In die gesig gevat

  • 49
Omtrent almal is kwaad vir boodskapper Darwin omdat hulle nie meer kan ontken dat hulle soogdiere is nie. Verwaandes is oortuig dat hulle tussen gode hoort, maar word geleer om onkundig minderwaardig te bestaan.
 
CM
  • 49

Kommentaar

      • CM ja, dit kan vertolk word dat ek bietjie snydend teenoor Darwin was en dit was glad nie die bedoeling nie; Darwin was 'n wetenskaplike by uitstek. Ek het dit eintlik teen diegene wat die evolusieteorie blindelings aanhang met 'n veel sterker geloof as enige Hindoe, Christen, Islamiet of Boeddhis.
        Laat my dink aan die mense wat geglo het 'n tienpondgewig val tien keer vinniger as 'n eenpondgewig omdat Sokrates (Plato?) so gesê het. Selfs na Galileo gewigte van die Toring van Pisa laat val het om die teendeel te bewys het hulle dit nog nie geglo nie.

      • Hoe dan nou? Wil jy hê ek moet van die evolusieteorie vergeet? Of reken jy dis nie 'n teorie nie maar 'n wet (soos die van Archimedes of Boyle)?

  • Beste CM,
    Jou klip jaag nou weer al die oningeligtes oor evolusie uit die bos uit.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus,
      Diegene wat kwansuis soek na die waarheid, weier om te weet wat waar is. Dit bly verbasend hoekom opvoeders sekere dele van die geskiedenis misken. Dit word seker verbloem vir eie gewin.
      Groete.
      CM

  • Beste Angus
    Die evolusieteorie is vreeslik vol gate. Die feit dat vir geswore aanhangers enige alternatief nog meer gate het is natuurlik nie noodwendig die rubberstempel vir die geldigheid van die teorie nie. Dit is maar 'n moeilike storie.
    Groetnis
    Jan Rap

  • Beste Jan,
    As jy die gate uitwys, dan kan ons dit bespreek. Die Bybelse skeppingsverhaal was eens voldoende vir die wetenskap, maar nie meer nie. Tot dusver werk die evolusiemodel nog die beste. Die gateprobleem van die kreasionis is oneindig. Sodra een gat toegestop word, kla hulle oor die twee gate aan weerskante van die ou gat.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Ek stem saam.
      Ek skiet nie die evolusieteorie af as totale onsin nie, ek sê net hy is nog te vol gate om blindelings en klakkeloos te aanvaar.
      Groetnis
      Jan Rap

  • Beste Angus
    Wat nou as jy sê :"Sodra een gat toegestop word, kla hulle oor die twee gate aan weerskante van die ou gat." Beteken dit nou dat die evolusieteorie sy gat gesien het?

  • Beste Jan,
    Jy moet tog nooit iets blindelings en klakkeloos aanvaar nie, of dit nou 'n gat het of nie. Baie het al so hulle s'n gesien.

    As die evolusieteorie nie "totale onsin" is nie, is dit vir jou nog onsin. Wys asseblief die onsin uit met voorbeelde. Moet net asseblief nie die kreasionis se onkunde toon deur te sê evolusie is die een ding stam van die ander af nie. Die diaken en ouderling wat my gereeld besoek om my te bekeer, glo dat die evolusie sê mense stam van ape af, en ape weer van amoebe.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus, telegramstyl:
      Parasiete - daar is een parasiet byvoorbeeld wat een deel van sy lewenssiklus in 'n mier spandeer en 'n ander deel in 'n skaap. Dis ingewikkeld, wat het die parasiet gedoen in die miljoene jare voor daar skape, selfs reptiele, was? Hoekom so'n ingewikkelde nis? Behoud van energie, ekonomie, termodinamikawette ens behoort mos 'n baie makliker en leefbare nis tot gevolg te hê.
      Die oogpister - hoekom chemikalieë ontwikkel in plaas van net bloot groter vlerke of sterker agterpote (soos brandas-goggatjies)?
      Daar's nog maar dis nou al laat.
      Groetnis
      Jan Rap

  • Beste FC Boot,
    Jy moet fyn lees as jy Animal Farm lees.
    "All animals are equal but some animals are more equal than others."

    • Dear Angus

      You say that '"All animals are equal but some animals are more equal than others" ,but if 'more' means 'existing in a greater quantity, amount or degree or existing in greater numbers, all animals cannot be equal.

  • Beste FC Boot,
    'n Kreasionis is eintlik 'n wese wat ontstaan het nadat Darwin sy evolusieteorie gepubliseer het. Hierdie wese glo dat die god van die Bybel elke lewende organisme apart geskape het. Die kreasionis beveg evolusieteorie hand en tand, met hoofsaaklik aanmerkings soos dis te vol gate om dit te aanvaar, ens. Die meeste se kennis strek nie verder nie as om verskriklik te lag omdat evolusie vir vir hulle beteken dit dat die mens van die aap afstam.

    Groete,
    Angus

  • Beste Jan,
    Ek wil dit nou nie so ingewikkeld maak nie. Jou vraag na wat die parasiet gemaak het voordat daar 'n skaap of reptiel was, wys vir my dat jy nie die evolusieleer verstaan nie. Jy glo dat soos God die parasiet geskape het, (6000 jaar of miljoene jaar gelede?) so bestaan en lyk hy vandag nog. Parasiete het nie begin as parasiete nie. Deur natuurlike seleksie het hulle parasiete geword.

    Weer eens verstaan jy nie die evolusieleer en sy drywer, natuurlike seleksie, nie. Natuurlike seleksie het nie intelligensie nie. Soos die oogpister geëvolueer het, is maar gedurig gebruik gemaak van dit wat daar is. Chemikalieë was seker makliker om te ontwikkel as groter vlerke. Dalk het groter vlerkte gelei tot uitsterwing van die goggas wat groter vlerke ontwikkel het. Ek weet nie.
    Dit bring my by nog iets. Onkunde van my of enigiemand anders beteken nie 'n gat in die evolusieleer nie. Die evolusieleer is so omvattend dat g'n enkele mens dit volledig verstaan nie. Dit sal 'n groot span deskundiges kos om daarby uit te kom, en dan sal die dierkundige nie weet waarvan praat die breinspesialis nie. Die kenner van parasiete sal die plantkundige heeltemal dronkslaan.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Jy verstaan nie - ek het nooit gevra wat die parasiet gemaak het nie. Ek sê, aangesien die mier miljoene jare voor die skaap op aarde was is die parasiet wat beide as gasheer het moeilik, baie moeilik, te verklaar deur natuurlik seleksie.
      Jy sê die oogpister het maar gebruik gemaak van wat daar is. Wel, hy het vlerke so wat vat die minste energie, vlerke verder ontwikkel of een ma se sisteem van 'n eksotermiese mengsel. Weer eens, moeilik te verklaar deur natuurlike seleksie.

      Groetnis

      Jan Rap

      NS Ek sê nie dat evolusie nie bestaan nie; ek sê net daar is tallose goed wat dat die verklaring 'natuurlike seleksie' en 'oorlewing van die aanpasbare' nie sin maak nie. Die alternatief is NIE dat ek glo die aarde is plat en 6000 jaar oud nie (ek het jou mos al gesê 734 jaar, 8 maande en 3 weke volgens my berekeninge).

  • Beste FC Boot,
    Jammer, my fout! Ek was onder die indruk dat jy Animal Farm verstaan.
    Groete,
    Angus

    • Ai Angus
      Aan watter kant staan jy in die satire van die Russiese rewolusie?
      And so: "The animals destroy all whips, nose rings, reins, and all other instruments that have been used to suppress them. The same day the animals celebrate their victory with an extra ration of food. The pigs make up the seven commandments, and they write them above the door of the big barn.
      They run thus:
      1. Whatever goes upon two legs is an enemy.
      2. Whatever goes upon four legs, or has wings is a friend.
      3. No animal shall wear clothes.
      4. No animal shall sleep in a bed.
      5. No animal shall drink alcohol.
      6. No animal shall kill another animal.
      7. All animals are equal. "
      Verstaan jy nou?

  • Beste FC Boot,
    By die lees van 'n letterkundige werk, met die doel miskien om kritiek daaroor uit te spreek, "staan" die leser nooit aan 'n "kant" nie want dan is sy beoordeling subjektief.
    Dit help nie om maar net ʼn aanhaling neer te plak en te sê: “Verstaan jy nou” nie. Wat moet ek verstaan? Wat verstaan jy uit bloot jou aanhaling?
    Let op die sewende commandment sê: “All animals are equal.” Na Squeeler egter begin op sy agterpote loop het, en almal hom nagevolg het, en selfs Jones se klere begin dra het, het hierdie wet teen die muur verander na “All animals are equal; some animals are more equal than others.” Die begin van die verval en die korrupsie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus

    Die Russiese rewolusie was 'n stryd van verdruktes teen die verdrukkers."Peace ,land and bread'. My vraag dus, aan watter kant staan jy?

  • Beste Jan,
    Nog steeds verstaan jy die evolusieteorie, trouens enige wetenskaplike teorie nie.

    Die evolusieteorie is 'n model waarvolgens ondersoekers, wetenskaplikes werk. Net so min as wat die atoomteorie sin maak, net so min sal die evolusieteorie met natuurlike seleksie sin maak vir die leek.

    Natuurlike seleksie gaan nie sommer so woeps waps vir enigeen wat 'n oogpister sien, verklaar waarom hy nie liewer wegvlieg nie. Die entomoloog wat belang stel in oogpisters sal dit op hom neem om 'n studie te maak van die insek. Die moderne entomoloog sal die insek bestudeer volgens die evolusiemodel. (Heel waarkskynlik sal hy nie eens doelbewus dink aan die evolusiemodel nie.) Hy kon dit volgens die Bybelse model ook bestudeer het, maar dan het hy hom vasgeloop teen probleme wat net opgelos kan word deur te sê dat God dit so gemaak het. (En dis nie wetenskaplik nie.)

    As die oogpister vir jou 'n probleem is, moenie sommer jou eie gevolgtrekking maak nie. Gaan maak 'n studie van die insek. Dit geld ook vir die mier en die parasiet. Dit help nie om in jou studeerkamer te sit en filosofeer oor die mier en die parasiet nie. Die evolusieteorie en natuurlike seleksie sal jou slegs 'n antwoord gee as jy 'n diepgaande studie van die mier, die parasiet en die skaap maak.

    Terloops, die mier het self ook oor miljoene jare geëvolueer.

    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Jy sê ek verstaan nog steeds nie die evolusieteorie of enige wetenskaplike teorie nie. Ek gee jou gelyk daar, so verduidelik asseblief aan my die evolusieteorie.
      Jy sê ook as die oogpister vir my 'n probleem is moet ek nie sommer my eie gevolgtrekking maak nie. Wel, hy is nie en ek maak nie. Die probleem is hoe verklaar mens die evoluering van 'n verdedigingsmeganisme wat die aparte stoor (in die goggatjie se lyf) van twee hoogs ingewikkelde chemikalieë behels en wat dan, wanneer gemeng en uitgespuit word in 'n noodtoestand, 'n eksotermiese reaksie veroorsaak, kokend blykbaar.
      Die artikel in Scientific American sê hierdie meganisme is waarskynlik (lw 'waarskynlik') ontwikkel omdat sy vlerke te stadig oopvou om op die vlug te slaan.
      Nou, as jy Occam se lem toepas, of die beginsel van die weg van die minste weerstand (optimale gebruik van energie) toepas, is die ontwikkel van sterker vlerke of pote die aangewese ding, baie eerder as die ontwikkel en stoor van toksiese stowwe wat ‘n eksotermiese reaksie tot gevolg het wanneer gemeng.
      Hoekom sê jy vir my die mier is al miljoene jare op aarde; ek het dit dan gesê toe ek gesê het die mier is miljoene jare voor die skaap op aarde? Ewentwel, die parasiet wat as primitief beskou word moes dan destyds met die mier al bestaan het en wat was die ander gasheer toe om sy siklus te voltooi? Of het daardie spesifieke parasiet eers evolueer ná dis skaap geëvolueer het? Daar is nog baie parasiete wat die ongelooflike vermoë het om hulle gasheer se gedrag sodanig te verander dat dit die oorgang na die volgende gasheer vergemaklik.
      Hierdie is die soort van goed wat ek nie kan sien deur natuurlike seleksie verklaar kan word nie. Dalk kyk ek iets mis want my biologiepunt in matriek was maar ’n C en sal bly wees as iemand die storie vir my kan uitlê. Jou ‘woeps-waps’-verduideliking help net mooi niks; dis maar net ’n ander manier van dieselfde probleem stel. Die onthou-dit-vat-baie-lank-verklaring werk ook nie, dis net ’n verskoning.
      Hierdie besorgdheid is nie om aan te kondig dat die evolusieteorie onsin is (ek het dan al duidelik laat blyk dat dit mag wees agv my gebrekkige kennis) en dat die alternatief is dat die aarde net 6000 jaar oud nie; dit is net om aan te toon dat daar (vir my altans) gate in natuurlike seleksie is. Miskien is daar ’n ander meganisme as natuurlike seleksie, of miskien geld die weg van die minste weerstand, of Occam se beginsel nie wat evolusie betref nie, ek weet nie.
      Groetnis
      Jan Rap

  • Beste Angus

    Uit jou skrywe wil dit voorkom asof evolusie net progressief (vooruitgang) kan wees en nie ook regressief (agteruitgang) of kan stilstaan nie, soos by die selakant 'n lewende fossiel.

    Daar is geen Bybelse model nie. Die skeppingsverhale gaan nie oor die 'hoe' nie maar wel oor die 'wie'. Om die rede kan jy dit nie gebruik om die evolusieteorie as waar of as onwaar te bewys nie. Daar is dus nie 'n Bybelse model wat jy kan bestudeer nie.

  • Beste FC Boot,
    Jy lees en dan maak jy sommer jou eie gevolgtrekking. Nêrens het ek enige aanduiding gegee dat evolusie vooruitgang is nie. Evolusie is aanpassing by omstandighede en die gevolg is verandering. As bestaan van die geen vereis dat die verandering snel moet geskied, dan gebeur dit so. Die selakant het wel ook met tyd verander as gevolg van aanpassing.
    Wetenskaplikes het eens volgens die Bybelse model gewerk. (Kortliks: 1. God het alle lewende organismes apart geskape; 2. Die geosentriese model, nl dat die aarde die middelpunt van die sonnestelsel is. Dan is daar nog die plataarde-model ook.) Copernicus en Galileo is as ketters verklaar toe hulle bewys het dat die son die middelpunt van die sonnestelsel is met die heliosentriese model, Darwin is uitgejou omdat hy met sy evolusieteorie ʼn gemeenskaplike voorvader het vir alle lewe, en die plataarde-teorie van Samuel Birley Rowbotham (bynaam: Parallax), gebaseer op wat letterlik in die Bybel staan, het ook lankal reeds platgeval.
    Groete
    Angus

  • Beste Angus
    Nee jy het nie, maar jy het dit wel laat deurskemer in jou skrywe, want wat is nou eintlik die nut van evolusie as dit nie iets voortbring nie wat beter aangepas is by sy omgewing as wat dit in sy vorige vorm was? Kyk maar gerus na die prentjie wat so dikwels by die evolusie van die mens gebruik word.
    Ja die selakant het verander maar toe ophou verander want dit lyk nog presies soos die wat in fossielrekords gevind is. In https://www.sciencedaily.com/releases/2007/02/070215144258.htm verskyn 'n artikel 'Regressive Evolution' In Cavefish: Natural Selection Or Genetic Drift.
    Die feit dat jy praat van 'wetenskaplikes het eens volgens die Bybelse model gewerk' en nou nie meer nie is net 'n bewys dat wetenskaplikes ook maar net feilbare mense is en dus 'n erkenning daarvan van jou kant af is.
    Nou gaan jy met Jan Rap te kere met “Weer eens verstaan jy nie die evolusieleer en sy drywer, natuurlike seleksie, nie." en “Nog steeds verstaan jy die evolusieteorie, trouens enige wetenskaplike teorie nie.” Ek dink Jan Rap verstaan goed waarvan jy praat.
    Selfs oor die evolusie van die mens is daar onenigheid. So sal jy bv artikels vind dat die mens ontstaan het van: "Evidence that humans evolved from a knuckle-walking ancestor - Nature" en
    "Humans evolved from tree dwelling apes rather than knuckle draggers http://www.telegraph.co.uk/news/science/evolution/6004633/Humans-evolved-from-tree-dwelling-apes-rather-than-knuckle-draggers.html
    Uit 'n Bybels oogpunt maak dit nie eintlik saak wat wetenskaplikes daaroor sê nie, want in 2004 het die Rooms-Katolieke kerk al reeds 'n verklaring opgestel deur Robert H. Brom, Bishop of San Diego, August 10, 2004 vrygestel.
    In die verklaring sal jy lees dat:
    http://www.catholic.com/tracts/adam-eve-and-evolution
    Nee ek is nie 'n lid van die Rooms-Katolieke kerk nie, maar saam met biljoene ander gelowiges is Jesus Christus, die Christus wat jy verwerp en sy bestaan ontken die oorsaak waardeur alles sy begin gehad het ongeag hoe dit in die natuur ontwikkel het.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste Jan,
    Jy weet net so goed as ek, ek is nie by magte om aan jou die evolusieteorie te verduidelik nie. Ek stel voor ʼn BSc met Dierkunde en Plantkunde as hoofvak, sal alreeds ʼn goeie begin wees. Dan moet jy Charles Darwin se “Origin of Species’ bestudeer, nie net lees nie. Daarna kan jy verskeie werke van ander wetenskaplikes deurwerk, soos bv dié van Dawkins.
    Ruimte hier op SêNet laat my net toe om so te raak aan basiese beginsels van die teorie, en soos ek jou ken, verwerp jy alles wat ek sê.
    Om by jou oogpisterprobleem uit te kom: kewers is van die interessantste goggas op aarde. Hulle vindingrykheid om te oorlewe, ken geen perke nie. Dit wat die die dinosourusse doodgemaak het, het niks aan die kewers gedoen nie. ʼn Kollega van my wat vyf jaar in Argentinië gewoon het, het gaande geraak oor ʼn sekere kewer wat hom vermom soos ʼn mier en dan heerlik in mierneste woon. ʼn Ander kollega van my beweer dat die mens onwetend sowat driehonderd soorte kewers, meestal in die larwestadium, verorber.
    Ek het nou nie ʼn studie van jou oogpister gemaak nie, maar dis duidelik ook maar die werk van natuurlike seleksie. Soos ek alreeds dikwels hier verduidelik het, dit werk nie eensklaps, woeps-waps nie. Darwinistiese evolusie is ʼn stadige, voetjie-vir-voetjie-proses. Die kewer se liggaam het heel waarskynlik chemiese stowwe begin ontwikkel vir een of ander proses, soos bv. die vorming van die harde buitenste vlerke. ʼn Oormaat van hierdie stowwe is waarskynlik vrygestel as die gogga in nood verkeer. Die kewers wat net bietjie vrygelaat het, is opgevreet, sodat die kewers wat meer vrygelaat het, oorleef het. Hulle produseer weer kewers wat meer stowwe vrylaat, en oorleef, terwyl dié wat minder vrylaat, opgevreet word. So gaan die proses voort totdat kewers lekker ver kon spuit, en dit weer kon verfyn om akkuraat te wees. Waarom vlerke en pote nie gebruik is nie, sou ʼn mens maar net kon raai, as jy nie die kewer deeglik bestudeer het nie. Ek raai die pote was nog nie vinnig genoeg nie, en die vlerke het maar stadig oopgemaak onder die harde dop.
    Bogenoemde eenvoudige verduideliking het ek geskryf na aanleiding van studies van spesies regoor die wêreld oor die verloop van natuurlike seleksie.
    Daar is miljoene sulke natuurwonders wat nog ondersoek moet word, en net omdat die mens nog nie die kennis van iets het nie, beteken nie ʼn gat in die evolusie nie. Ek kan nie sien hoe Occam se lem nou juis kan bepaal wat in die natuur gebeur, of hoe natuurlike seleksie nou juis die maklikste weg moet inslaan nie. Natuurlike seleksie maak gebruik van bestaande materiaal waaraan stap vir stap, bietjie vir bietjie bygevoeg word. Wat die omstandighede is wat veroorsaak dat die een kewer die gedaante van ʼn mier aanneem, terwyl die ander kewer se abdomen so groot groei en na ʼn mier lyk wat hy dan oor sy kop dra om ʼn mier na te maak, sal slegs deur ondersoek duidelik word. Dan is daar nog duisende kewerspesies wat nog nie ontdek is nie, waarvan elkeen sy eie oorlewingstelsel het.
    As jy natuurlike seleksie nie verstaan nie, stel ek voor dat jy Richard Dawkins se The Selfish Gene lees. Natuurlike seleksie is ʼn ingewikkelde storie, en ʼn mens kan nie sommer net na die naam kyk en jou verbeel jy weet waaroor dit gaan nie.
    Die geheim van natuurlike seleksie is juis dat dit trap-vir-trap, stap-vir-stap, stadig beweeg. Dis nie ʼn verskoning nie, dis hoe Darwin dit ontdek het deur sy navorsing. Lord Kelvin, wat op sy tyd die grootste wetenskaplike was, het juis vir Darwin ʼn groot probleem geskep toe hy deur sy berekeninge beweer het dat die aarde tien miljoen jaar oud is. Moderne datering het nog nie bestaan nie, niemand het nog kennis gedra van die interne hitte van die aarde en van die son se kernfusie nie. Volgens Kelvin se (foutiewe) berekeninge kon evolusie nie plaasgevind het nie. Darwin moes eintlik met sy bevindinge Lord Kelvin verkeerd bewys het, maar hy het nie.
    Wat Occam se lem betref, vat ek maar met ʼn knippie sout, veral wat die wetenskap betref. Newton se eenvoudige wet is al te veel vervang deur meer gekompliseerde wette; om maar een voorbeeld te noem.
    Terug na die mier en die parasiet: ek het gesê die mier het oor miljoene jare ook geëvolueer. (Ek het nie gesê die mier is miljoene jare op aarde, soos jy beweer nie.) Die parasiet het ook oor miljoene jare geëvolueer; dus het hy nie van die begin af ʼn gasheer gehad nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste FC Boot,
    Aan jou is daar nie salf te smeer nie. Ek het al male sonder tal gesê ek verwerp nie Jesus Christus nie. Hy is ʼn interessante karakter in ʼn mitologiese verhaal wat al eeue bestaan.
    Sover my kennis strek, het evolusie geen nut nie, behalwe dat dit miskien interessant is om te bestudeer. Die evolusieteorie is wel nuttig. Biologie is daarsonder ʼn duister boek; wetenskaplikes werk volgens hierdie model, en kan voorspellings maak. Boere sal bv agteruit boer daarsonder.
    Jou verwysings na skakels is vir my nutteloos. Deja vu!
    Die mooiheid van die wetenskap is dat dit feilbaar is. Enigeen met die nodige kennis kan enigiets in die wetenskap ondersoek, en met bewyse verkeerd bewys. Jy kan die evolusieteorie ondersoek en verkeerd bewys as jy kan. Daarom is die wetenskap eerlik, en word eerlik gehou.
    Met die Bybel is dit andersom. Dit wat in die Bybel staan, mag nie bevraagteken word nie, want dit wat in die Bybel staan is reg. God self is verborge, en dis godslasterlik om hom te bevraagteken en te ondersoek. Ek hoop jy kan die oneerlikheid daarvan raaksien.
    Natuurlik sal daar onenigheid voorkom tussen wetenskaplikes. Selfs die evolusioniste stem nie saam oor alles nie. Dit lei tot eerlike, gesonde navorsing. Die onenigheid wat jy tussen evolusioniste voorhou, kom van kreasioniste af, en soos jy seker al agtergekom het, hulle lieg land en sand aanmekaar.
    Wys jou maar net, die Roomse kerk is die toonaangewer. Of die ander kerke sal volg is nog ʼn vraag. Hier by ons glo die gelowiges nog dat evolusie sê dat mense van ape afstam, en dan bedoel hulle, die klein blouapies wat hier oral in die bome rondswaai.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Dit maak eintlik nie saak waar mense vandaan kom nie. Wat nou belangrik is, is dat hulle hul verstand moet gebruik.
      Groete
      CM

  • Beste Angus
    Jy skryf:
    "Aan jou is daar nie salf te smeer nie. Ek het al male sonder tal gesê ek verwerp nie Jesus Christus nie. Hy is ʼn interessante karakter in ʼn mitologiese verhaal wat al eeue bestaan."
    Enigiemand wat so iets skryf is 'n verwerper van Christus en sy verlossing.Aan sulke mense is geen salf te smeer nie. Tog tyd dat jy die stof van een van jou 23 Bybels afstof en lees wat in Lukas 9 en veral vers 4 en 5 staan:

    "4.Wanneer julle in 'n huis goed ontvang word, bly daar oor totdat dit tyd is dat julle na 'n volgende plek moet gaan.
    5.Maar as die mense julle nie vriendelik ontvang nie (die evangelie van 'n opgestane Jesus verwerp) gee dadelik pad. Moenie verder sukkel nie. Gaan na 'n ander dorp toe. Maar skud eers in die openbaar al die stof van daardie dorp uit julle klere uit. So wys julle dat hulle (ook jy) hulle kans verspeel het om deel te word van God se nuwe wêreld."
    Nou raak jy verder die volgende stukkie wysheid kwyt:

    "Met die Bybel is dit andersom. Dit wat in die Bybel staan, mag nie bevraagteken word nie, want dit wat in die Bybel staan is reg. God self is verborge, en dis godslasterlik om hom te bevraagteken en te ondersoek. Ek hoop jy kan die oneerlikheid daarvan raaksien."
    As daar iemand was wat juis die mens se verklaring van die skrif sterk onder die soeklig geplaas het en die valse lering daaromtrent uitgewys het is dit Jesus.
    Lees gerus Mat 22 (1983 vertaling):
    15 Toe het die Fariseërs ( kern om jou af te sonder en teen die Keiser) gaan besluit om Jesus met 'n vraag in 'n val te lok.
    16 Hulle stuur toe van hulle volgelinge saam met 'n aantal Herodiane (Herodes-aanhangers - so span twee politieke teenstanders saam) om vir Hom te sê: “Meneer, ons weet dat u iemand is wat u mening eerlik uitspreek en getrou aan die waarheid die wil van God bekend maak sonder om mense in aanmerking te neem, want u let nie op die aansien van persone nie.
    (lekker vleitaal)
    17Sê vir ons wat dink u: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie?”
    18 Maar Jesus het deur hulle valsheid gesien en vir hulle gesê: “Huigelaars! Waarom stel julle vir My 'n strik?
    19 Wys vir My die muntstuk waarmee die belasting betaal word.” Hulle bring toe die muntstuk vir Hom,
    20 en Hy vra vir hulle: “Wie se kop en naam is hierop?”
    21 “Die keiser s'n,” antwoord hulle. Jesus sê vir hulle: “Gee dan aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort.”
    22 Toe hulle dit hoor, was hulle verbaas en het hulle Hom met rus gelaat en weggegaan. "
    Dan gaan jy verder en maak dan die verstommende verklaring:
    "Natuurlik sal daar onenigheid voorkom tussen wetenskaplikes. Selfs die evolusioniste stem nie saam oor alles nie. Dit lei tot eerlike, gesonde navorsing. Die onenigheid wat jy tussen evolusioniste voorhou, kom van kreasioniste af, en soos jy seker al agtergekom het, hulle lieg land en sand aanmekaar."
    Waar kom jy aan die nonsens dat kreasioniste verantwoordelik is vir die onenigheid tussen evolusioniste? Dit is die grootste onsin wat jy tot dusver op LitNet kwyt geraak het.
    Jou probleem is Angus dat as jy in hoek gedryf word en moet erken dat die wetenskap en die wetenskaplikes wat dit bedryf ook verkeerd kan wees en dus feilbare mense is, ander vir die posisie blameer.
    Ek het vrede met dit wat gelowiges in jou omgewing glo, want my gesprek is nie met hulle nie maar met jou.
    Besoek gerus webblaaie soos 'Fact and faith' dalk verander jou enge sienswyse omtrent Christelike wetenskaplikes en die Bybel.
    Mag dit met jou goed gaan.

  • Beste CM,
    Dis te betwyfel of onkunde, onjuisthede en blatante geliegery bevorderlik is vir die verstand.
    Groete,
    Angus

      • Nou het jy ook geen benul van wat snert is nie,want as jy het sou jy nie sulke snert geskryf het nie.

          • Die gevoel is wederkerig - maar 'n mens moet verby jou inskrywings kom na goed wat meer die moeite werd is om te lees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top