Die demokrasie is wonderlik ... veral wanneer dit ’n denkwyse dien

  • 12

Alhoewel ek aanklank by sommige van Donald Trump se uitsprake gevind het, het ek nie verwag wat hy vermag het nie. Daarom het ek feitlik die hele naweek van sy inhuldiging voor die boks deurgebring en my keer op keer vervies vir die blatante kant kies en tirade deur CNN (Clinton National News, soos Trump nou die dag na hulle verwys het) teen hom, ’n kanaal wat ek gereeld in die verlede opgesoek het. Ek het ander kanale besoek soos AJ en Sky, maar het maar weer teruggekeer na CNN omdat die aanslag orals eenders was.  

Sedert die uitslag het hierdie kanaal (en die ander) alles in die stryd gewerp om die uitslag te probeer omkeer, so asof hulle dit sou kon doen. Sowat van anti-Trump retoriek, propaganda, “Russian involvement in the election”, “leaked documents from a reliable source” (in die CIA) en ‘fake news’ het ek nog nooit in my bestaan teenoor ’n pasverkose leier enige plek ter wêreld beleef nie. Elke stukkie positiewe inligting oor Trump en sy verkiesing, planne, beleid en voornemens is negatief geanaliseer, uitmekaar getrek en verdag gemaak. Elke programleier en paneel het ’n karikatuur van die man geskilder, daar is gesanik oor sy belastingaanslag, minagtende en sarkastiese op- en aanmerkings feitlik deur elkeen. Sy aanvaardingstoespraak is ingelyks uitmekaar getrek en vertrap. Hoe kan hy dit durf waag om te sê dat die Mexi’s “drug lords, rapists, criminals” en baie “bad dudes” is?  hoe kan hy sê dat daar iets soos “illegal immigrants” is, “radicalized Islamists” is. “American society today is inclusive”! Die Muur, o die Muur! En vele meer. Vergeet is die feit dat Obama alreeds met die muur begin het.  

CNN het nooit beswaar gemaak teen Hillary Clinton se onsmaaklike beskrywing van die wat teen haar stem of sou stem as “deplorables” nie. Sodoende het hulle hul vooroordeel en partydigheid openlik bevestig en hulle daarmee versoen dat almal wat vir Trump (’n ander denkwyse) gestem het, “deplorable” is. Vanoggend nog breek die nuus dat Wiki-leaks inligting gelek het oor die CIA se “hacking tools”, wat hulle in staat sou stel om “false footprints” op webwerwe te los. En CNN ag dit nie nuuswaardig nie al is daar ’n amptelike ondersoek daarna ingestel. Persoonlik het ek nog nie gehoor dat Wiki-leaks se inligting “fake news” is nie.

Dan moet ’n ou nie vergeet van die insette van die siele van die “Make-believe-world” nie. Hollywood. Die ‘gesiene’ Dames en Here van kammaland wie graag erg nederig op rooi tapyte pronk en wie se uitsprake as gesaghebbend, baanbrekend en tyd-ver-vooruit  geag word, wat as’t ware van intellektuele insig drup, is op elke anti-Trump verhoog. Dit wemel van Meryl “that’s a deep question” Streep retoriek en om van ou “film producer” Moore se “insigte” nie eens te praat nie. Dan is daar so wragtig ’n vername iemand se versugting “somebody should shoot him” (vir Trump). Dit in ’n Amerika met sy baie versteurdes met wettige lisensies vir uiters gevaarlike vuurwapens, wie homself sal kan sien as ’n “eternal hero” wat die nasie van ’n despoot gered het. Die baie opruiende anti-Trump toesprake, die meeste deur die helde van die “Makebelieveworld” en die leiers van protesoptogte wat tot onluste ontaard.

Trump se standpunt dat hy net soveel, indien nie meer nie, ondersteuners by sy inhuldiging gehad het as Obama, ontlok ’n verwoede CNN aanslag en word dit voorgehou as bewys hoe Trump kan lieg. Hulle vergelyk die twee inhuldigings heeldag deur, wys beeld materiaal. Hy word afgemaak as ’n “political juvenile” ’n ander ou dink “political delinquent” (misdadiger).

Die anti-Trump optogte en onluste hou dae lank aan, aangevuur deur die media en gerugsteun deur, soos ’n Republikein dit stel, “professional rioters on the payroll of the democrats sponsored by that liberal billionaire  ...” (ek het sy naam vergeet).

Dis mos sedisie, hierdie media-opstand teen ’n ingehuldigde wettig verkose regering.

Dit moet vir hierdie liberaal-humaniste van die wêreld ’n doring in die vlees wees, hierdie ver’regsing onder die sogenaamde populiste. Wie gee in elk geval Hollywood en die media van die wêreld die reg om namens al wat leef en beef regerings voorskriftelik te wil wees oor die rigting waarin die mensdom behoort te  beweeg. Is hulle miskien die beleidsbepalers, rigtingaanduiers? Te hel met “diversity” sê hulle, alles moet “inclusive” wees. Geen grense, alles oop, vrye toegang en beweging en doen, vrye als. In die EU skop die ‘populiste’ vas, Brexit is op die kaarte en by die huis skeur ‘The Donald’ die een ekonomiese samewerkingsverdrag na die ander, die fondament van globalisering, op en gáán ’n muur bou.

Die lib-humaniste sit kietsregop en ruk en pluk die kot en smyt alles uit. En wat sê Trump nou onlangs voor die Kongres, “ I don’t want to be a leader of the world, I want to be the  leader of America”. Ek dink aan dekades gelede se anti-New Age baklei, onthou jy, die volgende stap na globalisering? “One World Government” en daarmee saam, “One World leader”. Dis seker nog maar waarnatoe die lib-humanistiese gedeelte van die Westerse beskawing hunker. Dan is daar nog die Islam met sy Teokrasie-ideologie.

’n Ironie is dat Hollyweed (soos die ‘grafitti-artists’ dit onlangs wou hê) nie soek na “diversity” in die samelewing nie maar wel in die Oscars wat uitgedeel moet word. Eers uitbundig gejuig oor Lala land en toe juig hulle te midde van die grootste fiasko in Oscar-heugenis. Het jy gesien hoe die oogwimpers op en af klap op die glans van vals verruklikheid op verhooggeïnduseerde gevrete? Maar die ‘weed’ het ander se breine berook en min kon gou uitwerk wat de hel nou aan die gang is. Toe dring dit deur, ‘Moonlight’ en “diversity”(’n Hollywood-teenstelling) het geseëvier, eersgenoemde is op die media-geïnspireerde en gewaande “vice-list” van “not my president”. In die daaropvolgende onderhoude is die ‘cast’ van ‘Moonlight” gaande oor die nuwe “diversity” tendens. En ek wonder onwillekeurig of daar nog so iets soos ’n ware beste of opregte eerste plek, ’n onteenseglike wenner is, of is dit nou die norm dat daar net tweede en derde plekke sal wees? Hoekom is daar nou na verlede jaar se Oscar-bohaai ewe skielik “diversity”?

Terug by Trump. Die volgende dag, die Sondag na sy inhuldiging is daar die wêreldwye vroue-optogte. Kan nie onthou wat die dag genoem is nie, maar ek het dit as ’n CNN ‘spontane wêreldwye en algemene vroue anti-Trumpdag (oor sy “locker room talk”)’ voorstelling beleef, dieselfde Mister Moore is op ’n verhoog met ’n ridderlike en woeste anti-Trump tirade besig. CNN se “crew” hou die kamera op hom toe iemand sy aandag luid aan sy regterkant vereis. Die kamera “pan” op haar in. En daar blyk dit toe dat CNN die pot mis sit. “Mr Moore, bulder sy met haar ‘boys-cut’, I am a feminist and this is what the march is all about!” (’n uitsluiting hier?) Later in ’n onderhoud met ’n ander ‘boys-cut’ spreker kom ek agter dis eintlik ’n LBGT georkestreerde wêreldwye optog teen Trump, uit ’n gewaande vrees vir wat hy met hulle mag aanvang. Hier is iets “missing” dink ek by myself, maar kon nie dadelik my vinger daarop lê nie. Nog ’n boys-cut uit ‘down-under’ praat ook van LBGT. En toe val dit my by, ek is seker daar was ’n Q in die akroniem. Verlede week word dit op CNN bevestig. Hierdie vroue menseregte-aktivis praat toe van die “LBGQT community”. Wonder wat dink die Q-manne hiervan?  Daar was min (Q?) manne by die LBGT “marches”, pas hulle nie hier in nie, is hulle ook uitgesluit? Is “diversity” ter sprake?  Maar ’n interessante ding wat my oog gevang het, wêreldwyd daar was geen Moslemvrou tussen die optoggangers te sien nie! Hoekom nie?  

Is die media nie veronderstel om te rapporteer oor nuusgebeure nie? Nuus is mos ’n gebeurtenis, gister, vandag en môre. Die media is mos nie soos reeds gesê, beleids- of rigtingbepalers nie, hulle moet net verslag doen. Hulle kan mos nie aan die mensdom voorskryf, of soos Hollywood daarop aandring oor hoe die mensdom sy energie moet aanwend nie.  Alle nuusberigte is subjektiewe relase, geskryf deur enkelinge, vanuit sy/haar eie perspektief en hoe hy of sy voel en dink dinge behoort te gewees het.  Het die wêreldwye media en Hollywood hul eie ideologie?

Niemand behoort my te probeer manipuleer of voorskryf hoe ek moet dink oor dinge nie, en as ek dan nie saamstem met hul siening nie, iemand te wil aanpor om my te moet “shoot” nie. Laat die mensdom-dinamiek met rus. Dit is nie veronderstel om in ’n spesifieke rigting en/of denkwyse gemanipuleer te word nie. Verstaan die wêreldmedia (CNN) die begrip media-vryheid reg, indien wel, hoekom dan net liberaal-humanistiese denkwyses/ideologieë voorstaan?

Daar was nie sonder rede ’n verwarring by Babel nie.

Groetnis

Raed-na-Gael.

 

  • 12

Kommentaar

  • Raed
    Wow! Dit was die langste brief ooit wat ek van jou hier op SêNet gesien het, en geensins eers oor godsdiens nie!
    Nietemin 'n puik uiteensetting wat 'n politieke sentiment weerspieël waarby ek aanklank vind, behalwe natuurlik vir die "Fake News" rakende die sogenaamde "Gay Agenda".

  • Hans Richardt

    Die VSA is 'n xenokrasie vanaf dit ontstaan het in 1800's.Die vraag wat knaend bly in hoofstroom media, is die kontak met Russe. Daar is selfs sprake van Trump dagvaar voor die Senaat. Die obsessie met alles Russies, laat my wonder of die VSA-politiek sal kan funksioneer sonder xenophobia teen Russe en Rusland?
    Baie min slimjanne weet egter nie waar die oorsprong is nie. My opinie is dat dit die direkte gevolg is van die VSA se vernedering omdat hul die oorlog in Siberië verloor het teen die Rooi Weermag, direk na WO1 in 1920's. Daar is nie veel in Google hieroor nie, maar skynbaar het die ys en winter van Siberië weereens die uitslag bepaal.

  • Dirk, oor jou Babel-navraag. Dankie vir die belangstelling, maar ek sou dink dat jy 'n belese ou is. In elk geval, daar is 'n Boek waarin daar 'n 'hoofstuk' genaamd Genesis voorkom. As jy blaai na die 11de 'paragraaf' en jy lees vanaf sin nr 1 tot 8, maar veral sin nr 6, sal jy weet waarvan ek praat. Sterkte, ek vertrou dat jou kennis verbreed sal word. 'n Mens strewe mos maar altyd daarna. (Indien nodig, sal ek jou tot verdere hulp in hierdie verband wees.)
    Jaco, jou uitdrukking "Wow!" klink nie reg nie, ek verkies iets meer soos bv "my donner, dis nou 'n goeie stuk". Ek vertrou darem dat dit met jou wel is. Dankie, maar ek sal nie jou aanbevole leesstof nader klik nie.
    Hans, ek moet tot my eie skande bieg dat ek nie bewus is van 'n Russies-Amerikaanse konflik in Siberië nie. Weet net dat Genl Patton sterk daaroor gevoel het om hulle net na WOII aan te vat en daarvoor die trekpas gegee is. Genl. McArthur wou dieselfde met die Chinese in die Korea-konflik doen en moes dieselfde paadjie loop. Gee my 'n skakel waar ek 'n kort weergawe kan lees. Dankie.

  • Raed
    My donner, dis nou 'n goeie stuk

    Dit gaan besonders goed met my dankie.

    Liefs stilgebly het met "Dankie, maar ek sal nie jou aanbevole leesstof nader klik nie," want dit kan die indruk skep dat jy nie van 'n vooropgestelde siening (mbt 'n sogenaamde Gay Agenda) miskien verkeerd uitgewys word nie.

    • Raed
      Ek het glad nie 'n probleem met jou beginsels en oortuigings nie. Jy het hierbo 'n subjektiewe stelling gemaak, nl: "Later in ’n onderhoud met ’n ander ‘boys-cut’ spreker kom ek agter dis eintlik ’n LBGT georkestreerde wêreldwye optog teen Trump, uit ’n gewaande vrees vir wat hy met hulle mag aanvang." (FAKE NEWS)
      Die skakels wat ek aangegee het, toon alleenlik foto’s van die tienduisende gays wat VIR Trump in 'n optog gemarsjeer het. Soos die Republikeine en Demokrate omtrent 50/50% verdeeld is, so ook die gay gemeenskap se ondersteuning in die VSA. Trump het sy steun aan gays in die openbaar verleen, en hulle ondersteuning vir hom aangevra. So waar kom jy dan daaraan dat hulle vir hom bang is vir wat hy moontlik aan hulle mag doen?
      Met hierdie onnodige subjektiewe stelling van jou, het jy jou objektiwiteit vir die res van jou brief verdag gemaak, die dat ek in my respons hierbo gesê het jy moes liefs hieroor stil gebly het.

  • Hans Richardt

    The Polar Bear Expedition is jou skakel.
    Al gewonder oor waar Weste vs Wêreldkontinent geo-politieke denkmodel vandaan kom, asook die Europese Unie? Dis die Nazi geo-politieke denkmodel.
    Die VSA vat nie hul oorloë wat hul verloor het ligtelik nie, soos teen Noord-Korea ...
    Die VSA kan nie polities oorleef sonder hul politieke fobies nie.

  • Jaco,
    dan het ons nog die 50% wat 'bevrees' was oor die "fake news" dat hy hulle sou "uitroei". Dis hierdie 50% wat deur CNN lugtyd gegee is, wêreldwyd, en sodoende die persepsie geskep het ("fake news") dat die wêreld se LBGT sy knaters sou wou uithaal.

  • Raed

    Ek het glad nie 'n pyn dat jy die 50% gays wat vir hulle knaters vrees, aanvat nie, maar dan moet jy nie die ander 50% gays wat Trump ondersteun het, ook onder dieselfde kam skeer nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top