Die gay alt-regse vuurvreter

  • 5

Hy is ’n gay-Christen (Rooms), ’n Engelsman, woon in die VSA en ’n uitgesproke konserwatiewe openbare spreker, ’n “troll” op die internet, met ’n fenomenale internasionale aanhang van mense wat wêreldwyd gatvol is vir die linkse politiek wat voorskriftelik hulle sieninge wil afdwing, deur middel van demonisering en etikettering van konserwatiewe mense wat van hulle verskil;  ’n voorstander vir Trump as VSA president; ’n voorstander vir die inkorting van immigrasie in tradisionele blanke lande veral vir die inkorting van Moslem-immigrasie welke immigrante halsstarrig nie met die gasheer-kultuur wil integreer nie, en ’n broeiplek vir Westerse terrorisme is; ’n teenstander van “feminism” wat hy as nou uitgedien beskou; ‘n teenstander van gay-aktivisme, ens.  Hy is uitgesproke gatvol dat daar van blankes verwag word dat hulle gedurig om verskoning moet vra vir hulle blank wees, gatvol dat van blankes verwag word om oor hul blanke vel skaam hoort te wees.  Met sy miljarde-inkomste het hy ’n studiefonds, suiwer vir blankes gestig wat hewige kritiek van die linkses opgelewer het.

Dan is hy daarby ook skreeusnaaks.

Sy naam is MILO YIANOPOLOUS!  Die moeite werd op op YouTube, sy toesprake en besprekings te volg.

Mbt “feminism” asook knypende skreeusnaakse terugkap aan sy teenstanders: 

On “Black Lives Matter” slogan does not matter to the Black Lives Matter activists”.  (3.5min quip) sien:    

Hy het soveel trefkrag in die VSA, dat dit by universiteite soos Berkley, met sy toetrede, onluste ontlok het:
http://insider.foxnews.com/2017/02/02/milo-yiannopoulos-tucker-carlson-tonight-berkeley-protest

Sy Australiese toer was ’n groot sukses, waar die media hom probeer ignoreer het, wat duisende na sy toesprake gelok het.

  • 5

Kommentaar

  • Jaco,
    Voorspoed vir 2018
    Wonder of die Roomse priester(s) nie dalk 'n hand in die ou se lewensuitkyk gehad het nie. Meen te sê, met die dat die priesters orals oor so in die sop is.
    Alles verder lyk vir my in die haak, jy weet - spraakvryheid.
    Dan bedoel jy seker "broeiplek vir anti-Westerse terrorisme".
    Jy noem Australië. Sien oor die nuus hoedat die ♀+♀ en die ♂+♂ daar mekaar nou vir die vale voor die kansel vat. Seg ek vir my vrou, tog eienaardig dat een van die ♀'e altyd 'n manspak dra, maar by die ♂'e dra nie een 'n rok nie.
    Manne bly maar bo.
    He-he ... mooi bly ou Jaco.

  • Raed,
    Dankie vir die 2018-voorspoedgroete. Ek wens dieselfde vir jou ook, en geniet jou humorsin soos hierbo uitgestippel.

  • Jirre, ons het so ou in SA nodig! Die regse-politiek hier is te Christelik-Nasionalisties en een-ogig.

    Terloops, Voorspoedige Nuwejaar vir jou, Jaco. Ek geniet altyd jou briewe en kommentaar - hoop jy gaan so voort doen hierdie jaar!

  • Felix,
    Dankie, met waardering vir jou Nuwejaargroete, dieselfde vir jou ook.

    Angus,
    Lekker gelag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top