Die donkie in Boerekultuur

  • 15

Reusedwerg, dinge word verromantiseer deesdae. Geskiedenisboeke praat net van perde-kommando’s van Boere.

Tog was daar reeds arm Boer-vraagstuk ...  Alle Boere het nie perde of Mausers verniet gekry by ZAR-regering nie. Sommige het met hul donkies en donkiekarre opgedaag, sonder enige wapens. Van hulle het Britte se perde en gewere later gekry. Baie moes na perde kyk, help werk en was net tweederangse burghers ...

Nou ja, ek gaan weer met versiersuiker gegooi word....

  • 15

Kommentaar

  • Hans Richardt

    My doel is om klasseverskille wat ook in Boererepublieke bestaan het, uit te wys.
    Die arm Boere het ook meer kinders gehad, as die wat meer geld gehad het. Hul opvoedingspeil was ook laer, agv ZAR se houding oor die wit arbeiders/ bywoners.
    My doel is om te wys dat jou finansiële posisie en opvoedingspeil bepaal wat jou sosio-politiese status gaan wees.
    Hierdie wit arbeiders het gesterf in konsentrasiekampe. Louis Botha se vrou was "verban" na Natal, sy was nooit in konsentrasiekamp nie. Selfs die Britte het ook onderskeid getref tussen klasse.

  • Sy perd is onder hom doodgeskiet, toe móés hy (tydelik) die donkie ry! Dit was nie as gevolg van armgatheid nie.
    Skaam jou Hans, jy is beledigend teenoor hulle.

  • hans Richardt

    Ek tik reg. Dan verander selfoon die teks sodra ek e-pos stuur. Ek wil al my eie bollie met klippe gooi!

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, ek skaam my vir mense soos jy, wat nie wil erken dat daar klasseverskille was in ZAR en Oranje Vrystaat nie.
    Jy is een van die wie alles verromantiseer oor geskiedenis en so onfeitlike geskiedenis skep.
    Ek kan hier onbeskaamd skryf, dat ek uit so arm-wit-vraagstuk-familie kom. Kan jy eerlik vir ons van jou agtergrond vertel, sonder versiersuiker?

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, as jy ooit in Upington kom, besoek asb donkiemuseum! Ek skaam my oor niks.
    Ons wit Afrikaners was arm en 'n groot deel van ons was nie net bevoordeel agv NP- of Het Volk-partybeleid nie, soos wat bv Max Du Preez in media beweer nie.

  • Hans Richardt

    As Max Du Preez in pastorie as bevoordeelde opgegroei het, beteken nie dat ek in dieselfde pastorie of omstandighede opgegroei het nie, net omdat ek wit is nie.

  • Die vaaljasse het 'n lang geskiedenis, nie net met die boere nie. Die donkie is 'n slim dier. My oorle ma het ons altyd vertel dat sy en haar susters met donkies skool toe gery het. Ek het nog 'n sagte plek vir hulle.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, ek weet nie hoekom daar laer status aan donkie is nie.
    Die Afrika donkie is die swart klein donkie. Die Spaanse donkie is so groot soos 'n perd. Die probleem met donkie is, hy het harde hare en is vuil, omdat hul nie gewas en geroskam word, soos perde nie.
    My idee met donkie vs perd, was om klasseverskille uit te wys tussen Boere in ZAR.
    Dis soos BMW vs Ford Meteor...
    Donkie se onderhoud was soos die van Ford Meteor, goedkoop. Donkie is gehard, leef van veld, maar is stadiger as perd ...
    Dit was ook saak van sak pas ..., maar status.

  • Hoekom moet ek die donkiemuseum besoek, is daar dalk 'n plaatjie met jou naam op?
    Verromantiseer jy jou armgatwitvraagstukgeskiedenis?
    Smag jy ook om so te sukkel?
    Is jy nie dankbaar oor die feit dat daar probeer is om jou familie ter wille te wees nie?

  • Ek stem saam jy moenie vaaljas onderskat nie. Moet hom net nie naby op hitte resiesperdmerrie bring nie. Hy gradeer homself sommer vining op, of haar af.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael ek beny die hings ... wat so rustig in son alles laat uithang. Ek is seker jy word BANG.

  • Hans Richardt

    Raed-na-gael, ek en Zack Hendrikz deel dieselfde belangstelling in donkies. Ek dink ek het senuwee geraak by jou, oor jou eie arm grootword, wat jy wegsteek.
    Ek het by Kalahari-boer wat die grootste kontantboer was in omgewing tussen Koës en Aroab, gehoor hoe hul in groot droogtes donkies gebruik het om hul dorpers te voer. Hy het grootste respek en nog donkiekar gehad in ou huis op plaas.
    Verder, waarom ontken jy dat daar bywoners en arm wittes in ZAR was?

  • Laat my dink aan die bywoner wat sy voet erg beseer het tydens ploegtyd. Die boer neem hom toe hospitaal toe, maar moes hom skaam vir die vuil voet van die bywoner toe die verpleegster sy sokkie uittrek.
    "Kon jy nie jou voete gewas het nie?" raas hy met die bywoner.
    "Aag," skerm die dokter, "hy het mos nie geweet sy voet gaan seerkry nie!"

    Niemand hoef arm te wees nie. Dis net slapgattigeit, soos Jan Rap sal sê.

  • Hans Richardt

    O die donkie is 'n wonderlike ding ...
    Raed-na-gael, volgende keer oppad na Rietfontein-grenspos, maak tyd vir donkie-museum ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top