met daardie argument, om vas te stel watter ring is voor en watter is agter die sogenaamde kern, is die eenvoudige kwessie van posisionering. As Hubble se invalshoek reghoekig tot die fenomeen was, sou dié metode nie werk nie omdat alles ewe ‘vêr’ van mekaar was en ook dan is daar nog die kwessie dat Hubble se invalshoek netsowel van die ander kant kon wees – al drie sal ’n verskillende resultaat gee, terwyl die fenomeen (supernova) self, nie van posisie roteer het, nie. Die invalshoek is dus toevallig en nie doelbewus, nie en kan dus nie as kriterium dien, nie. Dan is daar ook die problematiese aanname dat die gas en materie van die supernova vinniger wegbeweeg van die sentrum af as die lig van die ‘ontploffing’ self.

    Kom ons kyk na die berekening self.

    Die aannames wat die berekenaar maak ten aansien van die variasie in die spoed van lig, hou beslis  nie water nie en is só teoreties dat dit geen praktiese applikasie het, nie omdat daar nie met onsekere 'eenhede' gewerk word nie, maar met spesifieke aannames van distansie en tyd in die standaard formule.

    Daar is dus ’n kritieke verkeerde aanname in die beredenering van daardie argument – natuurlik sal die berekende distansie verskil as die spoed van lig beïnvloed word – nie die reële nie, maar die berekende distansie.

    Die tyd wat dit neem vir die ligstraal om vanaf die oomblik van emissie tot die oomblik van sig te beweeg, is juis van kardinale belang vir doeleindes van die berekening. Dit is volgens daardie tydsduur wat die formule funksioneer om die omskakeling na distansie wat daardeur verteenwoordig word, te doen.

    Slegs indien daardie tyd vasstaan, sal die omskakeling na afstand betroubaar aan die hand daarvan bereken kan word. Dit word mos gedoen aan die hand van die beweging van lig in ’n vakuum – die ideale omstandighede. Dus, as dit werklik 1 jaar neem, sal die afstand afgelê volgens die standaard 9,454,256,280,000 km wees. As die objek dan 100 ligjare weg is, d.w.s. die lig neem 100 jaar om ons te bereik, sal die afstand 945,425,628,000,000 wees in ons voorbeeld. Maar as die tydsduur van die lig om ons te bereik wissel, beteken dit nie dat die supernova nader of verder is nie, maar dat die ligspoed varieer en as die ligspoed varieer sal dit noodwendig ’n effek hê op die geïnterpreteerde afstand wat daarmee geassosieer word.

    Kortom, as die ligspoed varieer as gevolg van swaartekrag, debris, refleksie, refraksie, gaswolke, kosmiese stof, diffusie, ens. dan sal die geassosieerde afstand wat afgelê word in daardie tydsbestek ook wissel. In ons voorbeeld – weens die veranderlikes neem dit nou nie 100 jaar om vir ons sigbaar te word nie, maar in realiteit 140 jaar, argumentshalwe. Tog, omdat ons nie weet van die veranderlikes se invloed nie en ons dit ook nie kan bereken of daarvoor kontroleer, nie, sal ons aanneem dat die lig slegs 100 geneem het en dat die spoed waarteen daardie lig beweeg het, is volgens die standaard interpretasie.

    Ons informasie is dus reëel  foutief omdat die rieële  gegewens  van ons aanname daarvan ooreenkomstig ons standaard formule wat nie daarvoor voorsiening kan maak nie (vanweë die onberekenbare insidensie ne effek van veranderlikes onderweg), en is ons aanname - interpretasie -  van distansie op sterke van ons standaard formule is geheel en al onbetroubaar in die omstandighede.

    Dat daar invloede op die spoed van die lig sál wees omdat dit juis nie deur ’n vakuum beweeg nie, kan met ’n redelike mate van sekerheid aanvaar word. Daar is egter geen manier om te sê tot watter mate die ligspoed geaffekteer word oor daardie astronomiese afstande nie vanweë die onberekenbare insidensie van onbekende veranderlikes en derhalwe is die berekening van die lengte van die driehoek se bene algar foutief omdat een berekening op foutiewe aanname berus. Onthou, ál die data word op dieselfde prinsiep bereken en sal die tyd wat dit neem vir die lig van die kern tot die buitenste ring vir ons interpretasie daarvan aan die hand van ons standaard formule, onderhewig wees aan dieselfde probleme.

    Dus, die kanse is uitstekend dat SN1987A véél nader (omdat die lig daarvan in werklikheid veel langer neem as wat die interpretasie daarvan volgens die standaard toelaat) aan die aarde is as wat dit trigonometries van hier bereken word op veronderstellings dat daar niks is wat die spoed van lig wesentlik beïnvloed nie, is uitstekend, maar nie berekenbaar nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus, meeste van wat jy ophaal is irrelevant. Indien die ligspoed minder is as in vakuum, sal dit bitter min verskil maak aan die kern van die argument, wat immers nie is dat die ster presies 170 000 ligjaar ver is nie, maar bloot dat hy baie beslis verder as 6000 ligjaar is.

    Soos ek vantevore gesê het, al moes die lig deur soliede glas beweeg, sou dit aan die kern van die argument geen verskil maak nie. Ons weet egter dat dit nie die geval is nie, want as die medium waardeur die lig moet beweeg dig genoeg is om ’n wesenlike verskil te maak, gaan dit ook te dig wees vir die lig om enigsins deur dit te kan beweeg. Lig sal immers nie deur ’n ligjaar se soliede glas beweeg nie.

    Dit is nie vir my duidelik hoekom jy hier enigsins stry en baklei nie siende jy in elk geval nie ’n probleem het met ’n ou heelal nie. Skynbaar voel jy jou genoop om te verskil van letterlik enigiets wat ek sê bloot omdat dit ek is wat dit sê.

    Kom ons maak dit makliker: my opinie is dat die aarde min of meer sferies in vorm is. Stem jy saam?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top