Die Ingrid Jonker Prys aan Karin Schimke oorhandig

  • 0

Die Ingrid Jonker Prys is gisteraand, 8 Oktober 2014, aan Karin Schimke oorhandig tydens ’n klein, intieme geleentheid by die Protea Hotel Fire & Ice aan die bopunt van Breëstraat in Kaapstad.

Schimke het die prys gewen vir haar debuutwerk Bare & Breaking.

Finuala Dowling, ’n vorige wenner van die Ingrid Jonker Prys (2003 vir i flying), was die seremoniemeester en sameroeper van die komitee wat die prys beoordeel het.

Ingrid Jonker se dogter, Simone, het die prys aan Karin oorhandig.

Karin het in twee tale gedigte voorgelees. Bare & Breaking bevat ’n aantal Afrikaanse gedigte.

Julia het haar ma se toespraak opgeneem.

Hier is nog lede van hierdie jaar se Ingrid Jonker-span.  Van links na regs is Beverly Rycroft (beoordelaar en 2012-wenner vir Missing), Leon de Kock, Finuala Dowling, Karin Schimke (die wenner) en Liesl Jobson (beoordelaar). Die derde beoordelaar, Geoffrey Haresnape, het ’n ander afspraak gehad en kon nie die geleentheid bywoon nie.

Hier is Karin saam het haar lewensmaat, die digter-argitek Andries Samuel.

Karin is ook ondersteun deur haar kinders en hulle vriende. Hier is Casey Cooper, Karin se seun Oliver, Karin, Karin se dogter Julia en Eloise Stenslunde.

Hier is Karin en haar ma.

Karin en haar seun, Oliver.

Antjie Krog en Karin Schimke.

Karin saam met Albie van Schalkwyk, sy vrou Hanna en Andries Samuel.

Hier is Karin saam met Mike Cope, die seun van Jack Cope wat ’n lang verhouding met Ingrid Jonker gehad het. Mike het ook vir Ingrid geken.

Melvyn Minnaar, kuns- en wynskrywer, wens Karin geluk.

Ernesto Garcia Marques en Simone.

Anneleigh Jacobsen en Wamuwi Mbao, die SLiP-projekkoördineerder.

Lesley Byram (Cape Times) Liesl Jobson en Anneleigh Jacobsen.

Sandi en Nosisi Sokutu van The Bookery.

Die krag van die sosiale media ...

Die foto vertel sy eie storie.

Koop Bare & Breaking by Kalahari.com

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top