Die evolusieleer is 'n gestagneerde gedagte - finish en klaar!

  • 2

Omie Darwin en sy trawant Dawkins ... ag nee wat.

Vraag:  Het die eier die hoender programmeer om ‘n harde beskermende omhulsel te skep en toe sommer gesê “hou my warm?”
Dis net die geveerdes se eiers wat so knus wil wees. (Die hoender is maar net die eier se manier om nog ‘n eier te skep.)
Vraag: Hoekom is daar slange wat deur eiers voortplant en ander deur lewendige kleintjies?
Vraag: Hoekom is daar soogdiere wat eiers lê – die eendbekdier (boonop met ‘n giftige byt) en die mierystervark?
Vraag: Hoekom lê homo sapiens-sapiens (‘n soogdier) nie eiers nie?

En die evolusie teorie/leer is  "fake news"!
Gaan dit vir die mens tot enige nut in die toekomstige kolonisasie van planete in die sonnestelsel/ ruimte wees?

Sal nogal wil weet.

Raed-na-Gael

 

  • 2

Kommentaar

  • Jou briefie laat my dink aan die mense van die Ark-ruimteskip B van die planeet Golgafrincham (ek weet jy sal dit Google).
    Vir die res van die lesers: die planeet Golgafrincham het oorbevolk geraak en die besluitnemers het aangekondig dat hulle drie ruimteskepe gaan laat bou waarmee hulle in die ruimte gaan invaar om op 'n ander planeet te gaan bly.
    Daar sou drie skepe wees:
    Ark A was vir die slim en belangrike mense soos wetenskaplikes, politici en rykes bestem.
    Ark C was vir die mense wat goed doen en goed maak bestem.
    Ark B was vir mense wat eintlik nutteloos en onbelangrik was bestem - soos haarkappers en telefoonskoonmakers.
    Ruimteskip B was eerste klaar en hulle het al die haarkappers en telefoonskoonmakers die ruimte ingeskiet terwyl diegene aan boord onder die indruk was dat die ander skepe kort op hulle hakke gaan volg ...
    Die res van die mense - die slimmes en flukses het toe gelukkig op die planeet Golgafrincham aangebly en nooit met ruimteskepe agter Ark B aangegaan nie - want die oorbevolkingsprobleem was skielik opgelos en dinge het sommer klopdisselboom gegaan - alles het inderwaarheid so goed gegaan dat die ongerief van lang hare niemand gepla het nie.
    Ek is oortuig daarvan dat jy in jou haarkappersalon op Mars nooit eens weer sal dink aan evolusie of eiers nie - want daar gaan niemand wees wat met jou daaroor wil - of kan - praat nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top