Die huwelik onder druk

  • 31

SA spog dat meer as 80% van die totale bevolking Christene is, en als sodanig, hoort sodanige Christene aan Jesus gehoor te gee waar hy sê dat die huwelik nie ontbind mag word tensy dood of owerspel aanleiding daarvoor gegee het nie. Matt.5:31,32.  Behalwe vir kerke soos bv die Katolieke Kerk, steur ander kerke hulle glad nie hieraan nie, en doen nie eers die moeite om vooraf ondersoek in te stel of die dominee, pastor, predikant, ens, wanneer hy 'n paartjie in die eg bevestig, of hy volgens Jesus se opdrag, deur God gemagtig is om wel sodanige eg Christelik te kan bevestig.  (Ek wonder baiekeer, hoeveel SêNet-skrywers wat met my ateïsme en homoseksualiteit 'n probleem het, wel meer as een keer getroud is of nie, en my skynheilig aanval deur die Bybel teen my kop te slinger!)

Die tendens inteendeel, is dat in 'n vinnig groeiende bevolking, die aantal huweliksbevestigings jaarliks besig is om drasties af te neem.  In 2006, met 'n bevolking van by die 48mil was 185000 huwelike geregistreer. Elke daaropvolgende jaar, het die huweliksbevestigings stelselmatig afgeneem en met die 2011 sensus was daar maar 'n karige 167000 registrasies met 'n bevolking van by die 55mil! (bl18 tabel 1).  Die grootste tragedie is dat die aantal egskeidings onder by die 4mil blankes 6730 was, terwyl onder swartes by die 30mil in dieselfde jaar, maar net 7517 geregistreer was, weinig getal verskil tussen twee bevolkingsgroepe met uitermatige uiteenlopende getalle per bevolkingsgroep (bl 33 tabel 10). Van die totale egskeidings van 20980, het 50% ontbind binne die eerste 10 jaar, met 'n addisionele 30% gedurende die daaropvolgende tien jaar (bl.38 tabelle 17 en 18).

http://www.statssa.gov.za/publications/P0307/P03072011.pdf

Hierdie tendens gee aanleiding tot al hoe groter enkel-ouer gesinne (veral onder swartes) en ongetroude saambly-gesinne (veral onder blankes).  Verskeie faktore gee aanleiding hiervoor, waarvan die vernaamste ekonomiese druk is, veral onder swartes, en ontnugtering in die Christelike leer, veral onder blankes.  Hierdie situasie is ongesond vir redes van hoër immoraliteit tot gevolg en die dienooreenkomstige hoër verspreiding van die HIV-virus.  Daar blyk tans geen staatsbeleid of beplanning te wees om die situasie om te keer nie.

Jaco Fourie

 

  • 31

Kommentaar

  • Genugtig Jaco, slaap jy in die nag? Jy het darem gemoedsbekakkings soos ek nog nooit van enige normale persoon gehoor het nie.

  • Reusedwerg

    "Gemoedsbekakkings" is dit jou christelike verweer op wat ek te se het?

    Indien jy 'n intellegente gesprek wil voer, doe so voort, maar om jou uiterste gebrek aan basiese algemene kennis in die publiek te toon, is eintlik 'n verleentheid vir enige leser om te lees.

  • Beste Jaco
    Ek weet nie waarom jy die Bybel aanhaal nie en dan die nuwe Testament. Jou mede-ateïs het dit tot mites verklaar. En nou is my vraag waarom jy hom nie reghelp nie, want mites kan kwalik dien as 'n riglyn.
    Die teksverse wat jy aanhaal volg op die gedeelte wat handel oor 'slegte seksuele behoeftes'. Nou is dit opmerklik dat Jesus nie die wetlike prosedures wat die Jode gevolg het om te skei ophef nie, maar dit duidelik maak die die wetlike prosedures insluitende die skeibrief eintlik teen die plan (wil) van God is.
    En nou is dit opmerklik dat dit oor 'n verhouding tussen man en vrou gaan en dit 'n huwelik is wat Jesus ook deur sy bywoning vereer het.
    Nou kom homoseksueles soos jy en probeer dan ook om die kerk sover te kry om nog verder af te wyk deur ook 'n verhouding tussen man en man en vrou en vrou as 'n huwelik verklaar te kry, en dan te vereis dat die kerk dit moet bevestig.
    Die huwelik het dus vir julle 'n Trojaanse perd geword waarmee julle die kerk inval. Jammer maar dit werk nie by my nie, veral in die lig van die skrifgedeeltes wat jy aanhaal.
    Skei is dus dikwels die resultaat van verkeerde keuses veral in die jeug deur onbesonnenheid. Geen mens trou willens en wetens met die oog om weer te skei nie. Skeibriewe is dus 'n manier om verbrokkelde verhouding so ver as wat moontlik is te ontbind en reg te herstel.
    Maar jy het willens en wetens in 'n verhouding ingegaan wel wetend dat dit nie die verhouding is waaroor Jesus die Jode aanspreek nie.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Jammer daar trap ek in die slagyster. Moes geweet het om nie jou banaliteit te lees nie. Ek dink jy is 'n verskriklike eensame gefrustreerde onvergenoegde mens. Jy klink kwaad vir die lewe en vir jou medemens wat nie soos jy is nie. Jy is ongelukkig oor die Afikaners in die land. Jy is ongelukkig oor hetroseksueles wat getroud is en hulself Christene noem. Wat die donner is jy nie oor moerig nie. Kry 'n lewe pel en hou op om gal te braak oor mense wat nie jou lewenstyl deel nie.

    • Reusedwerg
      Banaliteit! He-he! Wie is dan die christen wat met troebel mond, woorde soos "gemoedsbekakking, donner en moerig" hier op die Sê rondloop. Lees gerus jou Bybel, en veral Jak. 3:9,10 "Uit dieselfde (christen) mond kom lof en VLOEK!" Definitief op jou van toepassing.
      Maat. Ek is alles behalwe eensaam. My vriendekring strek wyd, onder beide gays en heteros, selfs oorsee, besoeke wat ek jaarliks aanpak en veral onder my vorige landbouboere-kliënte wat ek steeds besoek en wederom. Jy is die een wat eensaam voorkom, jy is die een wat oor Afrikaners swartgallig is (nie ek nie). So moenie jou persoonlikheid op my probeer ekstrapoleer nie.
      Tot dusver het jy hier op SêNet geen gesprek van enige waarde gewissel nie, behalwe net 'n ewigdurende gekerm. Jy klink na 'n ou man te wees, een van die dae uit die prentjie. Kry plesier in die bietjie lewe wat vir jou steeds oorbly man.

  • FC Boot
    Oudergewoonte lees jy nie jou Bybel deeglik nie. Wat jy alles hierbo gesê het, weerspreek jy Jesus se opvatting mbt die huwelik, sonder enige Bybelse stawing vir jou opvatting nie. Dienooreenkomstig toon jy dat kompromis met die sekulêre en Bybels deel van jou geloof is, dws een voet in die Bybel, en een voet in realiteit.
    Jy veralgemeen ook soos gewoonlik. Nêrens sal jy vind dat ek ooit gay huwelike persoonlik ondersteun het nie, veral nie in die Christelike sin nie. Inteendeel, ek glo alleenlik in 'n sekulêre kontraktuele ooreenkoms tussen pare, hetsy gay of heteroseksueel. Maar ja. Indien die Christelike roete vir beide gay en hetero hul keuse en geluk is, wie is ek om sodanige geluk te steur?

    • Beste Jaco
      Lees gerus.
      http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ng-kerk-neem-finale-besluit-oor-gays/
      asook weer Mat 19 vers 4.
      Jesus het dadelik 'n teenvraag vir hulle gereed gehad: "Ken julle dan nie julle Bybel nie? Weet julle nie daar staan geskryf dat God heel aan die begin man en vrou gemaak het om lewenslank bymekaar te bly nie?
      5.Daarom het God gesê: “Die dag wanneer 'n man trou, sal hy nie meer by sy ouers bly nie. Nee, hy en sy vrou sal dan op hul eie gaan bly. Hulle sal liggaamlik en geestelik een word.
      Hy gaan dan verder en sê egskeiding is nie deel van God se oorspronklike plan nie.
      Jesus ontken ook nie Moses se instelling van die skeibrief nie en maak dit nie onwettig nie.
      Jesus sê egter die skeibrief is daar omdat jul kop en hart so hard as klip geword het en nie wou luister dat God se voorskrifte nie en nie wou bly by God se oorspronklike plan nie.
      Dit moet baie duidelik wees dat God se oorspronklike plan nie 'n verhouding tussen 'n man en 'n man en 'n vrou en 'n vrou insluit nie. Enigiemand wat dit deur middel van 'n huwelik probeer doen is besig om die huwelik soos 'n Trojaanse perd te gebruik om die kerk binne te val. Ek sê nie dat jy een van die is nie maar ontkenning neem nie die feit weg nie dat daar wel diegene is wat dit doen.
      Die NG kerk het dan al sover volgens Maroela-media gegaan dat: "Die kerk sal egter slegs ʼn wetlike verbintenis tussen ʼn man en ʼn vrou as ʼn huwelik beskou. Volgens die kerk se besluit sal daar wel erkenning verleen word aan die status van burgerlike verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag. Predikante ‘wat hul weg oopsien', kan hierdie verbintenisse bevestig."
      Ja vandag skei mense nog steeds, maar dit kan nie dit wat Jesus sê ongedaan maak nie.
      Die huwelik het niks met geluk te make nie en as jy 'n huwelik op menslike geluk bou gaan jy gou bedroë anderkant uitstap.
      Lekker dag.

      • FC Boot
        Tensy Jesus homself erg weerspreek, is Sy klinklaarhelder-opdrag dat die huwelik geensins ontbind mag word behalwe vir owerspel (van die ander party) en die dood nie. "Maar EK (Jesus) se vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe vir hoerery, en 'n ander een trou, pleeg egbreek. Matt.19:9. Laat die huwelik in all opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet, want die Here sal hoereerders en egbrekers oordeel. Heb.13:4.
        Indien jy (FC Boot) geskei was en weer getrou het, het jy ewe probleem as die gay Christen met God volgens die Bybel! Inteendeel, die gay kan besluit om selibaat of hetero te word, maar die geskeide kan die situasie nie omkeer nie en bly daarin vasgevang.
        Jy kwoteer Maroela-media wat die NG Kerk se besluit mbt gays is. Maggies man! Indien ek SA Sensus moet glo, is omtrent helfte van NG lede geskei, en in God se oë, mede-oortreders met gays. Egskeiding is geen probleem vir die dominee om geskeide paartjies weer te trou, teenstrydig met Jesus se opdrag, maar gaywees wel? Ten minste neem die Katolieke Kerk Jesus se opdrag baie ernstig op, die dat egskeidings onder hulle soveel minder is as by Protestante te vind.
        Daar is verskillende motiverings vir huwelike; vir geld; vir aansien; weens groepdruk; weens kulturele vereistes (veral in die Ooste), en ook vir geluk. Uitsluitlik met 'n gelukkige huwelik, word die man en vrou een mens. Met die ander motiverings genoem, sukkel die man mettertyd met ereksieprobleme, en bly die paartjies twee mense, nieteenstaande enige Christelike kontrak; dus verskil ek met jou in jou sluitingsin hierbo.

        • Jaco
          Ek neem aan dit is jou kommentaar. Nee jy maak dieselfde denkfout as die ANC.
          Beide van julle verkeer onder die indruk dat Jesus aardse wette en instellings omver kom werp het. 'n Soort vryheidsvegter dus.
          Dit is nie waar nie, maar 'n leuen uitgedink deur die Vader van die leuen en verder versprei deur mense. Jesus het Hom vrywillig onderwerp aan die wette ingestel deur aardse heersers, soos die Romeine, al het hul ook die uitverkore volk met geweld verower. Betaal aan die keiser wat die keiser toekom.
          Kom ek gooi nog 'n knuppel in die hoenderhok. Indien Jesus onder die apartheidsregering gebore was sou Hy nooit wapengeweld of opstande aangemoedig het nie. Hy sou wel die aspekte van apartheid aangespreek het wat die riglyne vervat in die Bybel oorskry en die Owerheid aangespreek het om hul beleid in lyn met die Bybelse riglyne te bring.
          Jesus hou dus deeglik rekening met die sondige aard van die mens wat reguit indruis teen God se plan en sê dan: Omdat julle hart en verstand soos klippe geword het is daar vandag skeibriewe.
          Om die rede verskaf Jesus ook 'n rede waarom daar skeibriewe is.
          Laat dit met jou goed gaan.

          • FC Boot
            Ek kry die indruk jy is 'n geskeide wat weer hertrou het, dis die dat hierdie tekste vir jou 'n tere saak is om dit te wil wanvertolk tot eie voordeel. In die betrokke tekste sê Jesus duidelik en uitdruklik dat Moses die skeibrief ingestel het, (nie 'n staat of selfs God nie) en hy gee die redes waarom MOSES dit gedoen het, maar sê ter selfde tyd wat God bymekaar (nie Moses nie) gevoeg het, mag niemand skei nie, en in dieselfde asem eindig Jesus af om te sê behalwe vir owerspel, en dat indien enigeen God veronagsaam mbt die huwelik, egbreuk deurgaans deur die betrokke persoon gepleeg word, dws elke keer wat hy seks met die aangetroude persoon het, pleeg hy egbreuk.
            Jy en Jan se skryfstyl is soortgelyk, ook lief vir jul analogie, Jan vir taal en politiek, jy ten opsigte van godsdiens. Is julle twee nie een en dieselfde persoon nie?
            Die einste analogie wat jy gebruik om egskeiding in die kerk te probeer regverdig, dws onderwerp aan staatswette, kan die gay presies dieselfde analogie gebruik om homself in die kerk te regverdig en dit sal jy nie wil aanvaar nie, want dit gaan jou nie pas nie. Daar is staats gay-wette wat die kerk hom nie aan wil onderwerp nie.
            Jy skryf: "Jy (Jaco) verkeer onder die indruk dat Jesus aardse wette en instellings om ver kom werp het." Dis 'n blatante leuen. Jesus het gesê nie een titel van die wet sal vergaan nie al vergaan die wêreld. Jesus se gee aan God wat God toekom (sy tiendes en offerandes) en aan die keiser wat die keiser toekom (belasting).
            Moenie Jesus se woorde verdraai nie, veral nie om jou sondes as moontlik geskeide te probeer wegpraat nie.

  • Reusedwerg

    Neem 'n blaadjie vanuit FC Boot se bydraes. Al verskil ek meermale met hom, is sy bydraes ten minste ver verhewe bo joune.

  • Aag toe nou ou seun. Luister nou mooi wat die ou man vir jou gaan sê, maak vrede met jouself. Maak vrede met jou medemens. Jy glo duidelik nie aan God nie, so jy kan/wil nie met Hom vrede maak nie, alhoewel Hy vir jou wag om dit te doen. Dit kos niks. Dit is werklik nie aanvaarbaar om mense se geloof verdag te probeer maak nie. Los die Christen gelowiges uit, konsentreer bietjie op die Moslem en die Hindu. O, ja, ek dink jy het werklik 'n verwronge idee wat 'n Christen/gelowige mens is of moet wees. Ons loop nie op water nie. Ons is feilbaar, pleeg sonde, is menslik. Trou en skei. Drink, pleeg hoerery, dobbel en wat nog alles. Jy hang beslis met die verkeerde gelowiges rond boetie. O ja, wie gee jou die reg om my te veroordeel oor my taalgebruik, dan het jy nog die vermetelheid om 'n Bybelvers vir my aan te haal. Hou jouself liewers besig met konstruktiewe goeters, en luister bietjie wat die ooms en ou manne sê, en kry daardeur wysheid.

  • Reusedwerg.

    Weer eens. Jy het werklik niks konstruktiefs om te sê nie! Jy kom voor as 'n verbitterde ou man wat suur is omrede ek jou gereeld in die bek geruk het weens jou onvermoë om 'n intillegente bydrae hier op SêNet te maak. Maak eerder vrede met jouself ou.

  • Beste Jaco,
    Ek is nou werklik tot in my skoene toe geskok. Kyk net die soort Christene waarmee Reusedwerg omgaan. Hulle trou en skei, dobbel, drink, pleeg hoerery en wat nog alles. Ek het nog altyd gedink die goed is vroom. My Christen-buurman sit vir hom elke Sondag oogklappe aan met sy Bybel en skreebybeltjie as hy kerk toe gaan en by ons swembad verbyloop waar my vrou in haar bikini in die son lê.
    Groete,
    Angus

  • Ai tog Angus. Julle is vir my nogal skreeusnaaks, jy en jou anti-Christene. Dit is ongelukkig die probleem met die ateïste, anti-Christene, anargiste en andere. Ek sal selfs so ver gaan daar is "Christene" wat dieselfde sienings as julle huldig. Almal het die vooropgestelde idee wat en hoe 'n Christen/Gelowige moet lyk en optree. As gevolg van jul vooropgestelde idees is julle nou erg teleurgestel. Soek maar voort, as jy eendag 'n Christen raakloop soos wat in jul drogbeelde opkom, laat my weet. Ek sal graag 'n Christen/Gelowige wil ontmoet wat op water kan loop, sondeloos is en beter is as iemand anders. Jammer as die Christene julle teleur gestel het, ons sal vergifnis vra daarvoor, maar nie by julle nie. Mooi loop en sterkte vir jou ook. Ek neem aan jy is nie 'n ou man nie, want jou buurman beloer jou vrou. Of is jy een van die wat 'n jonger enetjie nadergesleep het? Waar in Thekwini bly jy dat jou vrou in die son kan lê, want die afgelope ruk is dit knaend bewolk?

  • Angus.
    Dis die dat ek onderskeid maak tussen 'n "christen" en 'n Christen. Altwee ken nie hulle Bybels nie, die verskil is dat die "christen" met sy vele aanhalings vanuit die Bybel buite konteks verloën die kernboodskap daarvan in sy geveinsde lewenswyse en opvattinge. Die Christen in teenstelling, ten spyte van 'n gebrek aan Bybelkennis, is vir almal ooglopend as Christen kenbaar met sy handelswyse en gemoedstoestand teenoor sy medemens. Jesus self gee voorbeelde van die twee. Die een staan in die kerk in minagting teenoor ander, laat almal sien hoeveel hy vir die kerk gee, doen en dank die Vader hy is nie soos die of daardie persoon nie, wyl die opregte Christen onderliggend met empatie sonder oordeel gevul is. Hier op SêNet is Trienie vir my 'n voorbeeld van 'n Christen, en Reusedwerg die van 'n "christen".

    • Beste Jaco
      Ten minste kan ek nou sien dat dit jy is wat hier skryf. Onthou as volgelinge van Christus is daar ook twee kante. Christus het nie geskroom om die skrifgeleerdes en Fariseërs hard aan te spreek nie oor hul praktyk en vir die volk en sy dissipels gesê: Mat 23, “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk.
      3 Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sê, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle sê nie.
      4 Hulle bind swaar en ondraaglike laste saam en sit dit op die mense se skouers, maar self wil hulle nie 'n vinger verroer om dit te dra nie.
      5 Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. ".
      Jy sien dus dat Jesus nie die gesag van die skrifgeleerdes en Fariseërs ondermyn en wegneem nie maar wel hoe hulle in die praktyk daaraan gestalte gee.
      Christus bly dus nie stil nie. Daarom kan ons as Christene ook nie stilbly en 'n salfie smeer oor dit wat reguit bots met God se verlossingsplan en dan toe te laat dat die kerk gerysmier word deur mense wat van die kerk 'n humanistiese of politiese speelbal wil maak nie.
      Straf en vergewing en bekering loop hand aan hand en diegene wat dit wil skei gaan sigself in ’n maalkolk bevind waaruit hul nie kan ontsnap nie.

  • Aag boetman, die oom steur hom in elk geval nie aan jou oordeel nie, want jy het in die eerste plek nie die reg om my te oordeel nie. Soos ek al voorheen gesê het, ek bid selfs vir jou ook. Sterkte man, mag dit met jou goed gaan. O ja, om venynig te wees is nie 'n mooi karaktertrek nie. Dit is 'n voorbeeld van afgunstigheid en onvergenoegdheid soos jy seker al in die Bybel raakgelees het. Soet wees nè.

  • Reusedwerg

    Jy skryf: " Dit is 'n voorbeeld van afgunstigheid en onvergenoegdheid soos jy seker al in die Bybel raakgelees het." Wees so vriendelik en kwoteer my die teks.

  • FC Boot
    Dankie vir jou addisionele voorbeeld in die NT, die keer hoe geveinsde en valse "christen" leierskap in die kerk uitgeken kan word.
    Christus het die Fariseërs in jou genoemde tekste veroordeel, maar het nie hierdie reg van oordeel aan enige lede van die kerk oorgedra nie. Die goddelike reg van oordeel bly uitsluitlik Jesus en God se uitsonderlike voorreg volgens die NT.

    • Beste Jaco
      Twak. Jy kan mos nie die die Evangelie verkondig as jy nie op die gevolge van die nie-aanvaarding en verwerping daarvan ook verkondig nie. Daar kan mos net oortredings wees as daar 'n wet is. Sonder wette in watter vorm ook al is daar geen oortredings en dus ook geen straf nie.
      Onthou nou as jy reken dat jy volgens jou eie opvattings 'n goeie en morele lewe gelei het en die 'wet' in jou hart is, sal jy daarvolgens geoordeel en gestraf word as jy dit oortree.
      Dit is waarom Christus gekom het om die mens van die las te verlos, omdat ons vanweë menslike natuur nie daartoe in staat is, en dan word ons nie meer geoordeel aan die hand van die wet nie, maar aan ons geloof en of ons dan uit dankbaarheid so lewe dat ons steeds die sout van die aarde ook teenoor opvattings soos joune is.
      Daar is dus 'n toekoms vir enige mens wat ongeag sy seksuele oriëntasie Jesus Christus as sy enigste Verlosser en Saligmaker aanvaar en nie eers soos Angus probeer om Hom uit die menslike geskiedenis uit te skryf nie.
      Lekker dag.

  • FC Boot
    Jy sê vir Jesus "Twak", want ek het Hom gekwoteer. Alles wat jy hierbo geroggel het, staaf dit vanuit die Bybel asseblief!
    He-he. Jy het nie ontken dat jy 'n vorige geskeide is nie. Weereens he-he. Soveel keer as wat ek en jy seks het, is ons twee in dieselfde bootjie volgens die Bybel. In jou geval volgens Jesus, en in my geval volgens Moses.

    • Net om te bewys hoe deurmekaar ateïste se denkwyses is en hoe hul mekaar weerspreek. Kyk na die volgende kommentaar.
      Jaco sê:
      "Jy (dit is nou ek)sê vir Jesus "Twak", want ek het Hom gekwoteer. Alles wat jy hierbo geroggel het, staaf dit vanuit die Bybel asseblief!
      He-he. Jy het nie ontken dat jy 'n vorige geskeide is nie. Weereens he-he. Soveel keer as wat ek en jy seks het, is ons twee in dieselfde bootjie volgens die Bybel. In jou geval volgens Jesus, en in my geval volgens Moses."
      Nou kom Angus en sê:
      "Beste FC Boot,
      Christus was nog nooit in die menslike geskiedenis nie. Hy kan dus nie uitgeskryf word nie.
      Groete,
      Angus"
      Dit is nogal 'n probleem want volgens Jaco het hy 'Jesus' wat volgens Angus nie bestaan nie aangehaal. Hier is my raad aan beide weer, besluit nou vir eens en altyd onder mekaar of Jesus bestaan het of nie.
      As 'n mens iemand wil kwoteer moet jy hom/haar volledig aanhaal en nie net dit wat jou pas nie. Nou wat Jaco nalaat om te sê is dat Jesus nie die instelling van Moses van die skeibrief ophef nie, maar dit duidelik maak dat dit (skeibriewe) nie deel van God se plan was nie.

      • FC Boot
        Jy skryf: "Jesus het Moses se skeibrief nie onthef nie". Hy het definitief die skeibrief afgekeur toe Hy in dieselfde asem gesê het: wat God bymekaar gebring het, mag nie geskei word nie, en dat die geskeide (soos FC Boot) egbreuk pleeg met elke seksdaad sonder sy oorspronklike vrou (Matt 19:9). En jy weet wat met egbreukers en gays gebeur? Hulle vergesel mekaar hel toe (1 Kor.6:9). In die hel gaan ons klere van ons lywe afbrand, en staan ek en jy kaal langs mekaar. Wie weet wat ons dan nie met mekaar sal aanvang nie, ek kan net spekuleer ...
        Dat dit vir jou problematies is (soos jy dit stel), kan ek goed verstaan, want 'n mens moet slim wees om te verstaan dat ateïste nie eenders dink nie behalwe vir die enkele konsep dat hulle in geen god glo nie.

  • Beste FC Boot,
    Christus was nog nooit in die menslike geskiedenis nie. Hy kan dus nie uitgeskryf word nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Jaco

    Afkeuring beteken nie opheffing nie. Nee jy het al weer die kat aan die stert beet.
    Christus het gesterf nie net vir die 'sondes' wat gepleeg isnie, maar ook wat gepleeg gaan word.

    • FC Boot

      Hoe lekker. Dit lyk vir my wat jy hierbo skryf, kan ons maar met hartelus sondig, want ons gaan in elk geval elke keer vergewe word, dus is hel maar eintlik oorbodig.

      • Beste Jaco

        Nee dit beteken nie dat ons maar kan aanhou sondig sodat die genade meer kan word nie,maar dat daar by elke gelowige 'n vaste voorneme moet wees om sy lewe in te rig volgens God se plan en nie willens en wetens te bly voortploeter nie.

        Lekker dag

  • Om na hartelus te kan sondig, moet jy 'n gelowige Christen word.
    Ay, there's the rub! (verskoon tog, Hamlet.)

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top